Woensdag 30 Mei 2012

Is jy 'n geseënde?

VIR DAGSTUKKIES WAT OOK HIERDIE ONDERWERP INSLUIT, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waarseery-in-die-kerk.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/wat-het-logika-daarmee-te-doen_29.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Meeste van ons is bekend met Jesus se bergpredikasie in Matt. 5:
 "Salig is die wat arm van gees is", "salig is die wat treur", "salig is die sagmoediges....."  - die woord "salig" in die skrifgedeeltes beteken, "geseënd" (Grieks:  makarios),  of "gelukkig","goed daarvan af" - meer bekend by ons as "voorspoedig".  


Sonder dat meeste Christene besef, is hulle begrip van "geseënde" heelwat verskillend van wat die skrif ons leer 
(of van wat Jesus vir ons geleer het!). 
 Jesus het bv. die stelling gemaak:   "Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele" - (Matt. 5:10);  tog glo baie Christene vandag dat as jy 'n geseënde is van die Here , Hy hulle nie onder verdrukking sal laat ly nie!  

Jesus het ook gese:  "Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil" - (Matt. 5:11);  tog sou baie Christene dit sien as 'n skande wanneer daar valslik stories oor iemand versprei word om Sy ontwil, en Christene glo liewer die leuen as wat hulle 'n broeder of suster onderskraag wat deur so iets gaan.  

Hy het ook gese:   "Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele"- (Matt. 5:3);  tog sien die mens nie die wat "arm van gees" is as die "kragtiges" nie, maar eerder die wat kragdade doen of groot leiers is.

Dit is duidelik dat baie Christene vandag 'n verdraaide siening het van wat "geseend' beteken en daaroor "dink soos die wereld daaroor dink".  Die ergste is dat daar vele valse leerstellings gebou is op hierdie verdraaide sienings, bv. die "name en claim" en heelwat ander "voorspoed"- leringe.  Daarom glo mense ook eerder aan 'n wegraping VOOR die verdrukking, en oorweeg nie eens 'n moontlikheid dat Christene ook aan verdrukking blootgestel gaan word in die eindtye nie.  Daar is baie verkeerde "oordeel" in die kerk t.o.v. die toestand waarin mense verkeer m.a.w., as iemand finansieel swaarkry, word hy nie gesien as 'n geseende nie;  of as iemand beledig word ter wille van sy geloof, hy nie gesien word as 'n geseende nie... Ja, die Here wil vir Sy kinders sorg, Hy wil ons gebede beantwoord en Hy wil ons beskerm teen ons vyande, maar OM TE LY, is ook 'n voorreg vir die ware Christen: (1Pe 3:12-14) -" Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.  En wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie?  MAAR as  julle ook "moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle dan!"   

Kom ons kyk na nog 'n paar skrifte? :
(Mat 5:4)  Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
(Mat 5:5)  Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.
(Mat 5:6)  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
(Mat 5:7)  Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
(Mat 5:8)  Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
(Mat 5:9)  Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
(Mat 11:6)  En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie. (ook Luk. 7:23)
(Mat 16:17)  Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
(Luk 6:20)  Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
(Luk 6:21)  Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag.
(Luk 6:22)  Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
(Luk 11:28)  En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
(Joh 13:17)  As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.
(Joh 20:29)  Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.
(Jak. 1:12)  Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
(Openb. 22:14)  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

DIE PRENTJIE VAN "GESEENDE" IN DIE NUWE TESTAMENT, is 'n prentjie van VERDRUKTES, HONGERES, GELOWIGES, GEHOORSAMES, ARMES , BELEDIGDES, SAGMOEDIGES, TREURIGES, GETOETSTES......  Dit is egter anders as die prentjie van meeste wat dit sien as geluk, rykdom, eer, status, besittings, genietinge, voorspoed in die wereld, geliefd, valse vrede, (wereldse) wysheid ens.    Wat die skrif ons dus leer hieroor, is dat, om bv. honger te wees,  EINTLIK 'N BEDEKTE SEEN is!  Om verdruk te word, 'n seen is.  Om gehoorsaam te wees, 'n seen is....

