Wys tans plasings met die etiket skaamte ontbloot. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket skaamte ontbloot. Wys alle plasings

Donderdag 12 Maart 2020

Honger, dors, vreemdeling, naak, siek, opgesluit (5) - BEKLEDING

Vir die eerste 3 gedeeltes, gaan na:
inleiding
-  "honger"
-  "dors"

In volgende poste word ook die volgende onderwerpe behandel:
- "vreemdeling / herberg"
- "siek / ongesteld / gewond"
- "besoek gevangenis"
------------------------------------------------------------------------------------------------------------In hierdie gedeelte kyk ons spesifiek na die betekenis van BEKLEDING (veral na hoe die innerlike mens beklee word), bv.
- wat dit beteken wanneer iemand "beklee word met wit klere", of hom beklee met die nuwe mens,
- of wat dit beteken om (figuurlik) "naak" te wees of sonder klere, wat dit beteken wanneer iemand se klere bevlek is... ens.

Die tema kan deurgetrek word na die tema van BARMHARTIGHEID (dit die doel van hierdie reeks, maar meer in 'n geestelike kontks), bv., nie net die belangrikheid van uitdeel en sorg (bv. klere gee vir die wat dit nodig het) nie, maar ook wat dit sou beteken om vir iemand se innerlike mens klere te gee. Dit is m.a.w. barmhartig om die evangelie met mense te deel (Ef. 6:15), want die wat dit ontvang kan "beklee word met Christus" en dus die klere van heil kry wat hulle nodig het vir ewige lewe. Dit is bv. ook barmhartig om 'n broeder wat "naak" staan of die wie se klere bevlek is, te vermaan op tyd en in sagmoedigheid, want dit gee hom die geleentheid om tot bekering te kom (Jak. 5:20). Ons sien dus hier hoe "klere" op 'n geestelike manier deurgetrek word na die tema van barmhartigheid.

Net soos die uiterlike mens klere nodig het om homself te bedek (en sy naaktheid te bedek), net so het die innerlike mens "klere" nodig, want sonder klere sal die mens eendag skaam en naak staan voor die Here! Genooides wat eendag gaan deel in die bruilofsmaal vd Lam, het bv. die BRUILOFSKLEED nodig (anders word hulle uitgegooi) - "bekleding" verwys dus nie net na letterlike gewaad (m.a.w. klere vir die uiterlike mens)(of die toekomstige bekleding met 'n nuwe verheerlikte liggaam wat vir die Christen belowe word) nie, maar word ook figuurlik bedoel (verwysend na "bekleding vir die innerlike mens" - bv., wanneer iemand DIE NUWE MENS AANTREK,  of  hom "met Christus beklee"... Net soos die uiterlike mens vuil word en afwassing nodig het, net so het die innerlike mens afwassing nodig, bv. in geval met "bevlek met sonde"... - dit word o.a. beskryf as "KLEED BEVLEK" (Jud 1:23).
_________________________________________________________________________________
NAAK / KLERE:

Klere is belangrik want dit bedek iemand se naaktheid.
Hierdie is wel letterlik bedoel maar dit word ook figuurlik gebruik in die Skrif van hoe iemand (m.a.w. sy innerlike mens / die mens van binne) "klere" nodig het omdat sonde iemand naak laat (vgl. met Adam en Eva-sondig-naak; Gen. 2:25; 3:7)   (bestudeer gerus ook die tema van "skaamte ontbloot", wat nie net verwys na wanneer iemand "kaal" is nie. maar 'n term wat ook gebruik word waar die skaamte op 'n ongeoorloofde manier ontbloot word, bv. "hoerery" waar die skaamte aan 'n ongeoorloofde party ontbloot word... - Op dieselfde wyse kan afgodsdiens gesien word soos hoerery - geestelike hoerery - "skaamte ontbloot"...).   Die Christen se innerlike mens is bedek met KLERE, maar as hy nie sy klere bewaar nie, sal hy miskien uiteindelik naak rondloop en ander sal sy skaamte sien (Openb. 16:15).

Die geestelike betekenis van naaktheid in die Skrif gaan oor skaamwees en vernedering (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20 ens.) weens ONTBLOTING! (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). Die bewustheid van om naak te wees, en skaam wanneer ontbloot, is iets wat gekom het met die sondeval (Gen. 2:25; 3:7).  Hier sien ons dat die geestelike betekenis van "naak wees" te doen het met "sondig".

