Wys tans plasings met die etiket ryk in die Here. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket ryk in die Here. Wys alle plasings

Donderdag 20 Maart 2014

Leen/Uitleen

In hierdie blogpost gaan ons spes. kyk na die onderwerp van "leen", of "uitleen", en kan gerus saam met die onderwerp van barmhartigheid behandel word - ( http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/barmhartigheid.html ); asook die onderwerp van "wees niemand iets verskuldig nie" - (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/wees-niemand-iets-verskuldig-nie.html).

- IS DIT REG OM GELD OF ENIGE IETS ANDERS VAN IEMAND TE LEEN?
- WATTER WETTE WAS IN PLEK RONDOM DIE ONDERWERP VAN "LEEN/UITLEEN"?
- EN IS DIT BV. REG OM RENTE TE TREK OP GELD WAT UITGELEEN WORD?
========================================================================

Die onderwerp van "om te leen" of "uit te leen" in die Bybel, was geensins iets om oor skaam te voel nie!  Inteendeel, daar was selfs wette rondom die onderwerp ingestel, bv.: 

- Eks. 22:25 - "As jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos ‘n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie";  
- Deut.24:10-12 - "As jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy in sy huis nie ingaan om sy pand te gaan haal nie, buite moet jy bly staan, en die man aan wie jy geleen het, moet die pand vir jou buitentoe uitbring. En as hy ‘n arm man is, moet jy met sy pand nie gaan slaap nie.........
- Deu 15:1-3 - "Aan die einde van sewe jaar moet jy ‘n kwytskelding laat plaasvind. En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van die HERE is daar ‘n kwytskelding uitgeroep. Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld".

Wanneer iemand iets geleen het en dit kry 'n ongeluk of iets, moes dit vergoed word aan die persoon van wie hy geleen het:  
-Eks. 22:14 - "En as iemand van sy naaste iets te leen vra, en dit kry ‘n ongeluk of gaan dood terwyl die eienaar daar nie by is nie, moet hy ten volle vergoeding gee".  Kyk die wonderwerk wat Eseg. vir die profete seuns gedoen het in 2 Kon. 6 toe iets wat geleen is onder die water verdwyn - 2 Kon. 6:1-7).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

JESUS SELF HET VIR ONS GELEER DAT ONS BARMHARTIG MOET WEES EN BEREID OM AAN MEKAAR UIT TE LEEN:

Matt. 5:42  "Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie" - natuurlik is dit in konteks met "die wat behoeftig is. nie die wat begeer nie!" (Eks. 20:17 -  "Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie....).  Oral in die Skrif was die konteks van uitleen, aan die behoeftiges (Deut. 15:8).  ONS MOET VERSIGTIG WEES WAAR "LEEN" TE DOEN HET MET "OPGAAR VAN BESITTINGS", "BEGEERTES" en "SELFSUG".......! -  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/gee-aan-hom-wat-jou-iets-vra.html.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die regverdige ontferm hom oor ander en leen aan die wat behoeftig is, maar die goddelose, alhoewel self leen, ontferm hom nie in die tyd van 'n ander se nood nie!

Psa_37:21  "Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee" 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE HERE VERWAG VAN ONS OM BARMHARTIGHEID TE BEWYS 
(- hierdie was nie net 'n O.T. begrip nie!)
DAAR WAS BAIE WETTE IN PLEK ONDER DIE VOLK OM SEKER TE MAAK DAT DIE ARMES NIE VERDRUK WAS NIE, (BV. DAT DIE BEHOEFTIGES DIESELFDE DAG HULLE LOON moes KRY); 
 OF DAT DAAR, WANNEER GEOES WORD, VAN DIE OES AGTERGELAAT moes WORD VIR DIE BEHOEFTIGES, (BV. WANNEER HULLE OLYWE GEOES HET, MAG HULLE NIE IN DIE TAKKE RONDSOEK OM DIT HEEL SKOON AF TE OES NIE, sodat daar oorbly vir die behoeftiges)    - SELFS WANNEER IEMAND 'N GERF VERGEET HET OP DIE LAND, MAG HY NIE OMGEDRAAI HET OM DIT TE GAAN HAAL NIE, SODAT DIT VIR DIE "VREEMDELING EN DIE WEES EN WEDUWEES KON WEES" (Deu 24:14-22). 
Deut.15:8 - "Maar jy moet jou hand wyd oopmaak vir hom, en jy moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek". 

En l.w. dat die barmhartigheid nie net bewys moes word aan bekendes nie, maar ook aan vreemdelinge!

Spr. 19:17 - "Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde".
('n Goeie vb. van die uitvoering van hierdie wette, kan gesien word in die boek van Ester).
DIT IS JUIS DIE PERSOON WAT BARMHARTIG WAS - EN UITGELEEN HET AAN DIE BEHOEFTIGE - WAT GESEEN WAS! -(Psa 112:5)  "Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg".
Psa_37:26  Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is ‘n seën.  - VGL. HIERDIE MET DIE ONDERWERP VAN BARMHARTIGHEID: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html;  en  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/barmhartigheid.html. Wanneer Jesus Christus terugkom, gaan Hy die skape en die bokke skei (skeiding tussen die wat barmhartigheid betoon het, en die wat nie barmhartigheid betoon het nie).
Bestudeer gerus die gelykenis in Luk. 19:11-27, 'n gelykenis wat Jesus vir hulle vertel het oor hoe die dienaars moet woeker met die geld wat Hy vir hulle gegee het, sodat dit rente trek, maar een dienskneg het sy geld weggesteek - Jesus se antwoord aan hom:  (Luk 19:23)  "Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het".  - Net soos die persoon wat rente trek op geld wat hy uitleen, so trek ons rente wanneer ons barmhartigheid bewys en aan ander uitleen.  (Joh 4:36)  En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. Net so gee die Here vir ons ook "ponde" - vir die een 10, en die ander een 5, en 'n ander 1, sodat ons moet handel dryf daarmee.  As iemand dit nou alles vir homself hou (soos die dienaar wat dit weggesteek het), gaan hy nie rente verdien nie! - (Luk 19:22)  "Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.Die rede hoekom iemand "meer ontvang" as 'n ander, is omrede vir barmhartigheid! - Spr. 28:8 - "Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm". Die Christen moet glad nie begeer om ryk te word nie, en as hy "ryk word", moet sy doel reg wees!  Die gevalle in die Skrif waar "opgaar" toelaatbaar was (bv. in die geval van Josef), was die rede omdat daar maer jare voorgele het - dus, om vir die behoeftiges te sorg (Gen. 41:33-36), of bv. om vir die kinders te sorg (2 Kor. 12:14).  Waar iemand al "sy" geld vir homself hou, terwyl broeders rondom hom in armoede lewe, moet so 'n persoon nie dink dat hy besig is om "vrug te vergader vir die ewige lewe" nie!!! (hy is besig om sy pond weg te steek).  Kyk weer na die gelykenis van die ryk man in Luk. 12, wie se grond goed gedra het... 
WAAR ONS WOEKER MET DIT WAT DIE HERE VIR ONS GEE (m.a.w. om nie terug te hou nie, maar te sorg vir die armoediges, en uit te leen aan die behoeftiges), raak ons ryk in die Here (verdien rente / vrug vir die ewige lewe) daarom verklaar Jesus dat die wat "eerste is, laaste sal wees, en die wat laaste is, eerste (Matt. 19:30).
(Luk 6:20)  Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
(Luk 6:21)  Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag.
(Luk 6:22)  Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
(Luk 6:23)  Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.
(Luk 6:24)  Maar wee julle, rykes, want julle het jul troos weg.
(Luk 6:25)  Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween.
(Luk 6:26)  Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.



VGL. ook HIERDIE MET: (Mar 10:21 - "En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My") - ... Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie... (Matt. 9:13)  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Deel van die volk se seen, was dat hulle nie sal hoef "te leen" nie, maar dat hulle eerder die sal wees wat "uitleen".  Deut. 15:6  "Want die HERE jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie".  Dit is omdat hulle "aan beheer" sal wees en oor baie nasies heers - die een wat leen, is soos 'n slaaf, maar die een wat uitleen, is die een in beheer (Spr. 22:7 - "Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is ‘n slaaf van die man wat uitleen").  Wanneer die Here die volk beveel het om barmhartig te wees, en uit te leen aan die behoeftiges, was dit veral in die konteks van "hoe hulle moet onthou hoe hulle slawe was in Egipte".  Daar was hulle die behoeftiges, die slawe - daar was oor hulle geheers. Dit beteken nie dat dit 'n skande is om op die plek te wees waar iemand anders oor jou heers, en jy die een is wat moet leen nie, maar die Here sal dit verander vir die wat Hom gehoorsaam en in Hom bly -  - DEEL VAN DIE  BELOFTE AAN DIE KINDERS VAN DIE KONINKRYK, IS DAT HULLE SO GESEEN SAL WEES, DAT HULLE NIE MEER SAL LEEN NIE, MAAR DIE SAL WEES WAT UITLEEN - Deut. 28:12 "Die HERE sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie".   Wanneer ons in hierdie lewe ervaar dat ons op die plek is waar ons moet leen, en behoeftig is, moet ons nie moed verloor nie, want:  (Luk 6:20 - "Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God").