Meeste Christene se begrip van "seeninge", is net die van "beloftes" in die Bybel.  Ja, daar is baie beloftes: (-Jak. 1:25 - "hy......sal gelukkig wees in wat hy doen");  (Joh. 15:7 - "sal julle vra net wat julle wil he, en julle sal dit verkry");  (Matt. 6:30 - "As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en more in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?");  ...en so meer, en dit kan seker ook gesien word as seen, maar ons moet verstaan dat
"seeninge" meer 'n toestand is waarin iemand verkeer, terwyl "beloftes" iets is waarnatoe iemand werk.  As Christus dan nou verklaar, "salig (geseend) is julle wanneer die mense julle verstoot" (ter wille van Hom)  - dan beteken dit dat om in daardie toestand te verkeer "waarin mense jou verstoot ter wille van die waarheid, geregtigheid ens.", 'n seen is - so iemand moet gesien word as 'n geseende!
Dit gaan nie oor om die Here te "herinner aan Sy beloftes" soos baie glo nie, nee, want deur net te hamer op "beloftes", beweeg mense om net hulle aandag te vestig op dit wat hulle uit Christenskap kry, nie dit wat van hulle verwag word nie. Dit moet nie gaan oor die SELF NIE, maar oor die Here se wil.  Die probleem waarmee baie Christene vandag sit, is dat hulle self in beheer wil wees van hulle lewe en van besluite - dus kan hulle nie altyd die Here vertrou nie, omdat hulle nie Sy wil in die eerste plek gesoek het nie!

"Nood" moet gesien word as 'n seen, want dit dwing iemand tot gehoorsaamheid aan Christus (sodat hy die beloftes deelagtig kan raak);  dit dwing iemand om die Here te vertrou (sodat hy die beloftes deelagtig kan raak);  dit dwing iemand om meer tyd in gebed te spandeer (sodat hy die beloftes deelagtig kan raak).  In baie kerke word mense met finansiele probleme, sekere siektes ens., gesien as swakkelinge en sommige skryf dit selfs toe aan demone!    Daar word selfs geleer dat alle Christene veronderstel is om   finansiele voorspoed te he en dat dit die wil van die Here is vir hulle. Baie Christene beweer dat hulle niks met hierdie leerstellings te doen wil he nie, tog kyk hulle neer op ander wat "swak"  voorkom. (dit moet nou nie verwar word met die wat "swak is in die geloof" nie - 1 Kor. 8 - met wie ons in elk geval ook verdraagsaam moet wees!)

   Die skrif leer ons egter iets anders, nl. dat, wanneer jy SWAK is, die Here sterk is deur jou!  Daarom skryf Paulus:  (2 Kor. 12:9,10) - "En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk".So hoekom sien mense deesdae "swakheid" as 'n skande?  Dit is hoe die wereld "sien", ja, maar dit is nie hoe die Christen moet sien nie.  Die mensdom is gekondisioneer om anders te dink en by 'n stelsel in te pas waar daar spesifieke dinge verwag word en op die neergekyk word wat nie so goed inpas nie.  Dit dwing mense om te probeer leef volgens sekere standaarde en hulleself deurgaans te meet met ander mense. Die Christen is veronderstel om, ja selfonderhoudend te wees, maar in dit afhanklik te wees van die Here en tevrede te wees. Die Christen moet ook daagliks na die wil van die Here soek, selfs sou dit verskil van die algemene norm.   As die Christen begin sien "soos die wereld sien", dan kan hy niemand help nie, want hyself ken dan nie die antwoord nie.   Geen wonder daar word so min getuig nie, want min mense het enige getuienis, omdat hulle meer afhanklik is van hulleself as van die Here. Christene wat "sien soos die wereld sien",  bid volgens eie begeertes, wat hulle wil he of wil he die Here vir hulle moet doen, "sodat hulle kan voldoen aan die eise van die wereld en van ander mense", ook eie begeertes. Dan gaan dit nie meer oor die wil van die Here nie.  Sonder dat baie Christene besef, het hulle alreeds ingeval by die antichristiese stelsel.  Hulle sieninge is gebaseer op die manier hoe die wereld sien, en nie hoe die Here sien nie.     



As ons "seening" met "beloftes" wou vergelyk, moet ons verstaan dat, vir feitlik elke belofte in die Bybel, daar ook  voorwaardes is.  Mense soek die beloftes, maar  stel nie belang om die voorwaardes na te kom nie of om gehoorsaam te wees aan die Here nie.  God soek nie net offers nie, Hy soek gehoorsaamheid. (1Sa 15:22 - " Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme").
 So "dien" baie Hom net vir die beloftes, vir wat hulle kan kry uit die "deal", maar hulle spandeer nie die nodige tyd met Hom nie, begeer nie Sy wil in hulle lewens nie en soek nie daagliks na die Here se wil nie, maar neem besluite soos hulle goeddink en stel nie regtig belang in wat die skrif werklik se nie, maar plaas hulle hoop in leringe wat hulle in hulle gehoor streel. 