As iemand kaal uitgetrek is, dan staan hy heeltemal bloot vir almal om te sien. Op dieselfde wyse sal die wat (klere het maar) hulle klere nie bewaar nie, hulleself ook in hierdie skaam naakte posisie eendag bevind wanneer Jesus Christus terugkom (Openb. 16:15).  Kinders vd Here wat m.a.w. naak is a.g.v. sonde of hulle skaamte ontbloot het deur dinge soos afgodsdiens e.a. afgodspraktyke, moet hulle daarvan bekeer - op daardie manier is daar geleentheid dat hulle skaamte weer bedek word.  Om naak rond te loop, of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels vd wereld en volgens Paulus, "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13)...  Op dieselfde wyse sal die wat geestelik naak is a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof eendag skaam staan. Somtyds stap Christene rond soos mense "sonder klere" (bv. die wat in sonde stap...) - dieselfde soort beeldspraak word gebruik in Openb. 3 waarin die gemeente van Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is - hulle dink hulle is ryk en het aan niks gebruik nie, maar voor die Here is hulle soos mense wat nie klere aanhet nie en NAAK (vgl. met Jak. 5:1-7). Wanneer 'n Christen naak staan, het hy klere nodig! (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit kleredat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien").  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KLERE VIR DIE MENS VAN BINNE:

Net soos die uiterlike mens klere, kos en water ens. nodig het, net so het die innerlike mens dit nodig.
Bv., sonder kos en water sal die uiterlike mens doodgaan.  Op dieselfde wyse sal die innerlike mens doodgaan (verwysend na die tweede dood) sonder (die regte soort) kos en water. Die mens bestaan uit liggaam, siel en en gees, ja, maar ons moet onthou dat ons ook tweeledig van aard is en nie net uiterlik mens nie, maar ook innerlik mens.  Dit beteken dat "die mens van binne" dieselfde dinge nodig het as die uiterlike mens.  Bv., net soos die uiterlike mens asem nodig het om 'n lewende siel te wees, net so het die innerlike mens asem nodig...  Dit is dieselfde met KLERE.  Net soos die uiterlike mens klere nodig het om sy naaktheid te bedek, net so het die innerlike mens klere nodig om die naaktheid te bedek.  Die geestelike betekenis van "naak wees" gaan oor "sondig wees" of "bevlek met sonde". Almal word in sonde gebore - is dus "NAAK (en is dus verganklik). Hierdie tema sluit natuurlik aan by die tema van "gemeenskap" of "skaamte ontbloot" - bestudeer gerus hierdie tema om dit beter te verstaan: https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html.

As iemand nie die nodige klere aanhet wanneer Jesus Christus terugkom nie, sal hy skaam en naak staan.  Bv., as iemand nie die "klere van heil" (Jes. 61:10) aanhet of met Christus beklee is nie, hoe kan hy verwag om eendag te erf?  Die wat nie 'n bruilofskleed het wanneer Jesus Christus terugkom nie, sal ook nie kan deel in die bruilofsmaal vd Lam nie.  En al het iemand 'n kleed, is dit nie 'n goeie ding as die kleed bevlek is nie - m.a.w., Christene wat alreeds 'n kleed het maar hulle kleed bevlek het staan in gevaar om geoordeel te word, sou hulle hul nie bekeer nie. Hierdie is alles belangrike dinge om aan te dink wanneer daar aan "die mens van binne" gedink word, want natuurlik verwys "met Christus beklee" en "klere van heil" en "bruilofskleed" ens. nie na (letterlike) klere vir die uiterlike mens nie!, maar KLERE VIR DIE INNERLIKE MENS. Daar is beslis gevolge vir die wat eendag naak, sonder klere, voor die Here gaan staan.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die UITERLIKE MENS kan ook gesien word soos 'n BEKLEDING vir die innerlike mens:

Elkeen is "beklee" met VEL EN VLEES (Job 10:11) - die uiterlike mens kan dus gesien word soos 'n bekleding vir die innerlike mens. Die uiterlike mens kan o.a. ook gesien word soos 'n "huis" ("tentwoning" - 2 Kor. 5). "Vel en vlees" kan dus gesien word soos 'n BEKLEDING of 'n huis. Maar natuurlik is dit die tipe vlees waaruit iemand gebore word wat bepaal wat se soort bekleding of huis hy het bv., kinders van Adam (die wat gebore is uit Adam se saad) word gebore in sonde (die uiteinde van sulke vlees is die dood...)(is verganklike vlees)('n ander term wat somtyds hiervoor gebruik word is "vlees en been", wat terloops veral gebruik word vir "familie" - bv., wie is vlees en been van mekaar?). Die natuurlike mens is vlees en been van Adam, maar die geestelike mens is vlees en been van Christus Jesus ("lede van Sy liggaam / van Sy vlees en van Sy bene - Ef. 5:30).  Die ERFENIS is uit die wat vlees en been / familie is van Christus Jesus... (daarom het iemand nodig om "met Christus beklee" te word - gebore uit God...).  Maar natuurlik, in die geval vd geestelike mens verwys hierdie "vernuwing" nie na die uiterlike mens nie (want almal gaan steeds dood), maar verwys na die innerlike mens (die wat met Christus BEKLEE is;  alhoewel hulle ook die hoop het op opstanding eendag van die uiterlike mens, maar dan 'n nuwe soort "huis" of  "bekleding" - sien "verheerlikte liggaam" - 1 Kor. 15:54).  Die "geestelike mens" (die wat weergebore is uit water en Gees) se uiterlike is dus nog nie beklee met 'n nuwe liggaam nie, maar sy innerlike wel!  (vgl. hierdie gerus met wat die Christelike doop voorstel - o.a., "opstanding in 'n nuwe liggaam", wat nie net verwys na die toekomstige verheerlikte liggaam nie maar ook verwys na hoe die Christen alreeds opgestaan het in 'n nuwe liggaam - verwys dus na die mens van binne...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KLERE BEVLEK:

Kan na een van twee dinge verwys:
- MET BLOED BEVLEK (Lam. 4:14), of
- DEUR SONDE BEVLEK (Jud. 1:23).

Die wie se kleed "met bloed bevlek" is, verwys na die wat oorlog voer en kan in sekere gevalle 'n verwysing wees na die wat bloedskuld op hulle het, bv.(Lam 4:14 - "Noen. Blind het hulle deur die strate gewaggel, met bloed bevlek, sodat ‘n mens hulle klere nie kon aanraak nie"). Ander terme wat ook gebruik word is bv. "met oorlogsbloed bevlek (1 Kon. 2:5), hande met bloed bevlek (Jes. 59:3), klere met bloed bevlek (Lam 4:14), ens. Net soos klere waarmee die uiterlike mens bedek is bevlek kan word deur bloed, net so kan die bedekking vd innerlike mens bevlek word, bv. "deur sonde bevlek" - kyk volgende paragraaf.             In Jesus Christus se geval, waar Hy in Openb. 19:13 beskryf word  as bekleed "met 'n kleed wat in bloed gedoop was", verwys dit natuurlik NIE na die sonde "bloedskuld" (m.a.w.  a.g.v. moordpleeg) nie, maar verwys na regverdige oordeel: (Openb. 19:15 - "En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige") - en verwys in hierdie geval na hoe Hy sal kom "om te oordeel" (vgl. met Jes. 63:3).

Die begrip "deur sonde bevlek" verwys na wanneer iemand se KLEED MET SONDE BEVLEK is  (Jud 1:23 - "maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek (Gr. woord "spee'-los" - vuil merk) is".).In hierdie skrif is dit sonde wat veroorsaak het dat die kleed bevlek word (bestudeer gerus die tema van "besoedel/onrein").  M.a.w., dit verwys na iemand wie se kleed vuil geword het, maar na watter KLEED word hier verwys?  Natuurlik is hierdie nie bedoel van die kleed waarmee die uiterlike mens bedek is nie, maar vd innerlike mens. Om die kleed waarmee die Christen bedek is beter te verstaan, bestudeer gerus gelykenisse waarin Jesus so 'n soort beeldspraak gebruik het, bv. in die gelykenis van die verlore seun (Luk. 15:22), bruilof vd Lam (Matt. 22)("bruilofskleed") ens. (- kyk gerus ook ander beeldspraak waarin die begrip "klere" gebruik word in die Skrif, bv. wit klere waarmee die wat oorwin eendag bedek sal word). Kinders vd Here word gesien soos mense wat (elkeen met 'n kleed) bedek is, m.a.w. hulle naaktheid (wat a.g.v. sonde was) is bedek;  maar hulle moet ook toesien dat hulle nie hulle kleed bevlek/vuilmaak nie...!
Bestudeer gerus die tema van "met Christus beklee" - 'n begrip wat nie net daarna verwys dat Christene alreeds met Christus beklee is nie, maar ook verwys na hoe die Christen hom met Christus moet beklee.
 In Openb. 3, in die brief aan die gemeente van Sardis, word die wie se klere besoedel is beskryf as die wat die naam het dat hulle leef maar hulle is eintlik dood;  hulle werke was nie volkome voor God bevind nie want hulle het vergeet hoe hulle "dit" (die evangelie/waarheid...) ontvang en gehoor het en hulle het dit nie bewaar nie... - in die brief word hulle beveel om hulle te BEKEER en word ook verder beveel om "wakker te word" - asof hulle slaap! (bestudeer gerus die tema van slaap en die geestelike betekenis daarvan, asook die konneksie tussen geestelik "dronk" en aan die "slaap"). Hierdie is natuurlik baie gevaarlik (wanneer kinders vd Here SLAAP) want l.w. dat dit gewoonlik is wanneer mense "slaap" wat die vyand kom en onkruid (valse profete en valse leraars) onder die koring saai... ! (Matt. 13:25). Waar 'n Christelike kerk valse leringe begin aanneem en sulke valse predikers begin ontvang, is dit dus heel moontlik die gevolg van die feit dat daar mense in daardie kerk sit wat "slaap" en alhoewel die naam het dat hulle lewe, eintlik dood is. Hulle het vergeet hoe hulle dit ontvang en gehoor het en kom nie agter dat valse profete en valse leraars in die kerk insluip nie.  Dus, alhoewel sommige in die gemeente van Sardis ook eens tot bekering gekom het en wederbaar is, en die naam het dat hulle lewe, leef hulle soos mense wat dood is en nie die waarheid ken nie of leef nie daarvolgens nie... Dit is hierdie "aan die slaap" Christene wat die ervaring sal hê dat hulle nie gereed is wanneer Jesus terugkom nie, want vir hulle sal Sy koms wees soos 'n dief in die nag... (Openb. 3:3). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Donderdag 05 Januarie 2017

Gemeenskap / vleeslike gemeenskap / naaktheid

Die woord "gemeenskap" word gewoonlik gebruik in konteks met mense wat iets "deel"
(soos in Joh. 4:9; Hand. 2:42; 1 Kor. 1:9...), MAAR in sommige skrifte verwys die woord "gemeenskap" na "vleeslike gemeenskap"  (altans, in die Afrikaanse Bybel word die woord "gemeenskap" in hierdie konteks gebruik in die O.T., wat in die Hebr. beteken "om by iemand te lê" ("shaw-kab") - sommige skrifte gebruik woorde wat beskryf  "hoe die man by die vrou ingaan" Gen. 16:14, of wanneer " n vrou in 'n man se skoot gegee word" Gen. 16:5). 'n Ander woord wat ook gebruik word vir vleeslike gemeenskap (Lev. 15:18...) is die woord "beken" (Gen. 4:1; 4:17; 19:5...ens.).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Christen moet versigtig wees "waarmee" of  "met wie" hy gemeenskap het.
In die konteks van "vleeslike gemeenskap" is gemeenskap meestal slegs toelaatbaar in die huwelik (Heb 13:4 - "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel"). Sou iemand seks beoefen buite die huwelik, dan is hy besig om te hoereer en homself daardeur te VERONTREINIG (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/verontreinig-ontheilig.html).

Maar die Christen moet ook versigtig wees vir sekere ander vorme van "gemeenskap", bv.:
-  waar daar gedeel word in afgodsoffers (bv. in die teenwoordigheid van die wat die voedsel aan afgode offer), want dit veroorsaak dat so iemand GEMEENSKAP het MET DUIWELS! (1 Kor. 10:18-20).

-  waar daar in dieselfde juk getrek word met ongelowiges, in die sin van om saam met hulle te stap in ongeregtigheid, want in so 'n geval het die persoon GEMEENSKAP MET DIE DUISTERNIS! (2 Kor. 6:14)(1 Joh. 1:6)  en GEMEENSKAP MET DIE SONDES (1 Tim. 5:22)(in konteks met Ef. 5 gaan "gemeenskap met duisternis" oor hoerery, allerhande onreinheid, hebsug, gemeenheid, dwase en lawwe praatjies, gierigaards, afgodedienaars, die ongehoorsames, dronkaards (Ef. 5:11));  (Openb. 18:4).

-  gemeenskap met ongehoorsames (die Christen moet gemeenskap met 'n ongehoorsame broeder of suster vermy sodat die ongehoorsame skaam kan word) (2 Thess. 3:14)(l.w. dat dit hier spesifiek bedoel is in konteks met die wat reeds tot insig gekom het van hulle ongehoorsaamheid, en/of vermaan is, maar nog nie wil luister nie).

-  gemeenskap met die wat nie bly in die leer van Christus nie en 'n ander leer bring - so iemand moet nie in jou huis ontvang word nie en moet ook nie eens gegroet word nie, want dan het jy GEMEENSKAP MET SY BOSE WERKE (2 Joh. 1:11)(l.w. hier spesifiek in konteks gebruik met die wat nie bly in die leer van Christus nie -v.9- en die wat bely dat Hy nie in die vlees gekom het nie -v.7). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Watter vorme van "gemeenskap" is goed ?:
-  GEMEENSKAP MET ONSE HERE JESUS CHRISTUS en DIE VADER (1 Kor. 1:9; 1 Joh. 1:3); (1Jn_1:6  As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie).
-  GEMEENSKAP VAN DIE HEILIGE GEES (2 Kor. 13:14; Fil. 2:1).
-  gemeenskap deur die gebruik van die nagmaal (1 Kor. 10:16), want daardeur het die Christen GEMEENSKAP MET DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
-  GEMEENSKAP AAN SY LYDE (Fil. 3:10; 1 Pet. 4:13).
-  GEMEENSKAP TUSSEN GELOWIGES (Hand. 2:42; 1 Joh. 1:3)(-deur te deel in die leer, nagmaal en gebede)(-deur te deel in ons gemeenskap met die Vader en met sy Seun Jesus Christus (1 Joh. 1:3))(-deur te deel in die prediking van die evangelie (Gal. 2:9))(-v/d geloof (Fil. 1:6)). (1Jn_1:7  Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde)-  GEMEENSKAP AAN DIE EVANGELIE (Fil. 1:5)
-  gemeenskap tussen gelowiges t.o.v. besittings (m.a.w. waar hulle al hulle besittings met mekaar deel - BESITTINGS IN GEMEENSKAP)(Hand. 4:32).

(en natuurlik gemeenskap asook vleeslike gemeenskap binne die huwelik...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet verstaan wat gesien word as "gemeenskap", want nie oral waar iemand omgang of gemeenskap het met iemand/iets wat onrein is, beteken dit dat hy ook omgang het met sy werke nie!
'n  Afgodsoffer kan bv. nie die Christen onrein maak nie,  maar as dit geskied waar daar te kenne gegee is dat dit aan afgode geoffer is en/of saam met die persoon wat dit offer geniet word, dan kan 'n Christen onrein word daardeur en beteken dit inderdaad dat hy ook, net soos die persoon wat dit offer, gemeenskap het met die duiwels! (1 Kor. 10).  Hier kan ons duidelik sien dat dit te doen het met die GEWETE van die een wat dit offer (dit kan die gewete beinvloed van die een wat daarin deel) - 'n afgodsoffer is eintlik niks (want afgode is niks), maar die wat dit offer, offer aan duiwels omdat hulle die afgod hanteer asof hy iets is. As die Christen nou saam met die een wie se gewete besoedel is, eet asof die een wat dit offer se afgod "iets is", dan is hy besig om sy eie gewete te besoedel omdat hy deur sy optrede ook waarde heg aan die offer. Dit is soos wanneer mense waarde heg aan "werke" asof dit aanneming tot saligheid kan bewerkstellig. Diesulkes se "gewetens is besoedel" want hulle plaas hulle hoop in werke, soos wat hierdie persone wat die afgodsoffer geniet, hulle hoop plaas in die afgod asof dit iets is.  So iemand offer eintlik aan duiwels en die een wat die offer saam met hom geniet, het dan GEMEENSKAP met duiwels!   

Maar nie enige iemand met wie ons gemeenskap het beteken outomaties dat ons gemeenskap het met hulle werke nie, want om bv. te eet saam met 'n ongelowige, maak jou nie onrein nie (maar om te deel in hulle sondes, ja, dit sal jou onrein maak, en dan in so 'n geval het jy gemeenskap met hulle sondes).  Die Jode het bv. geen gemeenskap gehou met die Samaritane nie (Joh_4:9), of met heidene nie... (Luk. 5:29,30; Matt. 9:10,11; 11:19; Luk. 7:34...));  maar Jesus het iets anders kom wys.  Om te eet saam met heidene maak jou nie onrein nie, maar om te deel in hulle sondes, ja, dit is wat jou onrein maak.  Om saam met 'n ongehoorsame broeder of suster te eet kan jou ook nie onrein maak nie, maar die rede waarom dit belet word 2 Thess. 3:14 is nie sodat jy nie onrein word nie, maar is bedoel om die broeder skaam te laat kry sodat hy tot bekering kom. Sou jou omgang met hom egter wees asof sy sonde niks is, terwyl hy weier om sy sonde te bely, dan kan sulke omgang jou onrein maak want dit gaan weer hier oor die gewete!  Of sou jy bv. iemand toelaat om verdraaide leringe te leer (leringe wat nie bly in die leer van Christus nie)(hetsy Christene wat nie vashou aan die waarheid nie, of die wat 'n ander evangelie bring), dan het jy gemeenskap met hulle bose werke (1 Joh. 1:11), want as jy hulle toelaat om verdraaide leringe te leer asof jy waarde heg aan hierdie leringe, dan het jy tog natuurlik gemeenskap daaraan! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In sommige skrifte verwys die woord "gemeenskap" spesifiek na "vleeslike gemeenskap".  Enige iemand wat seks gehad het, word gesien as "besoedel", maar nie noodwendig gesien as "besoedel deur sonde" nie want in die huwelik word hierdie besoedeling nie gesien as "sonde" nie (1 Kor. 7:28);  maar in feitlik alle ander kontekste word "besoedeling dmv seks" wel gesien as "besoedeling deur sonde" (behalwe gevalle soos bewaring van nageslag (Deut. 25:5-10)). Ons moet verstaan die belangrikheid van hierdie onderwerp en hoe meeste "sondes gepleeg deur gemeenskap" bloedskuld veroorsaak, wat ook terloops "die land besoedel". Hierdie sondes moet ernstig opgeneem word en Christene wat sulke sondes pleeg, moet dit bely en neerlê want geen onreine (besoedelde) sal die koninkryk van God sien nie!

"Vleeslike gemeenskap" word in die volgende gevalle NIE toegelaat NIE:
- In geval van Hoerery (1 Sam. 2:22; Lev. 19:29; 1 Thess. 4:3; Kol. 3:5; Ef. 5:3; Gal. 5:19; 1 Kor. 6:13,18; 1 Kor. 5:1,9,10; Rom. 1:29; Hand. 21:25; Mark. 7:21; 1 Tim. 1:10; Hebr. 13:14; Openb. 21:8; 22:15).

Ander gevalle wat spesifiek genoem word en dus in sekere gevalle ook daarop wys dat diesulkes nie met mekaar mag trou nie:
-  Vleeslike gemennskap met jou naaste se vrou (dit geld ook in die geval van "verloof aan") (Lev. 18:20; 19:20; Num. 5:12,13; Deut. 22:22,23)(Hebr. 13:4; Rom. 2:22; Matt. 5:27,28);
-  Vleeslike gemeenskap met jou broer se vrou, en as 'n man sy broer se vrou neem (Lev. 20:21 geen kinders- vgl. met Ps. 109:13)(Matt. 14:3,4-vb. van Herodias; Luk. 3:19; Mark. 6:17);
-  'n Manspersoon wat vleeslike gemeenskap het met 'n ander man; of vrou met 'n vrou (Lev. 18:22; 20:13; Rom. 1:26,27,29)(Gen. 19:5-8)(verwysing Rig. 19:22-25)(Ef. 4:19; 1 Tim. 1:10; Jud. 1:7);
-  'n Man of vrou wat vleeslike gemeenskap het met 'n dier (Lev. 18:23; 20:15; Deut. 27:21);
-  As 'n man met sy vader se vrou gemeenskap het (Lev. 20:11; Deut. 20:30);
-  As 'n man met sy tante gemeenskap het (Lev. 20:20; Lev. 18:14);
-  'n Man wat met sy suster, of die dogter van sy vader of moeder gemeenskap het (Deut. 27:22; 2 Sam. 13:1,14; Eseg. 22:11; Lev. 20:17; 18:9);
-  'n Man wat met sy skoonmoeder gemeenskap het, of waar 'n man en sy seun gemeenskap het met dieselfde meisie (Deut. 27:23; Amos 2:7);
-  As 'n man met 'n vrou wat onwel is (en i.g.v. bloedvloeiing), gemeenskap het (Lev. 20:18; Eseg. 23:10);
-  As 'n man met sy skoondogter gemeenskap het (Lev. 20:12; 18:15; Eseg. 22:11)(maar in sekere gevalle toelaatbaar soos Deut. 25:5-10; Gen. 38.., ter wille van bewaring van nageslag;  -vgl. dit ook met dogters wat met vader gemeenskap gehad het sodat hulle die geslag in die lewe kon hou - Gen. 19);

Gevalle van verkragting (of waar 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n verloofde meisie of nie-verloofde jongmeisie):
-  In geval van vleeslike gemeenskap met 'n vrou wat 'n slavin is, vir 'n ander man bestemd, sonder dat sy ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is (Lev. 19:20)(hierdie geval was nie hanteer soos bloedskuld nie, maar die persoon het ook gesondig...).
-  In die geval van waar 'n man gemeenskap het met 'n meisie wat verloof is, is hulle altwee skuldig as die meisie geensins aandui dat sy ontevrede is terwyl die daad plaasvind nie (Deut. 22:23,24), maar as hy haar verkrag, dan is slegs die man skuldig (Deut. 22:25);  daarom, in geval van VERKRAGTING is natuurlik nie altwee skuldig nie, maar slegs die verkragter (Deut. 22:25);
-  In geval van waar 'n man gemeenskap het met 'n meisie wat nie verloof is nie (m.a.w. altwee het williglik gemeenskap), word dit van hom verwag om met haar te trou en mag hy haar nooit verstoot solank hy lewe nie (Deut. 22:28,29).

Uitsonderlike gevalle:
-  (Lev 18:6 - "Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE").  Hierdie wet word verskillend vervul in verskillende gevalle.  Kyk ons na die vb. van Gen. 19 waar die dogters gemeenskap het met hulle vader sodat hulle die geslag in die lewe kon hou, is dit baie soos die geval in Gen. 38 waar gemeenskap tussen 'n man en sy skoondogter toegelaat is terwille van om die geslag in die lewe te hou;   en ook Deut. 25:5-10 van gemeenskap tussen 'n man met sy broer se vrou (in hierdie geval waar die broer dood is), wat ook toegelaat is terwille van OM DIE GESLAG IN DIE LEWE TE HOU. Dit gaan dus hier oor die nakom van die tweede gebod en a.g.v. barmhartigheid waarom dit toelaatbaar is (kan vgl. word met hoe die Sabbat steeds geheilig word al doen iemand "werke uit barmhartigheid").  Vir die menslike geslag om voort te plant, moes die eerste mense met hulle naaste bloedverwante trou, maar later is iets anders verwag (Lev. 18:6).  Hier sien ons hoe sekere wette ook verskillend vervul word in verskillende tydperke ("bedelings"), maar l.w. dat dit die Here is wat besluit (nie mense nie!) wat toelaatbaar is en wat nie.

Waar die woord "beken" gebruik word:
-  Die woord "beken" is die Hebr. woord "yah-dah" wat beteken "om te KEN". Dit is eers wanneer twee mense wat in die huwelik is, mekaar kaal sien en gemeenskap het, wanneer hulle mekaar regtig "ken".  Dit is duidelik volgens Gen. 4:1 dat hierdie woord spesifiek verwys na vleeslike gemeenskap, want die skrif verklaar verder dat sy a.g.daarvan (a.g.v. "beken") swanger geword en 'n seun gebaar het.

-  Dieselfde woord word gebruik in Gen. 4:17 en 25, 38:26; 1 Sam. 1:19;  asook in Gen. 19:5,8 van die manne van Sodom wat die manne wat by Lot se huis ingegaan het (die 2 engele), wou beken. Dit is duidelik dat hierdie manne van Sodom nie net hoereerders was nie, maar ook geen probleem daarmee gehad het om as mans met ander ander mans omgang te he nie.

-  Dieselfde woord word ook gebruik in die geval van Matt. 1:25, toe Maria swanger bevind is uit die Heilige Gees, nog voordat sy en Josef bymekaargekom het - volgens v.25 het hy haar glad nie beken nie vir die hele tyd verder van haar swangerskap (selfs nadat hulle getroud is).

-  Op verskeie plekke word ook van jongmeisies wat nog maagde is die woorde gebruik:  "geen man het haar beken nie" (Gen. 24:16; Gen. 19:8; Rig. 11:39).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skaamte ontbloot:
(Hebr. woord "er-vaw" - "nakedness" / kaal)
Die begrip "skaamte ontbloot" gaan nie net oor om iemand kaal te sien nie, maar dit word veral gebruik in konteks met waar vleeslike gemeenskap verkeerdelik plaasvind (en verwys dus ook na gevalle waar mense nie toegelaat word om met mekaar te trou nie):
Bv.:   In die volgende gevalle mag jy nie iemand se skaamte ("nakedness") ontbloot nie:
- naaste bloedverwant (Lev 18:6)
- jou vader en moeder (Lev 18:7)
- die vrou van jou vader (Lev 18:8)
- jou suster, die dogter van jou vader of moeder / dogter van jou vader se vrou (Lev 18:9,11; 20:17)
- jou seun se dogter of dogter se dogter(Lev 18:10)
- jou vader se suster (Lev 18:12; 20:19)
- jou moeder se suster (Lev 18:13; 20:19)
- jou vader se broer, of sy vrou wat jou tante is (Lev 18:14)
- jou skoondogter (Lev 18:15)
- jou broer se vrou (Lev 18:16)
- 'n vrou en haar dogter (Lev 18:17)
- susters terwyl altwee in lewe (Lev 18:18)
- 'n vrou wat menstrueer (Lev 18:19)
Wat presies word bedoel met "skaamte ontbloot"?  
(Lev 20:11 - "En as ‘n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die skaamte van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle"  /  Lev_20:20 - "En as ‘n man met sy tante gemeenskap het, het hy die skaamte van sy oom ontbloot. Hulle moet hul sonde dra; sonder kinders sal hulle sterwe" / Lev_20:21 - "En as ‘n man sy broer se vrou neem, is dit bloedskande. Hy het die skaamte van sy broer ontbloot; sonder kinders sal hulle wees"). Buite-egtelike gemeenskap en hoerery veroorsaak dat dit wat veronderstel is om in die geheim tussen mense gedeel word, "ontbloot word" deur iemand wat nie veronderstel is om hulle naaktheid te sien nie. In die geval van die huwelik word dit toegelaat om mekaar se skaamte te sien.  In die huwelik behoort twee mense se skaamte aan mekaar, bv. (Lev 18:8 - "Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader"). In sekere ander gevalle, soos in die geval van waar 'n broer gemeenskap het met sy oorlede broer se vrou met die doel om sy naam te laat voortleef, word dit toegelaat dat hy sy broer se skaamte ontbloot.

Beeldspraak:
Vgl. dit met: Eseg. 16:36 - "So sê die Here HERE: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, en vanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het", (Eseg. 16:37)  daarom, kyk, Ek sal al jou minnaars versamel vir wie jy aangenaam was, en almal wat jy liefgehad het, saam met almal wat jy gehaat het; en Ek sal hulle van alle kante teen jou versamel en jou naaktheid vir hulle ontbloot, sodat hulle jou hele naaktheid kan sien".  Hier sien ons, alhoewel ook beeldspraak, die verband tussen "skaamte ontbloot" en "naaktheid". (Eseg. 23:18; Hos. 2:10).  Vgl. ook met die beeldspraak in Openb. 16:15 wat ook verwys na hoe die een wat nie sy klere bewaar nie,  blootgestel sal word...:  -(Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").

Naak/te:
Die bewustheid van om naak te wees, en skaam wanneer ontbloot, is iets wat eers gekom het net na die sondeval (Gen. 2:25; 3:7) - omdat hulle geeet het van die boom van die kennis van goed en kwaad (Gen. 3:11).  Hulle het m.a.w. die kennis gekry van goed en kwaad (Gen. 3:22).  Ons weet dat die straf vir hierdie "erfsmet" die (fisiese) dood is (Gen. 2:17) - dit moet egter nie verwar word met die tweede dood (wat die "vloek"/straf is vir daadsondes) nie. Die geestelike betekenis van naaktheid in die skrif gaan dus oor skaamwees en vernedering (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20...), weens ontbloting (en net soos iemand skaam is wanneer hy ontbloot word en dus naak is, so veroorsaak sonde dat ons skaam word wanneer die sonde ontbloot word en ons voel "naak"). As iemand kaal uitgetrek is, dan staan hy heeltemal bloot vir almal om te sien. As iemand nie sy klere bewaar nie, dan sal hy hom in hierdie skaam naakte posisie bevind (Openb. 16:15). Almal moet voor die oordeelstoel verskyn en die wat nie hulle klere bewaar nie, sal hulleself kaal bevind en hulle geheime ontbloot:  - (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").  Baie stap rond soos mense sonder klere - hierdie beeldspraak word gebruik in Openb. 3 waar die gemeente van die Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is.  Hulle dink dat hulle ryk is en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat nie klere het nie en is NAAK (vgl. met Jak. 5:1-7).  (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit kleredat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien"). (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit.html). ("Wit klere" verwys egter na die wie se klere nie besoedel is nie (Openb. 3:4; Openb. 7:13,14) en die wat oorwin het (Openb. 3:5)).

Toe Adam en Eva se "oë oopgaan" en hulle gewaar het dat hulle naak is, het hulle vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak (Gen. 3:7), maar die Here het vir hulle 'n uitnemender weg gewys en vir hulle rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek (Gen 3:21). Hier sien ons hoe barmhartig die Here is.  Ons moet ook barmhartig wees teenoor die wat (in nood) "naak" is en vir hulle klere gee (Jak. 2:15; Matt. 25:36,38,43,44). Om naak rond te loop of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels van die wêreld en volgens Paulus, "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13)(en op dieselfde wyse "geestelik" sal die wat "naak" is a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof, eendag hanteer word soos die afskraapsel van almal).  Selfs in die lewe vandag waar ons baie naaktheid sien in die media, is dit steeds ongehoord om kaal in die publiek te verskyn.  Dit is net eenvoudig nie geoorloof nie, en dit was nooit geoorloof nie - kyk maar die vb. van Noag wat dronk en naak in sy tent gelê het (Gen. 9:21-28).  Sem en Jafet het hom bedek sonder om sy naaktheid te kyk, maar Gam het die ander broers geroep om Noag se naaktheid aan te sien, en vir hierdie optrede was Gam vervloek. Vir iemand om naak rond te loop is 'n skande. So sal die wat eendag naak voor die Here staan, in skande wees...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------