Die een wat leen, is m.a.w. die ondergeskikte.  Deel van die vloek wat op die volk sou kom, sou hulle nie die Here gehoorsaam nie, is dat die vreemdeling by hulle hoër en hoër sou opklim oor hulle; en hulle laer en laer afsak - dit sou beteken dat hulle oor die volk sal heers, en die volk dus in die posisie wees waar hulle nie uitleen nie, maar self moet leen!  (Deu 28:43,44).  MAAR ONS MOET VERSIGTIG WEES OM HIERDIE EEN SKRIF TE NEEM AS 'N VB. OM TE BEWYS DAT IEMAND WAT IN SO 'N POSISIE VERKEER, "VERVLOEK" IS! - NEE, OM ARM EN BEHOEFTIG TE WEES, WORD GLAD NIE AS 'N VLOEK BESKRYF IN DIE N.T. NIE - OOK NIE AS 'N SKANDE NIE!  Bestudeer gerus my blogpost getiteld: http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html.  "Geseend" beteken nie noodwendig dat iemand volop het nie!  Selfs Paulus skryf oor hoe baie hy verdrukking moes ly, en honger gely het..... http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/sou-jy-paulus-nog-respek-betoon.html.....Die kind van die koninkryk is nie op die oomblik besig om te heers nie!, maar dit sal verander wanneer Jesus terugkom;  dan sal die kinders van die koninkryk die wees wat uitleen (en nie hoef te leen nie)!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ons voel somtyds aardig om iets by iemand te gaan leen wanneer in nood, maar die Here kan selfs daardie geleende goed gebruik om vir jou 'n wonderwerk te doen!:
2Kon. 4:3  "En hy sê: Gaan leen vir jou van buite af kanne, leë kanne van al jou bure; leen nie te min nie".

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wette rondom "uitleen":
Dit is verkeerd om rente te trek wanneer jy aan 'N BROEDER uitleen:
 Eks. 22:25 - "As jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos ‘n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie";  
Neh. 5:7 - "En ek het by myself beraadslaag en met die edeles en die leiers getwis en aan hulle gesê: Julle leen uit op woeker, elkeen aan sy broer! En ek het ‘n groot vergadering teen hulle belê".  

-NIE DAT "RENTE TREK" ALTYD VERKEERD IS NIE! -(Spr. 28:8) , MAAR IN DIE GEVAL VAN WAAR JY AAN 'N BROEDER LEEN, IS DIT VERKEERD OM RENTE TE TREK;  DIT was bv. NIE VERKEERD OM RENTE TE TREK WANNEER UITLEEN AAN 'N VREEMDELING NIE! (Deu 23:19)  Jy mag jou broer geen rente oplê nie, rente van geld, rente van eetware, rente van enigiets wat ‘n mens teen rente uitleen nie.(Deu 23:20)  Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die HERE jou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. - MAAR IN DIE GEVAL VAN 'N BEHOEFTIGE BROEDER, BUIT JY JOU BROEDER UIT EN LE 'N LAS OP HOM DEUR RENTE TE TREK, IN PLAAS VAN OM BARMHARTIGHEID TE BEWYS.  AS IEMAND SE REDE OOK REG IS HOEKOM HY RENTE TREK (m.a.w. vir die doel om barmhartigheid te bewys), DAN SAL HY TOG NOU NIE RENTE TREK OP IEMAND AAN WIE HY BARMHARTIGHEID BEWYS NIE!

'n Vers wat maklik verkeerd verstaan word, is Eseg. 18:13.  Wanneer jy dit alleen lees, lyk dit of dit iemand verbied om enigsins te "leen op rente", maar lees jy dit in konteks, is dit duidelik dat dit eerder verwys na mense wat "uitleen" op rente!  Eseg. 18:8 - " nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man".......Eseg. 18:13 - "op rente leen en woeker neem—sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom". INTEENDEEL, HIERDIE SONDE (van rente eis van 'n broeder wat by jou geleen het) WAS SO ERNSTIG IN DIE O.T., DAT DIE PERSOON WAT DIT GEPLEEG HET, BLOEDSKULD OP HOM GEHAD HET! Dit behoort steeds ernstig te wees, en waar 'n broeder aan 'n ander (behoeftige) broeder uitgeleen het op rente, behoort hy dit te bely en nie weer so te doen nie;  inteendeel, in die evangelie van die koninkryk moet ons geregtigheid oorvloediger wees!, en Jesus het vir ons geleer dat ons nie moet uitleen met die hoop om terug te ontvang nie!------------------------------------------------------------------------

MOENIE UITLEEN MET DIE HOOP OM TERUG TE ONTVANG NIE!
Luk_6:34  En as julle leen aan dié van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang.
Luk_6:35  Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

JESUS HET OOK GEBED VGL. MET SOOS WANNEER IEMAND BY JOU KOM LEEN... - 
Luk_11:5  "En Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal ‘n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode".....DIE HERE SE BARMHARIGHEID IS GROOT!, en net soos Hy van ons verwag om barmhartig te wees wanneer iemand van ons leen, so is die Here barmhartig wanneer ons in gebed iets vra!  

(Luk 11:6)  want ‘n vriend van my het van ‘n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie—(Luk 11:7)  en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie.(Luk 11:8)  Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het.(Luk 11:9)  En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.(Luk 11:10)  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.(Luk 11:11)  En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang gee;(Luk 11:12)  of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee?  MAAR ONS MOET VERSTAAN DAT DIE HERE NIE VIR ONS GEE WANNEER ONS VERKEERD BID, WAAR DIT GAAN OOR SELFSUG OF OPGAAR NIE...  (Jak. 4:3). 
Die vgl. hier is met "uitleen aan behoeftiges", net so antwoord die Here die behoeftige, DIE EEN WAT BID, SOEK, KLOP.... 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------