Kyk bv. na Jak. 1:25 (...dat hy gelukkig sal wees in wat hy doen...):  - "Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly (VOORWAARDE), hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen (BELOFTE)". 

 (Joh 15:7)  As julle in My bly en my woorde in julle (VOORWAARDE), sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry (BELOFTE).  

 (Mat 6:24,25)  "Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie! (VOORWAARDE)  DAAROM sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe (VOORWAARDE)—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? (Mat 6:30-32)  As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?  Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?  Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het"(BELOFTE).  -hoekom kos en klere kry?  -omdat hy nie dinge van die wereld begeer nie - konteks van die skrifte:   (Mat 6:19-21 - "Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees" - dit is hoekom Jesus dit gese het.  Dit was in konteks met dat ons nie onnodige goed moet begeer nie! ( (Fil. 4:6)  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God; (Jak 4:3)  Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.)  Ons kwel ons onnodig oor dinge wat ons nie nodig het nie, want ons is te veel ingestel op wat ander van ons dink en "om sterk voor te kom".  Dit is juis wat miljoene mense gaan beweeg om agter die Antichris aan te gaan;  deurdat hulle by die stelsel inval en die sieninge van die wereld.  Die Christen is veronderstel om "te sien soos die Here sien".

(1Jn 5:14)  En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor (BELOFTE) as ons iets vra volgens Sy wil (VOORWAARDE).

(1Jn 3:22)  en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom (BELOFTE), omdat ons sy gebooie bewaar (VOORWAARDE) en doen wat welgevallig is voor Hom (VOORWAARDE).

...en so meer.

'n Goeie voorbeeld van "beloftes en voorwaardes", is 1 Sam. 4-7.  God het baie beloftes aan die volk gemaak, (maar met voorwaardes).  In 1 Sam. 4 sien ons hoe die volk staatmaak op die Here se belofte dat Hy vir hulle sal help in die geveg - hoe hulle selfs die ark van die verbond inbring in die laer:  (1Sa 4:5-7) - "En net toe die verbondsark van die HERE in die laer inkom, hef die hele Israel ‘n groot krygsgeskreeu aan, sodat die aarde gedreun het.  En die Filistyne het die geluid van die gejuig gehoor en gesê: Watter geluid van ‘n groot krygsgeskreeu is dit in die laer van die Hebreërs? Toe verneem hulle dat die ark van die HERE in die laer gekom het.  En die Filistyne het bang geword, want hulle het gesê: God het in die laer gekom! En hulle het gesê: Wee ons, want so iets het gister en eergister nie gebeur nie", en met 'n skrygsgeskreeu, in so 'n mate dat die aarde gedreun het en die Filistyne bang geword het omdat die ark vir hulle gesimboliseer het dat God in die laer ingekom het.  Die Filistyne het op daardie oomblik geweet dat die Here aan die Israeliete se kant is - MAAR WAT HET DAARDIE DAG REGTIG GEBEUR?  WAS DIE HERE AAN HULLE KANT?  HET HY HULLE GEHELP?  -  Nee!!!  (1Sa 4:10)  "Toe het die Filistyne geveg, en Israel is verslaan, sodat hulle gevlug het, elkeen na sy tente toe. En die slagting was baie groot: van Israel het daar dertig duisend voetgangers geval".  Israel het voorgekom of hulle IN KRAG stap, maar hulle het nie.  Hoekom nie?  - a.g.v. ongehoorsaamheid.  Hulle harte was nie reg nie en hulle het nie vir God alleen gedien nie.  (1Sa 7:3)  Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen (VOORWAARDE); dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne (BELOFTE).  Party Christene klink ook vreeslik luidrugtig en gee baie aandag aan optredes en kragtige woorde, maar God kyk na die hart !  Dit is juis waarom Jesus vir ons geleer het: (Mat 7:20,21) - "So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is".


(Openb. 22:14)  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.  Ook die seen van die ewige lewe, is gekoppel aan "gehoorsaamheid" (om die voorwaardes na te kom). (Joh 3:16)  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo (VOORWAARDE), nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (BELOFTE). (Joh. 17:3).

