Wys tans plasings met die etiket onwetende sonde. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket onwetende sonde. Wys alle plasings

Woensdag 29 April 2020

Honger, dors, vreemdeling, naak, siek, opgesluit (6) - SIEK / ONGESTELD / GEWOND

Vir ander voltooide poste in hierdie reeks, gaan na:
- Inleiding:  https://warechristene.blogspot.com/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek-en.html
- Honger:  https://warechristene.blogspot.com/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
- Dors: https://warechristene.blogspot.com/2018/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
- BEKLEDING: https://warechristene.blogspot.com/2020/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
_________________________________________________________________________________
INLEIDING: 
Betekenis van SIEK, ONGESTELD, GEWOND (figuurlik bedoel, van die innerlike mens):
Rol af vir die volgende opsommings:
- (1) Siek/besoek;
- (2) Medisyne;
- (3) Siektes lei somtyds tot die dood;
- (4) Gewondes en "Suurdeeg".

Hierdie is een van 'n reeks poste waarin gekyk word na die tema van barmhartigheid, maar met die klem op die figuurlike betekenis daarvan, want "om barmhartig te wees" verwys nie net na letterlike gebare van barmhartigheid nie maar word ook figuurlik gebruik in die skrif.  M.a.w. om barmhartigheid te bewys deur iemand wat siek is te besoek, gaan nie net oor besoeking vd wat letterlik siek is (in die uiterlike mens) nie, maar ook oor besoeking aan die wat "siek" is in die innerlike mens. Op dieselfde manier word daar in ander poste in hierdie reeks gekyk na soortgelyke onderwerpe rakende barmhartigheid bv. honger, dors, naak ens., wat ook nie net letterlik nie maar ook figuurlik (bv. vd innerlike mens) gebruik word. Ons het o.a. gesien in die pos oor honger/kos dat "kos" nie net verwys na voedsel vir die maag vd uiterlike mens nie, maar kan ook verwys na die woorde van God...  Om m.a.w. vir iemand kos te gee, gaan nie net oor letterlik voed nie maar ook oor geestelike voedsel (woorde van God) gee (Matt. 24:45 ens.)...

Op dieselfde wyse word daar somtyds na iemand verwys as "siek", tog nie altyd verwys dit na die uiterlike mens wat siek is nie maar dit kan ook verwys na die innerlike mens wat siek is. In vandag se lewe probeer die sielkundige veld o.a. hierin help, maar natuurlik verskil Christen sielkundiges en wereldse sielkundiges hieroor.in sieninge en oplossings. Net soos mense somtyds siek word aan die uiterlike mens a.g.v. sonde in hulle lewens, net so kan sonde iemand se innerlike mens siek maak sodat dit sy geestestoestand aantas. Baie ander dinge het ook 'n effek op die geestestoestand bv., die mens kan nie alleen leef van voedsel (wat vegaan)(m.a.w. verwysend na voedsel vir die uiterlike mens) nie, maar het ook voedsel (die regte soort) nodig vir die innerlike mens om aan die lewe te bly. As 'n Christen nie geestelike kos en water inneem nie, kan hy dus nie verwag dat sy geestestoestand gesond gaan bly nie. So 'n tipe Christen kan dus nie groei en vrug dra nie (net soos 'n plant nie kan groei en vrug dra sonder kos en water nie), en staan selfs die gevaar om dood te gaan sou hy geen kos en water kry nie. So ons sien dus daar is baie dinge wat die innerlike mens beinvloed en kan veroorsaak dat iemand ONGESOND word. Hierdie dinge wat geestestoestand beinvloed kan beter verstaan word deur te kyk na algemene behoeftes vd uiterlike mens en om die studie oor liggaam siel en gees te behandel (want hierdie selfde dinge beinvloed ook die innerlike mens op 'n ander manier) - kyk na temas soos familie, werke, voedsel, vleis, been, klere, die self, organe ens. Ons innerlike mens het ook baiemaal 'n dokter nodig, maar die voorskrif en medisyne en salf is die van Skriftuurlike aard, en om die Here te raadpleeg...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Opsomming:
(rol af vir uiteensettings en skrifte)

Daar is sommige terme in die Skrif wat gebruik word om mense se geestestoestand te beskryf bv., 'n broeder wat in sonde of ongeregtigheid stap word "SIEK" genoem (al is hy nie uiterlik siek nie)(hetsy hy wetend sondig, of onwetend) - daar word dus 'n naam gegee om iemand se geestestoestand te beskryf bv., op dieselfde wyse is daar die wat genoem word "gewondes" (wat weer iets anders beteken), of die wat gesien word as "suurdeeg"...ens.  Die figuurlike betekenis van siek of ongesteld in die Skrif word meer gebruik in konteks met "gelowiges" wat siek of ongesteld is a.g.v. sonde en ongeregtigheid (nie ongelowiges nie) (m.a.w. "gelowiges wat in sonde en ongeregtigheid stap...")(Matt. 9:11,12).

Soos die geval met "SIEK",  het  "om GEWOND te wees" ook 'n figuurlike betekenis in die Skrif en ons moet onderskei tussen die twee begrippe;  alhoewel, ook soos in die geval met die figuurlike betekenis van "siek" verwys die figuurlike begrip van "om gewond te wees" ook nie na die wat verdruk of tenagekom of watookal is nie, maar is eerder verwysend na die wat gewond word omdat hulle in sonde en ongeregtigheid stap en hulle nie daarvan bekeer nie - diesulkes word nie genees bloot wanneer hulle die waarheid hoor nie want hulle ken alreeds die waarheid ! "Gewondes" verwys dus na "kundiges" in die sin van "wetend sondig" (nie onwetendes nie) wat opstandig is (harte verhard). Wat die Here met hierdie opstandige "kinders" (verwys na gelowiges wat nie luister nie) van Hom doen is om toe te laat dat hulle dan "gewond" word...  "Gewonde" gelowiges is op 'n gevaarlike plek en is soos mense met 'n familie maar wat nie kan staatmaak op die ondersteuning van hulle vader of familie nie, en word hanteer asof hulle afgesny is alhoewel hulle nog deel is vd familie. Al manier hoe die situasie herstel kan word is as hulle hul bekeer. Die wat "onwetend sondig" word natuurlik anders hanteer, want ONwetendes het bloot nodig om tot insig gebring te word sodat hulle hul van hulle sonde kan bekeer, maar "wetendes" het alreeds insig (maar is steeds ongehoorsaam ten spyte van die feit dat hulle weet hulle is verkeerd) en het dus nie nodig om tot insig gebring te word nie, maar het miskien nodig om vermaan te word. 'n "Gewonde" is soos 'n "wetende" wat vermaan is, maar wat dan wanneer "vermaan" steeds nie luister nie - en so 'n aanhoudende opstandigheid kan tot gevolg he dat hy "gewond" word... (en is dan soos 'n gelowige wat nie kan staatmaak op die Here se hulp nie). Ongehoorsame en opstandige gelowiges (bv. hoereerders, egbrekers, wellustelinge, gierigaards, afgodedienaars, dronkaards, diewe en rowers, ens.)(1 Kor. 6:10) wat weier om hulle te bekeer, is besig om in "sonde tot die dood" te stap. Christene word o.a. beveel om nie eens te bid vir die wat in "sonde tot die dood" stap nie!  (1Jn 5:16 - "As iemand sy broeder ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee—vir die wat nie ‘n sonde tot die dood doen nie. Daar is ‘n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie") - NIE bedoelende dat daar nie barmhartigheid aan so iemand bewys moet word nie, maar die rede is dat dit nie help jy bid vir so iemand nie want hy weier om reg te maak met die Here (daar kan dus nie vergifnis gegee word nie al wil jy ook!) - hy is m.a.w. soos 'n "GEWONDE".  Altyd goed om in elk geval vir iemand te bid want ons weet nie altyd wat presies iemand se werklike stand is nie, maar verstaan dat wanneer jou gebede tot niks kom dit nie is omdat jy geloof ontbreek of omdat die Here nie jou gebed beantwoord nie, maar is omdat die persoon weier om hom te bekeer (die Here neem gewoonlik stappe met sulke gelowiges om hulle na Hom terug te lei, maar Hy dwing niemand om aan hom Hom gehoorsaam te wees nie!).

Dit is weer nie dieselfde as die wat as "SUURDEEG" gesien word nie, alhoewel gewondes soos suurdeeg kan wees;  m.a.w., die wat "siek en ontsteld" is (agv sonde) kan in suurdeeg kan verander sou hulle hul nie bekeer nie maar ander gelowiges beinvloed om dieselfde te doen. M.a.w., gelowiges wat in wetende sonde stap en steeds na (die proses van) bestrafffing of vermaning hulle nie daarvan bekeer nie en ander gelowiges begin beinvloed om die leuen te glo of  bv. ook in sonde te stap, word gesien as "suurdeeg" - dus verwysend na die ongehoorsame gelowige se invloed op ander gelowiges - hulle is bv. gevaarlik om mee gemeenskap te hou want hulle kan die hele deeg suurmaak... Volgens Paulus moet sulke gelowiges liewer vermy word en in 1 Kor. 5 was die gemeente selfs beveel om daardie betrokke persoon uit die gemeente uit te verwyder - nie bedoel dat die gemeente die mag het om iemand van sy saligheid te ontneem nie maar was in daardie geval bedoel om die res vd gemeente te beskerm. Sulke drastiese optrede is somtyds nodig. Ook ander gevalle word in hierdie konteks genoem bv. die wat onordelik wandel en op die res vd gemeente teer... (2 Thess. 3:6,11). In sulke gevalle moet die gemeente hulle liewer onttrek van sulke gelowiges met die doel om die gemeente te beskerm, maar voor 'n gemeente so drasties kan optree moes hulle ten minste deur 'n proses met daardie persoon werk...  Hierdie mense kan miskien ook val onder die groep wat genoem word "geveinsdes" (die "akteurs")(alhoewel die begrip "geveinsdes" beslis wyer beskryf word).

 In elke geval van "geestelik" SIEK, 
- hetsy die wat onwetend sondig (waar iemand dink hy doen reg maar hy doen nie, of nie besef hy doen verkeerd nie)(1 Tim. 1:13; Luk. 23:34 ), 
- of die wat wetend sondig (waar iemand bewus is dit is sonde en dit steeds doen),
- of sonde tot die dood doen (waar iemand aanhou bly stap in 'n sonde wat hy weet nie die wil vd Here is nie, en weier om hom daarvan te bekeer - hy het m.a.w. "die sonde begin dien")(Jak. 1:15; 1 Joh. 5:16,17),
- of die groter sonde pleeg (waar iemand weet hy doen nie die wil vd Here nie maar gee voor hy doen Sy wil - hulle word genoem "akteurs" of "geveinsdes" - die valses)(Joh. 9:41; 19:11; Lam. 4:6),
is    BEKERING    nodig   !  Enige van hierdie mense kan gesien word as "siek", en die manier hoe elkeen van hierdie "siekes" hanteer word, is natuurlik verskillend (l.w. bedoel van gelowiges, nie ongelowiges nie;  want ongelowiges word weer anders hanteer...).

- In die geval van onwetendes, moet hulle tot insig gebring word.
- In die geval van die wat wetend teen jou sondig, of in die geval van sonde tot die dood, moet so iemand vermaan of bestraf word (met die doel om hom tot bekering te lei, nie te veroordeel nie)(Luk. 17:3; Matt. 18:15-17; 2 Thess. 3:14,15; 1 Tim. 5:20).
- Ons moet versigtig wees vir akteurs en geveinsdes (die wat die groter sonde pleeg), en word selfs gewaarsku om niks met hulle te doen te he nie.
- En net so liewer "suurdeeg" vermy, want hulle kan ander verlei. Sonde word terloops somtyds in beeldspraak vgl. met suurdeeg! (Eks. 12:15; Matt. 16:12; 1 Kor. 5:7,8) want dit kan die hele deeg suurmaak. Jesus het ook. Sy dissipels gewaarsku teen die suurdeeg vd Fariseërs en Sadduseërs (Mat 16:6; Mark. 8:15), waarin Hy verwys het na hulle leringe wat nie die Here se gebooie is nie maar gebooie van mense (Matt. 16:12; Matt. 15:9). Jesus het hulle o.a. "blinde leiers" genoem in Matt. 23:16 en 24, en verder Sy dissipels gewaarsku dat elkeen wat 'n blinde leier volg, die gevaar staan om self in die sloot te val! Sulke mense moet nie gevolg word nie;  en hulle leringe kan beslis 'n verkeerde invloed he op die hele deeg...  As iemand WETEND gebooie van mense leer in plaas vd waarheid, is hy besig om in sonde tot die dood te stap (sonde wat tot die dood lei)(Matt. 23:13). So 'n gelowige is soos suurdeeg vir die res vd deeg en moet hom bekeer van sy eie leringe. Dus, enige iemand wat wetend sondig of die groter sonde pleeg, kan gesien word soos "suurdeeg" in die kerk sou hulle die "deeg" beinvloed - diesulkes moet dus liewer vermy word (1 Kor. 5:11; Matt. 18:17; 1 Kor. 5:4,5; 1 Kor. 5:9-13; 2 Thess. 3:6). 
_________________________________________________________________________________

(1) Geestelike betekenis van siek/besoek:
(Psa 41:4)  (41:5) Ék het gesê: o HERE, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig. In hierdie skrif sien ons 'n vb. van hoe Dawid homself  "siek" noem maar nie verwys na hy's "letterlik siek" (dus siek in die uiterlike mens) nie, maar is siek a.g.v. sonde (m.a.w. siek in die innerlike mens, nie die uiterlike nie).  Maar net soos sonde iemand se innerlike siek kan maak, net so het sonde somtyds tot gevolg dat iemand ook uiterlik siek kan word daarvan;  maar is natuurlik nie altyd die gevolg nie... - Joh. 9:2,3. 

Mense wat in sonde en ongeregtigheid stap kan gesien word as "siek" en word ook in die Skrif verwys na "is ongesteld".  Vgl. dit met Jesus se woorde in (Mat 9:12 - "Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is");  dus, in Matt. 9 sien Christus die tollenaars en sondaars as ONGESTELD ("siek"). In hierdie opsig kan ons sê dat wanneer iemand in sonde en ongeregtigheid stap, hy (sy INNERLIKE MENS) gesien kan word as "siek". Wanneer iemand se uiterlike mens siek is het hy 'n geneesheer nodig... Op dieselfde wyse het iemand 'n geneesheer nodig wanneer sy innerlike mens ongesteld is. Jesus het die "siekes" besoek, maar nie net het Hy omgegee vir die wat letterlik siek was nie maar ook vir die wat innerlik "siek" was (dus, m.a.w., Hy het die "sondaars" besoek - hier spesifiek verwys na die wat deel is vd volk van God wat "siek" is, nie ongelowiges nie - en Hy is die Geneesheer). Hulle het medisyne nodig maar ons moet verstaan watter soort medisyne... (rol af vir 'n opsomming oor "medisyne").

BARMHARTIGHEID gaan o.a. oor omgee, kompassie (en uitreiking).
Jesus was BARMHARTIG teenoor die siekes;  hetsy uiterlik of innerlik - hoe?  In die geval vd wat siek was a.g.v. sonde, het Hy vir hulle die waarheid gebring (dit was die "medisyne" wat hulle nodig gehad het).  L.w. dat dit onbarmhartig sou wees as Hy hulle in hulle sonde los !  Deesdae het baie mense 'n verdraaide siening hieroor en dink dit is liefde wanneer jy mense "toelaat om in sonde te bly stap", maar dit is nie die vb. wat Jesus of Sy dissipels gegee het nie.  Mense wat siek is het genesing nodig, en om genesing te kry het hulle medisyne nodig (bv. salf vir die oë , sodat hulle kan sien... - Openb. 3:18) - anders bly hulle siek - wat terloops tot die dood kan lei...  Sonde lei tot die dood - op dieselfde wyse wat iemand wat siek is aan die uiterlike mens nie genesing kry nie en dit kan uitloop op die dood, net so kan siekte vd innerlike mens tot die dood lei. Hierdie is op uiterste gevalle moontlik;  bv., wanneer 'n plant siek is, kan dit daartoe lei dat die wortel vrot of die plant kan doodgaan, maar is natuurlik nie altyd die geval nie.  Somtyds dra siek plante steeds vrugte, maar wat met hulle vrug gebeur is dat groot dele daarvan uitgesny word.  'n "Siek" Christene staan dus nie net die gevaar dat hy kan doodgaan nie, maar ook dat sou hy vrug dra, hy baie daarvan weer sal verloor (en kan selfs onvrugbaar word).

Die een wat siek is in sy innerlike mens het dus ook GENESING nodig net soos iemand wat siek is aan die uiterlike, want as hy nie genesing kry nie kan dit tot die dood lei (kyk tema "sonde tot die dood"). Om iemand tot insig te bring (soos Jesus gedoen het wanneer Hy die waarheid gedeel het aan die wat "siek" is), is dus soos om vir daardie persoon medisyne te gee. Kyk bv. ook na waar iemand ONWETEND SONDIG - so iemand het nodig om die waarheid te hoor sodat hy hom kan bekeer van sy sonde en dus vergifnis kan ontvang; maar ander tye is strenger optrede (medisyne) nodig - bv. in die geval vd wat wetend sondig, en dan moet hulle nie net tot insig gebring word nie, maar baiemaal ook vermaan word (wat ook soos medisyne gesien kan word)(Jud 1:22,23 - " En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is"). 

Die "natuurlike mens" kan ook gesien word as "siek" (is 'n "slaaf van sonde" - siek a.g.v. sondige natuur), en het die evangelie soos medisyne nodig om gesond te word. Dit is dus BARMHARTIG om die evangelie / waarheid met "natuurlike mense" te deel (vir hulle medisyne gee want dan kry hulle die geleentheid om gesond te word). Maar die onderwerp van (figuurlik) siek of ongesteld in die Skrif gaan veral oor "gelowiges" wat siek is (nie ongelowiges nie);  dus verwys na gelowiges en die klem in hierdie pos op "gelowiges" wat "siek" is - meer presies "geestelike mense" wat in sonde of ongeregtigheid stap... (dus "siek"), en die woord en waarheid moet hoor (hetsy tydig of ontydig - 2 Tim. 4:2).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) (Soorte geestelike) "MEDISYNE":
Jesus het met "siekes" tyd spandeer (deur hulle te besoek) en so met hulle die woord gedeel, maar Hy het nie die waarheid onderdruk terwyl Hy met die ongehoorsame gelowiges tyd spandeer het nie want dit was juis die "MEDISYNE" . Kyk die vb. in Luk. 19 waar Hy by die huis van Saggeus ('n sondige man) gaan eet het, en watter invloed Hy op Saggeus gehad het: (Luk 19:8 - "Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug").  Saggeus was beweeg om hom te bekeer van sy geldgierigheid en onbarmhartigheid teenoor ander - en let op Christus se woorde in v. 10 - "Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was". Die Here sien dit as BARMHARTIG wanneer ons tyd maak met Christene wat siek is in die innerlike a.g.v. sonde (...want so kan  die wat verlore is, gesoek en gered word), en wanneer ons vir hulle die medisyne gee wat hulle nodig het, m.a.w. die waarheid deel of hulle waarsku sodat hulle hul kan bekeer, dan kry hulle die geleentheid om gesond te word. Maar om net vriende met hulle te wees en geensins met hulle die waarheid te deel nie, is nie wat hier bedoel word nie! En hierdie is natuurlik ook nie bedoel dat Christene almal moet loop en oordeel soos vandag baiemaal die geval is en dan oordeel hulle nog verkeerd ook daarbynie!, maar gaan oor om "die waarheid te bring" (hetsy iemand tot insig gebring word of vermaan word).

Salf:
Die begrip "salf" word ook op 'n figuurlike manier gebruik in Openb. 3:18  - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien". In hierdie konteks verwys dit nie na letterlike blindheid (aan die uiterlike mens) nie, maar is figuurlik bedoel (vd innerlike mens). Vgl. dit met v. 17 - "Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en BLIND en naak is nie". Die wat nog 'n slaaf is van sonde word gesien soos BLINDES, maar die wat 'n goddellike natuur het kan "sien" (2 Pet. 1:4,9). Hierdie begrip word goed verduidelik in 2 Pet. 1, wat vir ons leer dat daar sekere dinge by "blinde" mense (figuurlik bedoel vd innerlike mens) ontbreek bv., hulle het nie die geloof, deug, kennis, selfbeheersing, lydsaamheid, godsvrug, broederliefde en naasteliefde nie (1 Pet. 1:5-7) - in ander woorde, hulle "sien nie". Maar natuurlik weer-eens, die begrip blindes in hierdie konteks verwys veral na GELOWIGES ("geestelike mense") WAT BLIND GEWORD HET (nie "natuurlike mense" wat "blind" gebore is nie!)- daar was dus 'n tyd wat hulle kon "sien", maar het blind geword... (en verwys dus spesifiek hier na gelowiges, nie ongelowiges nie, want ongelowiges is in elk geval blind - het die "gees van dwaling"): -(2Pe 1:8,9 - "Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet"). Vgl. dit met bg. Openb. 3:18 wat ook geskryf is aan gelowiges. Hulle is nie blind gebore nie (geen wedergeborene word blind gebore nie, want die Heilige Gees help hulle om te sien) - hierdie beeldspraak van blindheid verwys na mense wat eens kon sien maar blind geword het... Vgl. dit ook met Jesus se woorde in Joh. 9:39-41. Sommige Christene wat die goddelike natuur eens verkry (2 Pet. 1:4), word weer soos mense wat "vergeet" of begin weer verkeerd sien (omdat hulle oe op die wereld is) en ontbreek dan hierdie basiese dinge kenmerkend vd goddelike natuur (nl. geloof, deug, kennis, selfbeheersing, lydsaamheid, godsvrug, broederliefde en naasteliefde).  Hulle word verder ook beskryf as "lou" in Openb. 3. Vgl. dit met (Spr. 26:12 - "Het jy ‘n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir hom"). Hulle dink hulle "sien", tog sien hulle soos hulle wil en nie soos die Here nie - daarom bly hulle in hulle sonde... (vgl. dit met Joh. 9:41).

Wat "blindes" nodig het, is "salf" (om te kan sien) - maar waarna verwys hierdie SALF?
Wat die Here doen met "BLINDES" is om hulle te bestraf en tugtig, en Hy verwag van hulle om hulle te BEKEER: (Openb. 3:19 - "Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou"). Hierdie gelowiges is soos mense wat "vergeet" het en begin verskeerd "sien" - hulle moet gewys word op die toestand van hulle "werke" (hulle het lou geword) en sekerlik herinner word aan wat eintlik van hulle as Christene verwag word (want geloof sonder werke is dood, soos die liggaam dood sonder asem). Wanneer Christene hulle hoop begin plaas in wereldse rykdom, eer, wysheid ens. is hierdie wat baiemaal gebeur - hulle begin m.a.w. sien soos die wereld "sien" (is dus blind soos die wereld) - hulle moet dus deur bestraffing of tugtiging in liefde herinner word om hulle te bekeer en hulle hoop weer in die Here te plaas.
-------------------------------
Die Fariseers het vir Jesus kwalik geneem dat Hy saam met die tollenaars en sondaars eet, maar let op Christus se woorde in die volgende vers: (Mat 9:13 - "Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering").  Christus sien dit as BARMHARTIG wanneer ons die sondaar (bv. die gelowige wat onwetened sondig), BESOEK om vir hom/haar die waarheid te bring (m.a.w., om die wat verlore is te gaan soek...)(nie hier bedoel te vermaan nie, maar "tot insig bring:) - l.w. dat dit ook nie hier bedoel dat Hy in dieselfde juk was met hulle nie, maar Hy het die evangelie vd koninkryk verkondig terwyl Hy met hulle tyd spandeer het. Jesus het m.a.w., wanneer Hy hierdie "siekes" besoek het, vir hulle die waarheid gebring - NIE saam met hulle gesondig en dronk gedrink of afgodsoffers geeet of watookal nie!, maar hulle "tot insig" gebring. Op dieselfde wyse kan vermaning soos medisyne wees vir die een wat wetend sondig, en dit word dus gesien as "barmhartig" (Jak. 5:20; 2 Kor. 7:10-12; Jud. 1:23...). Selfs om jou van 'n broeder te distansieer wat as broeders bekendstaan maar in onbekeerde sondes voortstap (1 Kor. 5:7,11) word as barmhartigheid gesien omdat dit daardie persoon beweeg om skaam te kry - nie met die doel om hom af te skryf nie maar om hom tot bekering te lei want solank die hardkoppige hanteer word asof hy nie siek is nie beweeg dit hom nie om gesond te word nie! Hierdie is 'n groot probleem van ons tyd waar Christene baiemaal hanteer word asof dit in orde is om "blind" te wees, of  "ongesteld". Ons moet egter verstaan dat in hierdie geval die "sieke" reeds die waarheid ken... Maar onwetendes word natuurlik anders hanteer! en het bloot nodig om tot insig te kom. Christus het presies dieselfde geleer oor hierdie onderwerp want waar Hy die 12 uitstuur na mense se huise (na die verlore skape)(Matt. 10:5) was dieselfde opdrag gegee ten opsigte van die wat nie die waarheid ontvang het nie (Matt. 10:13,14) - in sulke gevalle moes die dissipels die stof van hulle voete afstof...  Kyk ook hoe Hy die waarheid in die tempel en op straat gebring het, ook aan die Fariseers, maar dan die dissipels teen baie vd Fariseers se suurdeeg gewaarsku het! - hulle gewaarsku teen die wat nie "hoor" en "sien" nie... (Matt. 16:12; Mark. 8:15; Luk. 12:1; Mark. 4:12). Hy het verseker gewys dat daar verskillend opgetree moet word teenoor verskillende mense en het nie geskroom om die waarheid te preek nie omdat dit die manier is hoe iemand genesing kan ontvang.  L.w. dat Christus selfs in die geval van Matt. 9 in die teenwoordigheid van die siekes vir hulle "siek" noem! Hy het nie hulle sonde bedek deur te maak asof hulle nie siek is nie, maar het dit aangespreek met die doel om hulle tot bekering te lei... (SODAT hulle geleentheid kry dat hulle sonde bedek kan word). Hy was m.a.w. in hierdie opsig "barmhartig" teenoor hulle deurdat Hy vir hulle daardeur 'n kans gee om vergifnis te ontvang  (Jak. 5:20 - "laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek"). Die tollenaars en sondaars was soos SIEKES onder die volk van God, en hulle het medisyne nodig gehad - het die Geneesheer nodig!

In die vb. van Matt. 9 het "om 'n geestelike sieke" te besoek m.a.w. beteken dat "die waarheid aan hulle gedeel is" (hulle is tot insig gebring), maar daar is verskillende reels rondom die geval waar iemand "teen jou sondig";  bv, om so 'n "sieke" te besoek of na so iemand uit te reik, kan verwys na:
-(1)  "TOT INSIG BRING" (bv. waar iemand onwetend sondig)(1 Tim. 1:13): Baie sondig uit onkunde en is ONWETEND, en moet dus "tot kennis gebring word". Wanneer hy wetend word word daar steeds van hom verwag om hom tot die Here te bekeer, ja, maar hy moet "nie vermaan word (tot bekering) nie", want hy is bloot "onwetend" - wat moet gebeur is dat so iemand "tot insig gebring word".  Vir diesulkes wat wetend word en hulle bekeer, kan daar gebid word en die sonde sal hulle vergewe word (1 Joh. 5:16). Jesus gee hierdie mag aan die Christen om vir iemand te bid tot vergifnis van sondes (om hulle sonde te vergewe...); alhoewel dit net geld vir sekere sondes! (sien punt 2 en 3).
-(2)  "VERMANING" (waar iemand wetend sondig)(Matt. 18:15,16; Luk. 17:3,4): Maar natuurlik moet die persoon wat reeds tot kennis gekom het maar steeds in sonde en ongeregtigheid stap (WETEND SONDIG) anders hanteer word!;  so iemand moet herinner of vermaan word
(maar as hy na een, of as nodig na twee of drie getuies en selfs na die gemeente nie luister nie, moet hy ge-ignoreer word - sien punt 3 - NIE bedoel "haat" nie, maar vermy met die doel om hom skaam te maak, en met die doel om hom te lei tot bekering...).
-(3)  "VERMANING/VERMY/GEEN GEBED" (bv. die wat stap in "sonde tot die dood" - waar iemand wetend sondig en weier om hom vd sonde of ongeregtigheid te bekeer;  of bv. waar iemand dwaal;  of bv. waar iemand partyskap verwek en tweedrag saai teen die ware leer)(1 Tim. 6:20; Tit 3:9; 2 Tim. 2:16; Rom. 16:17; Spr. 20:19)(Matt. 18:17):   "Sonde tot die dood" word anders hanteer as bv. die wat onwetend sondig of bloot vermaning nodig het - daar is 'n spesifieke roetine wat gevolg moet word om so iemand wat hierdie sonde pleeg, tot bekering te probeer lei (bv., in geval van "sonde tot dood" verwys dit nie na iemand wat nodig het om "tot insig gebring" te word nie, want hy "weet" alreeds! - hierdie is iemand wat nadat hy tot insig gekom het en vermaan is, hom nog nie bekeer nie maar voortstap in die sonde en ongeregtigheid - vir so iemand moet daar nie gebid word nie want hy kan nie vergifnis kry as hy hom nie eers bekeer nie..1 Joh. 5:16,17. 'n Christen kan bv. nie vir iemand wat stap in "sonde tot die dood", bid vir vergifnis van sondes en glo dat die persoon vergifnis het nie, want in die geval van sonde tot die dood, wil daardie persoon hom nie bekeer nie en kan dus nie vergifnis kry nie...).

Die mense vd stad van Nineve was "siek" a.g.v. hulle ongeregtighede... Toe Jona oorspronklik nie wou gaan om hulle te waarsku nie, was dit eintlik onbarmhartig van hom.... Maar sou die "sieke" (die een wat onwetend sondig) die waarheid wegwys nadat dit oor en oor aan hom gebring is en hy deur verskeie gewaarsku is, dan sou dit bv. nie onbarmhartig wees om die persoon te ignoreer nie, maar sulke vermyding is dan eerder barmhartig omdat dit hom kan skaam maak en so kan lei tot inkeer... (maar natuurlik moet hy dan weet waarom hy ge-ignoreer word, want anders sal hy tog nou nie skaam word nie!).

"Laster teen die Heilige Gees" is 'n onvergeeflik sonde! - m.a.w., die wat die onvergeeflike sonde pleeg KAN NIE GESOND WORD NIE.... Daar is geen offer of salf vir onvergeeflike sonde nie. M.a.w., Christene leer wel dat alle sondes vergeefbaar is (vir die wat hulle bekeer), ja, maar na regte is daar een sonde wat nie vergewe kan word nie (en dit is lastering teen die Heilige Gees - nie in "hierdie eeu" kan dit vergewe word nie, en ook nie in die "volgende eeu" nie). Wanneer iemand laster teen die Heilige Gees kan daar m.a.w. nie vir hom gebid word vir vergifnis nie... (maar ons moet natuurlik verstaan wat bedoel word met lastering teen die Heilige Gees). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) Siekte lei somtyds tot die dood:

- Somtyds word 'n siekte genees (Jak. 5:19);
- somtyds lei dit tot die dood...(Joh. 11:4).
Op dieselfde wyse kan ons kyk na siekte figuurlike gesproke (vd innerlike mens) bv., gelowiges wat in sonde stap word gesien as "siek" - somtyds word dit genees, somtyds lei dit tot die dood!  "Sondes" moet op hierdie manier gesien word want nie almal word gesond nie! (bv., slegs sondes waarvan iemand hom bekeer, kan vergewe word).  Sekere sondes is m.a.w."tot die dood" as die persoon nie genesing ontvang nie....

Christene het bv. in Christus Jesus die mag om sondes te vergewe (Joh. 20:23) MAAR NIE ALLE SONDES NIE... (sonde teen die Heilige Gees kan bv. nie vergewe word nie, en sonde tot die dood ook nie as die persoon hom nie bekeer nie).  D.w.s., in daardie opsig kan 'n gelowige wel genesing kry van sondes, maar nie van alle sondes nie!

Bv., "sonde tot die dood" (1 Joh. 5:16,17; Jak. 1:15; Rom. 6:16) is sonde wat lei tot dood omdat die persoon nie vergifnis ontvang nie - m.a.w. omdat hy hom nie bekeer nie, maar sou hy hom bekeer dan sal dit nie meer tot die dood lei nie. Ons moet verstaan dat "sonde tot die dood" nie verwys na onvergeeflike sonde (soos lastering teen die Heilige Gees) nie, want i.g.v. die onvergeeflike sonde is daar geen offer daarvoor nie, maar in die geval van "sonde tot dood" is daar wel vergifnis in Jesus Christus vir die wat hulle van daardie sonde bekeer! Alhoewel min Christene vandag onderskeid maak tussen verskillende grade van sonde was dit nie so in die eerste gemeentes nie.  Hulle het verstaan dat sommige sondes TOT DIE DOOD LEI en ander nie! Deesdae is mense eerder van mening dat maak nie saak wat se sonde 'n Christen in sy lewe doen nie, en al sou hy hom nie daarvan bekeer nie hy in elk geval sal vergifnis kry (!??), maar dit is natuurlik nie wat die Skrif leer nie.
(1Jn 5:16)  As iemand sy broeder ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe geevir die wat nie ‘n sonde tot die dood doen nie. Daar is ‘n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie. (1Jn 5:17)  Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is ‘n sonde wat nie tot die dood is nie. Hier gaan dit oor wie dit is vir wie WIE jy GEHOORSAAM: -(Rom 6:16)  "Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?" Wie is dit vir wie jy DIEN?  Bv., solank iemand afgode DIEN is hy besig met sonde tot die dood, en sou so 'n Christen hom nie daarvan bekeer nie (so iemand word gesien as 'n hoereerder, in die sin van "geestelik hoereer" - hoereer agter afgode aan) dan kan hy nie verwag dat daardie sonde nie "tot die dood" is nie! So 'n broer of suster kan m.a.w. nie vergifnis kry voor hy hom nie "bekeer" (van sy sonde en ongeregtigheid) nie (1 Joh. 5:16). As iemand "sonde en ongeregtigheid" DIEN, is hy besig met "sonde tot die dood" -  "dien" gaan oor wie jy "gehoorsaam". Hierdie gaan oor mense wat hulle lede stel tot beskikking vd sonde... (Rom. 6:13). Sonde tot die dood verwys dus na sonde waarin iemand stap waarvan hy hom nie bekeer nie - m.a.w., die rede waarom dit  "tot die dood" is is omdat hy hom nie daarvan bekeer nie. Daarom verklaar die Skrif dat geen "hoereerders, afgodedienaars, egbrekers, wellustelinge, sodomiete, diewe, gierigaards, dronkaards, kwaadsprekers, rowers" die koninkryk van God sal beërwe nie (1 Kor. 6:10), want hierdie sondes verwys nie na die wat dit aanhou doen sonder om hulle daarvan te bekeer.  Jy kan nie 'n kwaadspreker genoem word as jy opgehou het om dit te doen (en die sonde jou vergewe is nie), maar sou jy in 'n gewoonte wees om kwaad te spreek van ander mense en weier om jou daarvan te bekeer, ja, dan sal jy as 'n kwaadspreker bekendstaan (en hoe kan jy dan vergifnis daarvoor ontvang tensy jy jou daarvan bekeer?) - so iemand is besig met sonde "wat tot die dood" lei.  Vgl. dit met Rom. 1 wat spreek van mense wat wel die verordeninge van God ken maar dit nie die moeite werd ag om Hom in erkentenis te hou nie.  Wat met sulke mense gebeur is dat God hulle oorgee aan hulle slegte gesindhede en hulle begin glo dat hulle reg is terwyl hulle eintlik verkeerd is  (bv. hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;  nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig).  Sulke mense kan nie die oordeel van God ontvlug nie (Rom. 2). Mense wat op hierdie manier "SIEK" is, se siekte kan nie genees word nie - tensy hulle hul bekeer! (en dan is dit nie meer "sonde tot die dood" nie).

Christene stel hulle lede tot beskikking van God en is gehoorsaam aan Sy Gees.  Dit is bv. wat dit beteken om "nie onder die wet" te wees nie - om "nie onder die wet te wees" nie,  beteken egter nie dat Christene kan "doen wat hulle wil" (soos sommige glo) nie!, maar gaan oor aan wie jy gehoorsaam is;  m.a.w. "gehoorsaam aan die wet"?, of gehoorsaam aan die Gees? (en as jy dan gehoorsaam is aan die Gees beteken dit jy is dan onder die wet vd Gees - Rom. 8:2). Christene moet hulleself tot beskikking stel van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en hulle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God stel... (Rom. 6:13)(soos slawe van Christus Jesus). In daardie opsig is hulle "onder genade" (nie onder die wet nie) en die sonde heers nie oor hulle nie (want hulle dien nie die sonde nie). As 'n Christen nie bereid is om sy liggaam diensbaar te stel vir die geregtigheid, gehoorsaam aan die Gees en homself sien as 'n slaaf vir Christus nie, dan verstaan hy nog nie wat dit beteken om "onder die genade" te wees nie!

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4) GEWONDES en "SUURDEEG":

GEWOND (aan die innerlike mens) beteken ook iets in die Skrif:  - gelowiges wat sondaars is ("siek") en hulle nie bekeer van hulle sonde nie word somtyds "gewond" wanneer hulle getugtig word met die doel om hulle te beweeg tot bekering (amper asof hulle deur 'n moeilike tyd gaan met die doel om hulle te dwing tot bekering). Party gelowiges neem die Here kwalik wanneer hulle "gewond" is, maar dit is natuurlik bloot 'n teken van hulle hardkoppigheid - want wat " 'n gewonde " veronderstel is om te doen is nie om nog meer in opstand te kom nie maar eerder om hom te bekeer (nie kwaad te word nie)...

'n Christen wat bv. begin speel in ander afgodspraktyke en nadat hy die waarheid daaroor gehoor het weier om hom daarvan te bekeer, staan die gevaar dat hy GEWOND kan word (die Here laat hierdie "wond" oor hulle pad toe met die doel om hulle te beweeg om na Hom terug te keer). Die volk van God was bv. weggejaag uit hulle land en woon tussen die nasies...,en die rede waarom die Here dit met hulle laat gebeur het is a.g.v. hulle ongeregtighede - hulle sondes waarvan hulle hul nie wou bekeer nie (Jer. 30:15; vgl. met Mig. 6:13). Hulle was m.a.w. "siek", en toe GEWOND met 'n ongeneeslike wond... (Jer 30:13)(Jer 30:12 - " Want so sê die HERE: Jou verbreking is ongeneeslik, jou wond is smartlik") - GEWOND deur hulle vyande, maar die Here sal weer hulle wonde genees (Jer 30:17) - wanneer?  Wanneer hulle hul tot Hom bekeer!  (dan sal Hy 'n einde te maak aan hulle vyande, en hulle terugbring in die land, en hulle sal dit in besit neem (Jer. 30:3). Die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan (Jer 30:18)............).

Sommige gelowiges is onder die miskonsepsie dat "genade" beteken hulle kan doen wat hulle wil en dan, as die waarheid met hulle gedeel word en/of hul vermaan word, raak hulle kwaad i.p.v. om ag te gee op die waarheid en reg te maak met die Here. Hierdie is baiemaal die gevolg van valse leerstellings waarin Christene leer dat maak nie saak wat hulle doen nie, hulle sondes is alreeds vergewe en hulle kan nie hulle saligheid verloor nie...(!??). Christus Jesus het egter iets anders geleer, en geleer dat daardie lote wat nie in Hom bly nie uitgewerp sal word en verdroog en in die vuur gegooi en verbrand sal word (Joh 15:6) - Hy het dus in soveel woorde geleer dat dit moontlik is vir "lote" om hulle saligheid te verloor (sou hulle nie in Hom bly nie). Hy het ook geleer dat elke loot wat nie vrug dra nie, deur Hom weggeneem sal word! (Joh 15:2). As 'n Christen nie in Jesus se woorde glo nie, hoe kan hy dan bely dat hy in Jesus GLO? Tog is daar baie wat bely dat hulle in Hom glo, tog glo hulle nie hierdie leringe van Hom nie!?

Ja, Jesus het ook geleer dat elkeen wat in Hom glo die ewige lewe het........, maar dit is bedoel vir die wat VASHOU (nie die wat self laat los nie!). Gewonde gelowiges kan nie verwag dat die Here vir hulle help en genees van hulle wond as hulle weier om hulle te bekeer nie.

Ons kan miskien na 1 Kor 5 kyk as 'n vb. - tog word hierdie mense nie daar gewondes genoem nie, maar ons kan dit moontlik vgl. met bg. vb. vd volk wat hulle land verloor het. In die betrokke geval van 1 Kor. 5 was daar 'n gelowige in die gemeente wat 'n hoereerder was.  Siende hy hom nie wou bekeer van sy sonde nie, was die gemeente beveel om hom onder hulle uit te VERWYDER (1 Kor. 5:2,13).  Die rede wat veral hiervoor gegee word is sodat hy nie die hele deeg suur maak nie.  Hy was gesien as "SUURDEEG" wat, sou hy vertoef in die gemeente, ander kan beinvloed om ook "suur" te word - hy was 'n gevaar vir die gemeente. Verder is hy "gewond" deur uit die gemeente uitgeskop te word...  Die manier hoe Paulus hierdie "verwydering" ook beskryf is om die persoon "aan die satan oor te lewer" (vgl. dit met 1 Tim. 1:20). Die doel waarom hy verwyder word is nie om voor te gee dat die gemeente die mag of outoriteit het om hom van sy saligheid te stroop nie (1 Kor. 5:5), maar is om te keer dat die ongehoorsame nie die res vd gemeente verkeerdelik beinvloed nie ('n bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur).Suurdeeg word vgl. met "sonde" (figuurlik bedoel). (1Kor. 5:8 - "Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid")   (Luk 12:1 - "Toe duisende van die skare ondertussen saamkom, sodat hulle mekaar vertrap het, begin Hy aan sy dissipels te sê: Pas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is geveinsdheid"). 'n Ander gevaar met "suurdeeg" is dat wanneer 'n gemeente "suurdeeg" toelaat,  ander mense kan dink dat die betrokke gemeente tevrede is met die sonde (bv. in die geval van 1 Kor. 5 kan dit lyk of die gemeente geen probleem het met hoerery sou die persoon wat weier om hom te bekeer, saam met die gemeente bly gemeenskap hou nie). Want natuurlik moet Christene versigtig wees met wie hulle gemeenskap hou! (2 Joh. 1:11; 1 Tim. 5:22; Ef. 5:11; Openb. 18:4) - bedoel om nie om te gaan met Christene wat in wetende sonde stap en hulle nie daarvan bekeer nie. In 1 Kor. 5:11 word nie net hoereerders in hierdie konteks uitgelig nie maar ook gierigaards, afgodedienaars, kwaadsprekers (1 Tim. 1:20), dronkaards en rowers... Dit verwys dus nie na die wat onwetend sondig (bv. onwetend laster) nie, maar verwys na die wat WETEND sondig (bv. wetend laster - en hulle nie daarvan bekeer nie). Diesulkes moet nie net vermaan word nie, maar moet nadat al die nodige stappe van vermaning gevolg is en die persoon hom nog nie wil bekeer nie, gesien word soos suurdeeg... - en dan vermy word.  Hierdie word terloops ook gese vd wat die waarheid verdraai! (Rom 16:17 - "En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en VERMY hulle"). Kerke moet versigtig wees wie hulle as predikers of leermeesters ontvang.

Hierdie soort van "afsny" beteken nie dat die persoon gehaat of nie meer gesien word as 'n Christen nie, maar is meer soos 'n beskerming vir die kerk asook 'n teregwysing vir die persoon wat stap in sonde tot die dood. Party kerke volg ook nie meer hierdie soort optrede nie, maar hanteer dit op 'n ander manier bv. om die kerk eerder soos 'n klub te gebruik en te kies met wie jy andersins uithang;  en net soos die "verwydering" metode gaan dit ook met sy eie stel probleme gepaard... Watter metode die kerk ookal volg, dit is nie 'n maklike ding nie!  Maar inderdaad moet Christene dus versigtig wees met wie hulle omgaan (amper die manier hoe ons vriende kies), en versigtig wees om heeltyd uit te hang met ongehoorsame en opstandige Christene, of wie ons as predikers en leermeesters toelaat... (Mat 10:16 - "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe"). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 30 September 2017

Ongeloof

'n Ander manier hoe ons miskien kan verstaan wat "geloof" is, is om te kyk na wat die teenoorgestelde van geloof is, m.a.w. wat word gesien as ONGELOOF?, en wat beteken dit in verskillende skrifte? Wanneer ons die woord "ongeloof" hoor dan mag ons dalk dink dat dit slegs verwys na die wat nie Christene is nie en glad nie in Jesus Christus glo nie, maar inteendeel hanteer die Skrif veral gevalle waar dit verwys na die "ongeloof" van GELOWIGES !
- m.a.w. "ongeloof van Christene",
- asook "ongeloof van die wat deel is van die volk van God" (die wat beweer dat hulle die Vader ken, maar Hom nie werklik ken nie, en daarom nie glo in Christus Jesus nie)(...dit is bv. a.g.v. hulle ONGELOOF dat hulle "afgebreek" is... (Rom. 11:20)).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAT ONS GAAN LEER UIT DIE ONDERSTAANDE SKRIFTE, IS DAT:
-   DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF IS DAT DIE HERE SOMTYDS NIE KRAGDADE DOEN NIEbv. Matt. 13:58 en Mark. 6:5,6 - Jesus Christus het nie baie kragdade daar gedoen nie weens die "gelowiges" se ongeloof...

- DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF IS DAT SOMMIGE DUIWELS NIE UITGEDRYF KAN WORD NIE.  bv. die dissipels wat nie 'n duiwel kon uitdryf nie in Mark. 9, en die pa se ongeloof, en die dissipels se plig om meer te bed en vas...

-  DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF (en die hardheid van hulle harte) IS DAT HULLE SOMTYDS TWYFEL IN DIE WOORDE VAN ANDER GELOWIGES (wat die waarheid praat). - bv. die geval waar die dissipels nie geglo het toe daar vir hulle vertel is dat Jesus Christus opgestaan het nie....

-  DIT WEENS "GELOWIGES" SE ONGELOOF IS DAT HULLE SOMTYDS ONWETEND SONDIG.bv. Saulus wat gelaster en Christene vervolg het en geweld gepleeg het, maar gedink het hy die dien die Vader deur dit te doen...

-  DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF IS DAT HULLE NIE ALTYD ONTVANG WAT AAN HULLE BELOWE IS NIE - bv. baie van die volk wat uit Egipteland uitgelei is en aan wie die belofte gemaak is dat hulle die land sou beerwe, het op die ou end nie ingegaan nie maar gesterf in die woestyn a.g.v. hulle ongeloof...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Almal van ons sukkel somtyds met ONGELOOF - soos die pa in Mark. 9:23,24 - ("En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo. En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!").  Dit wil lyk of Christus onmiddellik gemerk het dat die pa sukkel met geloof, want toe hy sy seun na Jesus bring, maak Jesus die volgende stelling: "Toe antwoord Hy hom en sê: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe" (Mar 9:19). Alle dinge is moontlik vir die een wat glo, maar net soos hierdie pa wil ons ook somtyds uitroep "Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!" - glo in die Here Jesus maar het nie altyd die geloof nie!  Hierdie is 'n realiteit wat ons nie moet ignoreer nie, want as ons dit ignoreer sal ons nie die Here se krag in ons lewens ervaar nie.  Waar geloof ontbreek, moet ons aandag daaraan gee en die Here vra om ons ongeloof te hulp te kom (soos hierdie pa gedoen het), en soek na wat die Here begeer ons moet doen om dit te verander, en kies om nie ongelowig te wees nie, maar gelowig! (Joh. 20:27). In Mark. 9 kon Jesus se dissipels nie die duiwel uitdryf nie, en verseker het die ongeloof van die pa ook iets daarmee te doen gehad, maar dit wil voorkom of die dissipels se geloof ook nie sterk genoeg was nie!, want in die gedeelte moedig Jesus hulle aan dat GEBED EN VAS in hierdie gevalle nodig is: Mar 9:28,29 - ("En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie? En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie").

Waar gelowiges wat deel is van die volk van God en bely dat hulle die Vader ken, NIE GLO in Christus Jesus nie (m.a.w. ongelowig is), word hulle afgebreek;  maar sou hulle nie in hierdie ongeloof bly nie, kan hulle weer ingeent word (Rom. 11:23).  Dit moet vir elkeen met ONGELOOF hoop gee dat sou hy kies om nie meer ongelowig te wees nie, die Here hom te hulp sal kom.

Baie van die volk in die woestyn oppad na die beloofde land het nie ingegaan nie as gevolg van hulle ONGELOOF! (Hebr. 3:19; Jud. 1:5). Die belofte was aan hulle gemaak en die Here het vir hulle die weg geskep waardeur hulle sou kon ingaan, maar a.g.v. hierdie "gelowiges" se ongeloof het hulle nie ingegaan nie, en dus nie ontvang wat vir hulle belowe was nie want hulle het nie die voorwaardes van geloof nagekom nie.  
Somtyds kies gelowiges om ongelowig te wees, maar die Here wil hê dat ons GELOWIG moet wees, en soos kindertjies moet glo! (Luk 18:17 - "Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie").

Elke gelowige moet gedagstes van ongeloof gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus:  
"moenie ongelowig wees nie, maar gelowig"!
(vgl. met Joh. 20:27)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING en KONTEKS VAN ONDERSTAANDE SKRIFTE:

- Mark. 16:14 - ("Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie").  "Ongeloof" verwys hier na die ongeloof van Christus Jesus se dissipels! - ongeloof in Sy opstanding, en l.w. die woorde hulle "hardheid van hart". In hierdie geval was dit die hardheid van hulle harte en ongeloof wat veroorsaak het dat hulle nie geglo het toe daar aan hulle vertel is dat Hy opgestaan het nie.
- Matt. 17:20, in hierdie geval was die dissipels nie in staat om 'n duiwel uit te dryf nie (tog het op daardie stadium al baie ander duiwels uitgedryf!): Mat_17:20 - ("En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie").
- Matt. 13:58 ("En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie") - "ongeloof" verwys ook hier na die ongeloof van "gelowiges" - ongeloof van die wat deel is van die volk van God, maar aanstoot geneem het in Christus en Sy leringe - m.a.w., hulle gee voor hulle ken die Vader, maar hulle ken Hom nie werklik nie.    
- Mark. 6:5,6 - ("En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy ‘n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het. En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer"). Baiemaal is dit a.g.v. "ongeloof" dat daar geen kragdade onder gelowiges plaasvind nie.
- Mar 9:23,24 word die woord ongeloof gebruik in konteks met 'n "gelowige wat voel dat hy nie geloof het nie" - ("En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo. En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!").
- Dit is in of a.g.v. ongeloof dat mense baiemaal ONWETEND SONDIG, soos in die geval van Paulus (Saulus) wat gelaster en die Christene vervolg het en hulle geweld aangedoen het - hierdie sondes het hy onwetend gedoen omdat hy "ongelowig" was - hy het gedink dat hy die Vader dien, maar het verkeerd gedoen a.g.v. sy ongeloof: 1Tim. 1:13 - ("my wat vroeër ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof").  
- Ongeloof veroorsaak dat ons nie altyd ontvang wat aan ons belowe word nie - Heb_3:19  "En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie". Kyk ook  Jud_1:5  "Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het". 
- Somtyds kies gelowiges om ongelowig te wees, maar die Here wil he dat ons GELOWIG moet wees, en soos kindertjies moet glo!  Joh_20:27  Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig
- Die manier hoe iemand die woord ontvang, wys wat in hulle hart aangaan... Hand. 28:24  En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE:

Mat_13:58  En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie. 
Mat_17:20  En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. 
Mar_6:6  En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer. 
Mar_9:24  En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp! 
Mar_16:14  Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. 
Rom_4:20  En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee 
Rom_11:20  Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees. 
Rom_11:23  Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent. 
1Ti_1:13  my wat vroeër ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof
Heb_3:19  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie. 
Joh_20:27  Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig. 
Act_28:24  En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly. 

Jud_1:5  Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------