Openb. 2:7 "...aan hom wat oorwin, sal Ek gee..."
Openb. 2:11 "...die wat oorwin, sal..."
Openb. 2:17 "...aan hom wat oorwin, sal Ek gee..."
Openb. 2:26 "En aan hom wat oorwin en My werke tot die einde bewaar, sal Ek..."
Openb. 3:5  "...wie oorwin, sal beklee word..."
Openb. 3:12  " ...wie oorwin..."
Openb. 3:21  "...aan hom wat oorwin, sal Ek gee..."

 "Beloftes" is nie 'n Christelike REG nie, dit word verdien.

Telkens hier, word die beloftes ook genoem:  bv. (Openb. 2:7) "...Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is".  (Openb. 2:11) "...Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie".  (Openb. 2:17)  "...Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang".(Openb. 2:26)  "En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee". (Open. 3:5)  "Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele". (Openb. 3:12)  "Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam". (Open. 3:21)  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
 (Openb. 3:22)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.  
In bogenoemde gedeeltes, praat Jesus reguit met verskeie gemeentes en le die VOORWAARDES neer om hierdie beloftes deelagtig te raak.  Hy praat ook skerp teen aanhoudende sondes in die gemeentes en maak dit duidelik dat net "die wat oorwin", die beloftes deelagtig sal raak. - (Openb. 2:4,5) " Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.  Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie". (Open. 2:16)  Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond. (Open. 3:3)  Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.(Open. 3:11)  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.....  

(Jak. 1:2)  Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
(Jak. 1:3)  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
(Jak. 1:12)  "Salig is die man wat versoeking verdra (VOORWAARDE), want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang (BELOFTE) wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet (VOORWAARDE)".  Vele Christene stap in aanhoudend opsetlike sonde. Jakobus se aanslag op versoekinge, moet skokkend wees vir die persoon wat sukkel om opsetlike sonde af te skud, tog le daar 'n groot antwoord opgesluit in sy sienswyse.  "Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val..." -  die Christen moet versoekinge nie sien as 'n manier "om te sondig" nie, maar eerder as 'n geleentheid om NIE TE SONDIG NIE.  Dit kos lydsaamheid en geloof. Dit gaan nie altyd maklik wees vir die Christen nie.  Inteendeel, dit is logies dat dit moeilik moet wees! Die Christen wat versoeking kan verdra, is die geseende! (nie die een wat voortstap in aanhoudend opsetlike sonde en die "Here probeer herinner" daaraan dat hy eens Hom aangeneem het nie!).

*Deesdae word 'n bree pad vir Christene voorgestel (deur baie kerke!) waarop valse vryheid en vrede en rykdom en sekuriteit. 
*Die ware Christen, sal bereid wees om die nou pad te stap, versoekinge te verdra en die godsaligheid najaag - dit is die "ultimate" bewys van of iemand regtig die Here liefhet - ook is dit die "ultimate" getuienis - dit is die pad van godsaligheid waarop die Christen hom/haar bevind.

DUS:  OM DIE BELOFTES DEELAGTIG TE RAAK, MOET ONS DIE VOORWAARDES NAKOM.           MAAR:  - SOMTYDS "LY" ONS,
- NIE OMDAT ONS NIE DIE VOORWAARDES NAGEKOM HET NIE,
- MAAR OMDAT ONS
           OP 'N PAD VAN GODSALIGHEID IS!!! 
*  Die Here voorsien definitief vir die wat Hom liefhet en Sy voorwaardes nakom, maar somtyds ly iemand ter wille van die evangelie (so het die dissipels somtyds honger gely ter wille van die evangelie, of is geslaan ens.).
*  "En wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie?  Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle". (1 Pet. 3:14)


Die gemeente van Smirna is 'n voorbeeld van ware Christenskap, mense wat die werke ook het, nie net die geloof nie, wat verdrukking en armoede en lastering ervaar en kan onderskei tussen ware en valse - TOG, DINK DIE HERE DAT HULLE OP DIE PROEF GESTEL KAN WORD (tot die dood toe) !  -  
(Openb. 2:10)  "Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee".  (Dit is interessant hoe sekere Christene vandag leer dat die Here nie Sy ware kinders deur verdrukking sal laat gaan in die laaste dae nie - diesulkes is nogal verwaand genoeg om te reken dat die openbaring "net aan ware kinders van God geopenbaar word, en dat die wat glo ons sal moontlik deur verdrukking gaan, die is wie se verhouding met die Here, nie op datum is wanneer Hy terugkom nie" - dit is duidelik onskriftuurlik en die wat sulke aantuigings maak, verkies duidelik nie om die nou pad te stap nie)-Natuurlik kan enige kind van God op die proef gestel word en doodgemaak word vir hulle geloof -ook in die laaste dae! 

 Dit is dus duidelik uit die skrif dat die wat tekortkom en die wat ly, en arm van gees is, ens., m.a.w. "DIE WAT SWAK IS"  eerder die "geseendes" is, dieselfde word nie gese van die wat voorspoedig in die wereld voorkom nie;  ook nie van die wat status het  of wereldse geleerdheid nie!!!   

(Luk 6:22)  Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.  Die Christen is veronderstel om verstoting en belediging (ter wille van Sy naam), te verdra.  Jesus moes self hierdie beledigings ervaar, dat Sy naam weggegooi was soos iets wat sleg is en gehaat is tot die dood toe!  Die dissipels het dieselfde pad gestap en het selfs by tye honger gely en is verstoot deur baie (1 Kor. 4:11-3 e.a.).  DIT IS DEEL VAN DIE NUWE TESTAMENT!  Jesus het self gese:   Joh 15:20 - " Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar".(Mat 5:12)  Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.


(2Ti 3:12)  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.  Dus, AL IS DIT ONREGVERDIG, is dit die prys wat ons betaal om die nou pad te stap;  om die seeninge wat daar vir ons in stoor is, deelagtig te raak. " In die nuwe testament is "bereidheid" amper soos 'n voorwaarde vir "seening", waar die ware gelowige "bereid is om te ly" of "om vervolg te word" ter wille van Sy naam ("...en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede...)
 'n Dienskneg is nie groter as sy heer nie" - hoekom is daar soveel Christene wat reken dat dieselfde onregverdigheid wat daar teen hulle Heer gerig was, nie hulleself toekom nie? Dit gaan nie oor regverdig of onregverdigheid nie.  Die feit dat die dissipels somtyds honger gely het, het nie beteken dat hulle nie geseendes was nie!  Of dat hulle nie oor die nodige geloof beskik het nie!  Of dat hulle nie al die voorwaardes nagekom het nie!  Ons moet verstaan dat daar ook 'n plek is waar ons gaan LY ter wille van Sy naam. So moet ons dit sien:  die dissipels was "geseendes" OMDAT hulle bereid was om honger te ly, vervolg te word ens. ter wille van hulle geloof, omdat hulle nie materialisties ingestel was nie, omdat hulle arm van gees was... hulle was swak, maar sterk in Christus!   Let ook daarop, dat Jesus nie ag gegee het op besittings en rykdom en eer en status nie.  Hy het ook die voorbeeld van 'n dienskneg voorgestel - Hy, die geseende!   Baie Christene "sien" vandag "soos die wereld sien" en hulle beoordeel mense op besittings, voorkoms, status, wereldse kennis ens.  Die dinge was nie vir Jesus belangrik nie en dit is nog steeds nie!  Inteendeel veroorsaak die onbalans onnodige "kwellinge" en "vrese" en "bekommernisse".    Jesus  het sterk gepreek TEEN begeertes en rykdom en die opgaar van besittings en onnodige kwellinge van die lewe en Hy het seker gemaak dat Sy volgelinge verstaan dat hulle ook vervolg sou word, net soos Hy vervolg is. 
Selfs in die O.T. was die profete, wie gevul was met die Heilige Gees, nie veel ingestel op die materiele nie - hulle eerste doel was om die wil van God te soek.  Iemand wat die Heilige Gees van God het, "kyk anders" na die lewe.  Hulle begeer eerstens die wil van God en is nie gepla met dit wat vir die wereld belangrik is nie.  Die dissipels en eerste kerke was 'n goeie voorbeeld daarvan, terwyl hulle baie saamgebid het, alles met mekaar gedeel het (selfs  materiele), in die Gawes van die Heilige Gees gestap het en nie stilgebly het oor die waarheid nie.  


Hoe herken jy 'n geseende?
-dit is die wat bereid is om te "ly" ter wille van die Here; die wat arm van gees is; die wat vergenoeg is met hulle omstandighede; wat versoeking kan verdra en wie se oe op die Here gerig is, nie op wereldse begeerlikhede, besittings, rykdom en eer nie; die wat honger en dors na die wil van die Here en Hom gehoorsaam is; die wat nie aanstoot aan Hom neem nie.....die wat bereid is om die nou pad te stap.



Is jy 'n geseënde?



(Mat 7:14)  "Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind".

Geen opmerkings nie: