Vrydag 04 November 2016

Die Besnydenis (2) - Besnydenis van hart en ore

 Die onderwerp van die "besnydenis" gaan nie net oor die 
"besnydenis van die vlees" nie, maar ook oor (en VERAL OOR) die
"besnydenis van die hart" (en ore)

VIR DIE VORIGE POS OOR HIERDIE ONDERWERP, WAARIN DIE "BESNYDENIS VAN DIE VLEES" VERAL BEHANDEL WORD, GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html

In hierdie pos gaan ons stilstaan by die tema van die "besnydenis van die hart".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die dood is anders vir die onbesnedenes (Eseg. 28:10) as wat dit is vir die wat besny (1 Kor. 7:18; Gen. 17:4-9) is , want onbesnedes gaan na die onderste plekke van die aarde, in die doderyk, in die kuil waar daar geen hoop is op opstanding nie... ( Eseg. 32:19,27...)(Jes. 38:18). (Psa 143:7 - "Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie")

Die begrip "onbesnedenes" verwys na die wat nie deel is van die volk van God nie - in die O.T. het dit dus verwys na die heiden nasies.  Die begrip "besnedenes" verwys na wie dit is wat REGVERDIG gemaak word (en dus hoop het op die opstanding tot lewe). Maar natuurlik verwys "onbesnedenes" nie net na die wat nie deel is van die Hebreeuse volk nie, maar meer spesifiek na die wat onbesnede is van hart!  Selfs in die O.T. was hierdie 'n besliste feit, want alhoewel die besnydenis aan die vlees onder die seuns vd volk verwys het daarna dat hulle God se volk is en Hy hulle Here, was hulle steeds soos onbesnedenes in die Here se oë sou hulle onbesnede wees na hart! (wat natuurlik verwys na die met ongehoorsame of ongelowige harte)(Jer. 4:4; 9:26; Deut. 10:16).  Die "besnydenis van die vlees" was slegs 'n TEKEN van die "ware jakob";  dus al sou iemand hierdie teken verkry, maak dit hom alleen nie 'n uitverkorene nie, want dit is eintlik sy hart wat sal getuig of hy regtig 'n "besnedene" is of nie! - m.a.w., dit is eintlik GELOOF (en dus ook gehoorsaamheid) wat bepaal of iemand regverdig word of nie (Rom 2:28)  Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;(Rom 2:29)  maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God. God kyk na die hart. Dit het dus nooit regtig gegaan oor die vleeslike besnydenis (wat slegs 'n teken was) nie, alhoewel dit nodig was om die volk apart te stel van ander volke. 

DIE TEMA VAN "BESNYDENIS" gaan eintlik meer presies oor die 
"BESNYDENIS VAN HART EN ORE".  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die N.T. verstaan ons goed waaroor die TEKEN van die vleeslike besnydenis gegaan het -  enige iemand uit enige stam, nasie, volk, taal (dus ook die wat in die O.T. gesien is as "onbesnedenes") word deur geloof deel word van DIE VOLK VAN GOD (Rom 3:30)  aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.(Rom. 4:9,10).  Daarom is dit GELOOF wat bepaal of iemand gesien word as 'n BESNEDENE of as 'n ONBESNEDENE .  Nie almal wat GEROEP is in die O.T. en deel was van die volk  (waarvan die vleeslike besnydenis onder seuns 'n teken was) sal op die ou end uitverkies word nie - baie is geroep ja, maar min is uitverkies (Matt. 22:14) - op dieselfde wyse is nie alle GEROEPENES in die N.T. (waarvan die Christelike doop o.a. 'n teken...) ook UITVERKIES nie, want dit is elkeen se hart wat bepaal wie gesien word as "besny" en wie nie (Ef. 2:11-13) - elkeen se hart sal wys of hy glo of nie, of hy gehoorsaam is of nie... - en sal dus wys wie is werklik "besny"! (Kol. 2:11-13). 

DIE BESNEDENES IS DIE VOLK VAN GOD, EN ALHOEWEL "die volk van God" STEEDS gesien word as DIE KINDERS VAN ABRAHAM, IS DIT NIE NET DIE WAT UIT DIE HEBREEUSE VOLK GEBORE WORD WAT GESIEN WORD AS DIE KINDERS VAN ABRAHAM NIE, MAAR ENIGE IEMAND UIT ENIGE NASIE, STAM, TAAL, VOLK, KAN DEUR DIE GELOOF DEEL WORD VAN DIE KINDERS VAN ABRAHAM (waarvan die Christelike doop o.a. 'n teken is)(Gal. 3:27)(en dus word "onbesnedenes" deur die geloof "besnedenes")(Gal. 3:7,28,29; Rom. 4:13,16)Christene wie se harte egter getuig dat hulle steeds onbesnede is (al is hulle Christelik gedoop), sal soos onbesnedenes geen hoop hê op opstanding tot lewe nie - diesulkes sal wel opstaan, maar sal opstaan tot veroordeling... (Joh. 5:29). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------Inleiding:
WANNEER ONS KYK NA DIE TEMA VAN DIE "BESNYDENIS", MOET ONS ONDERSKEI TUSSEN:
-  (1) die besnydenis van die vlees (Gen. 17:11)
(was  SLEGS 'N TEKEN ...); en

- (2)  die besnydenis van die hart
1.  -is DEELS IETS WAT DEUR DIE HERE GEDOEN WORD-Deut. 30:6;
2.  -en DEELS IETS WAT DIE HERE VAN SY KINDERS VERWAG-Deut. 10:16; Jer. 4:4; Jer. 9:25,26.

"Die besnydenis van die hart" is deels iets wat die Here in iemand doen, maar is ook deels iets wat van elke gelowige verwag word om self te doen! (Deut. 10:16; Jer. 4:4; Jer. 9:23-26)(pad van godsaligheid)(moet eie lewenswandel vir die Here heilig/afsonder)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html). Die besnydenis van die hart, m.a.w. die feit dat die Here die gelowige se hart sou besny, was iets wat vir die volk belowe was en iets waarna hulle uitgesien het, maar natuurlik was dit slegs die wat die voorwaardes nakom, aan wie hierdie belofte gemaak was  (Deu 30:2-6) - (Deu 30:2)  "en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,..........................................(Deu 30:6)  En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe".  Meer presies was hierdie belofte gemaak aan die volk van Israel, en wil lyk of dit na 'n spesifieke tyd verwys, nl. die tyd wanneer God hulle uit al die lande sal versamel en hulle in hulle land terugbring, HULLE LOT VERANDER en die Here sal die vloeke op hulle vyande en op hulle haters lê... (Deut. 30:7).
Dit is duidelik dat hierdie nog nie volkome vervul is nie (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/08/n-volk-uit-die-nasies-versamel-n-volk.html). MAAR, alhoewel die belofte sien "op 'n tyd" (en in 'n fisiese koninkryk), verwys dit ook na die tyd WANNEER  DIE MESSIAS sou/sal KOM!  Op dieselfde wyse het die belofte vd die uitstorting van die Heilige Gees nie net gewys na die tyd vd wederkoms (en in die fisiese koninkryk) nie, maar ook verwys na die tyd WANNEER DIE MESSIAS kom (en m.a.w. "gekom het").  Die wat hulle bekeer en glo in die Here Jesus Christus word nou deel van die GEESTELIKE KONINKRYK van God, en ontvang reeds hierdie beloftes, nl. hulle ontvang die Gees en hulle harte word besny (wederbaar en die Gees lei hulle in die waarheid sodat hulle "sien" en "hoor" - hulle is nie onder die wet nie, maar doen die wil van Christus, doen die wil van die Gees)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html).   

In die N.T. kan die Christelike doop dus gesien word as 'n teken van wie die "nageslag is van Jesus Christus" (die aan wie die ongeregtighede nie toegereken sal word nie en het die belofte van die opstanding tot lewe - Hebr. 10:15-17; 8:12; Rom. 4:7) - MAAR hulle is nie kinders van Abraham omdat hulle gebore is na die vlees nie, maar "kinders van Abraham" deur die geloof, in Jesus Christus (uit die geslag van Abraham, Isak, Jakob, Dawid...Jesus Christus...) - deur die Gees (Rom. 9; Joh. 3:6...)(uit God gebore)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html) (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html). Deur die wedergeboorte maak die Here ons nuut en plant Sy saad in ons deur Sy Gees, sodat ons gebore is uit Hom!  (1) Hy besny ons hart en ore deur Sy wette op ons harte te skrywe en Hy maak ons ore oop sodat ons kan luister, (2) maar dit beteken nie dat hierdie "werk" slegs van een kant af kom nie, maar die Here verwag ook van elke gelowige om sy/haar hart self te besny. Hy maak ons wel rein (die teken vd "water") sodat ons geheilig (afgesonder) kan word vir Hom om Hom te dien en te gehoorsaam, maar die persoon wat steeds vir homself lewe, is nie besig om sy eie hart te besny nie (en word weer onrein en kan ontheilig word as hy weier om sy hart vir die Here te besny)(in so 'n geval bewys sy ongehoorsaamheid dus dat hy nie werklik glo nie...).  En net soos in die O.T. die wat vleeslik besny is steeds gesien is as onbesnede wanneer hulle nie ook self hulle eie harte besny het nie, net so sal gelowiges wat besny is na hart en die Here se wette op hulle harte het, uiteindelik as ONBESNEDE gesien word sou hulle nie ag gee op die pad van godsaligheid nie!  Die wat geroep word deur Jesus Christus word soos "bome" in die wêreld gesaai om vrug te dra. Daarom is die besnydenis van hart en ore nie net iets wat deur die Here gedoen word nie (Deut. 30:6), maar ook deels iets wat die Here van Sy kinders verwag om self te doen! (Deut. 10:16), want al het ons die belofte van opstanding tot lewe (en die Christelike doop ook hiervan 'n teken), is ons almal op 'n pad van godsaligheid waarin ons "vrug" eendag sal getuig wie inderdaad koring (die opregtes) is, wie onkruid (die voorgee-gelowiges) is, en wie kaf is (lyk soos koring, maar van geen nut nie)... 

So, om OP TE SOM:
-Ons moet onderskei tussen die "besnydenis van die vlees" en die "besnydenis van die hart", want alhoewel baie besny is na die vlees is hulle nie noodwendig in die hart besny nie (en alhoewel baie deur die Christelike doop gegaan het, glo hulle nie almal nie en is nie almal na die hart besny nie) - m.a.w., "die besnydenis van die hart" is eintlik dit wat van belang is omdat die besnydenis vd vlees slegs 'n teken was van wie deel is vd volk van God, net soos wat die Christelike doop slegs 'n TEKEN is hiervan.  Dit is slegs die wat die geregtigheid liefhet, die GEHOORSAMES en barmhartiges, wat sal deurgaan as "besnedenes". Dus, alhoewel die belofte aan die volk van die Here gegee is dat "Hy self hulle harte sal besny" (in die tyd wanneer Hy hulle terugbring na hulle land na hulle verstrooiing) (Deu 30:6), moet ons ook verstaan dat die koninkryk van God nie net FISIES is nie, maar ook GEESTELIK (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html) van aard;  en dus verstaan wat bedoel word met 'n "onbesnede hart", want ook in die O.T. was die wat in sonde en ongehoorsaamheid stap (Lev. 26:41; Eseg. 44:9), nie deur die Here gesien as besny nie (al was hulle ook vleeslik besny!).  Dit gaan m.a.w. oor wie die Here verklaar "AS BESNY", want Hy sien die hart!:

- 'n Onbesnede hart verwys na die wat nie deel is van God se volk nie (m.a.w., die wat nie geheilig is nie);
(hulle "sien" en "verstaan" nie omdat hulle nie geheilig is in die waarheid nie, want hulle dien die wet en kan dink dat hulle die wet nakom, maar verstaan nie werklik hoe dit vervul moet word nie!).  Jesus het gereeld hierna verwys wanneer Hy met/van sekere van die skrifgeleerdes en Fariseers gepraat het, van hoe hulle harte stomp geword het... (Matt. 12:34,35; 13:14,15));

- 'n onbesnede hart verwys ook na DIE WAT NIE SELF HULLE EIE HARTE BESNY NIE...  Hulle harte getuig dus dat hulle "gelowiges" is met bose en ongelowige harte - m.a.w., dit verwys na die ongehoorsames en die wat nie barmhartig is nie.  
_________________________________________________________________________________
Die kinders van die besnydenis (besnydenis v/d vlees) was die kinders van die wet - elkeen wat hom laat besny (aan die vlees met die doel om daardeur aangeneem te word as deel van God se volk en die hoop om eendag gered te word), was ook onder verpligting om die hele wet te onderhou (Hand. 15:5,24; Gal. 5:3; 6:13) .  In die nuwe verbond is ons nie meer onder die wet (verbind aan/gehoorsaam/getroud/ met die wet) nie, maar ons dien Jesus Christus (Rom. 7:6; 6:14,15...)(en is gehoorsaam aan Hom - ontvang Sy Gees en is gehoorsaam aan die Gees)(is onder Sy genade) - dit beteken nie dat die wet tot niet is nie, want inteendeel het wette in die N.T. 'n sterker betekenis gekry (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/die-wet-en-die-profete-evangelie-vd.html).

1.  alhoewel die wil van die Vader bekend gemaak is deur die wet, het almal nie volkome verstaan hoe die wet vervul word nie (Luk. 10:25-37; Mark. 10:17-23), en sekere dele van die wet was slegs 'n skaduwee van wat sou kom (Kol. 2:17; Hebr. 8:5) - hulle het dus nie die waarheid volkome geken of verstaan nie en sekere kennis was ook nog verborge onder die ou bedeling (Matt. 13:35). In die N.T. is geen van hierdie O.T. wette tot niet nie, maar ons weet "hoe" dit vervul word - nie net het Christus vir ons hierdie kennis gebring nie, maar vir die wat in Hom glo gee Hy Sy Gees sodat hulle in hierdie waarheid gelei kan word...(Joh. 16:13);
2.  alhoewel die wet hoop gegee het vir die wat onder die wet is, kon niemand staatmaak op die wet nie omdat niemand dit kon onderhou nie en het dus onder die vloek van die wet geval (Gal. 3:10,13).  Op dieselfde wyse staan Christene wat wel die hoop het in Christus Jesus om die ewige lewe te verkry, die gevaar om afgekap te word wanneer Christus terugkom sou hulle nie gehoorsaam wees aan die Gees van God nie (en dus geen vrug dra nie of hulle vrug verloor).
3.  alhoewel die offerdiens van die wet reiniging kon teweeg bring, kon dit ons nie van alle sonde reinig nie en moes dit terloops oor en oor gebring word (Hebr. 9:25; 10:10 ens.)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html);  en kon ook nie die gewete volkome reinig nie (Hebr. 9:9-16).

Net soos die getroude vry is wanneer die huweliksmaat afgesterwe het, net so is ons nou vry van die wet omdat ons dit afgesterwe het in Christus Jesus (en die Christelike doop is o.a. 'n TEKEN hiervan! - Rom. 6:4).  Dood vir die wet om TE LEWE VIR CHRISTUS! (Rom. 7:4)(in die sin van "om nie staat te maak op redding deur die wet" nie, maar staat te maak op Jesus Christus - ons behoort nou aan Hom, nie aan die wet nie). Die wat in Christus Jesus glo ontvang die Gees van God, waardeur hulle harte besny word - hulle word GEHEILIG (afgesonder) in/vir die waarheid, en vir die wat wedergebore is het wette 'n sterker betekenis omdat hulle dit nou VERSTAAN!  Hulle verstaan HOE die wet vervul word. Hulle harte en ore word besny om te verstaan en te hoor...  Die Here se wil is vir hulle belangrik, maar hulle is nie soos die volk onder die ou verbond wat gehoor het maar nie verstaan het nie:   -(Mat 13:14)  En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.
-(Mat 13:15)  Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.  Iemand kan besny wees na die vlees, maar as sy HART NIE BESNY is nie, dan verstaan hy nie (al hoor hy), en dan kom die bose en roof wat in sy hart gesaai is - hy neem dit nie met blydskap aan nie, en kan nie wortel kry nie en kan geen vrug dra vir die Here nie: (Mat 13:19 - "As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is"). Die wat staatmaak op die wet (wat hulle nie eens "reg" verstaan nie), dra vrugte vir die wet wat hulle nie werklik kan red nie;  maar die wat staatmaak op Jesus Christus en verstaan hoe die wet vervul word, dra vrugte vir die Here Jesus Christus (Rom. 7:4,5) - dit is as hulle ook hulle eie harte besny want die wat nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, die wie se harte weer stomp word, kan nie verwag om eendag die opstanding tot lewe te ontvang nie.

Die besnyding van die hart (en ore) is deels iets wat die Here Jesus Christus doen in die wat in Hom glo, deur Sy Gees - hulle word GEHEILIG in die WAARHEID - en dus: hulle 
"verstaan" en "sien".

Hulle is nie bloot gehoorsaam aan 'n wet, op 'n manier wat hulle dit verstaan nie, maar verstaan hoe dit presies vervul word deur die Gees wat hulle in die waarheid lei... HULLE IS BESNY NA HART EN ORE!  Maar die wat die Heilige Gees weerstaan, is nie besny na hart en ore nie:  -(Hand. 7:51 - "Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle")(Vgl. dit met die tema van "hardnekkigheid" - Jer. 17:23; Eks. 32:9...).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na 'n paar vb.e om hierdie begrip beter te verstaan:

- In Luk. 10:25-37 wys Jesus vir die wetgeleerde dat hy. alhoewel hy self gereken het dat hy die tweede gebod nakom, hy dit tog nie nakom nie omdat hy die begrip "naaste" verkeerd verstaan het.  In sy hart het hy gedink dat hy sy naaste liefhet, maar sy hart was verkeerd omdat hy kies "wie hy sien as naaste".  Ook in hierdie gedeelte demonstreer Jesus weer dat dit onmoontlik is vir enige iemand om slegs deur wette die ewige lewe te beerwe, want al kom hy ook al die wette na, sal sy hart teen hom getuig.  Hy was wel kind van die besnydenis (kind van die wet), maar omdat sy hart nie besny was nie het hy nie verstaan hoe die wet vervul word nie, en al het hy gedink dat hy dit vervul, het hy dit verkeerd vervul omdat hy nie reg "sien" nie.

- In Mark. 10:17-23 gaan dit juis oor die wat rein of onrein van hart is en wys Jesus die persoon wat kom navraag doen oor die ewige lewe, dat om die ewige lewe te beerwe nie verkry word deur slegs gehoorsaam te wees aan wette nie, maar deur om gehoorsaam te wees omdat sy hart reg is - hier maak Hy nie wette tot niet nie, maar wys dat dit anders vervul word as wat baie dink, want hulle is gehoorsaam aan wette i.p.v. aan die waarheid.  Baie ken nie die waarheid nie en dink dat omdat hulle die wet ken, hulle ook die waarheid ken, maar die waarheid veroorsaak dat wette anders vervul word as hoe ons dink dit vervul word (as hoe ons die wet verstaan). In Mark. 10:17-23  wys Jesus hom wat in sy hart aangaan en wys hom dat hy te geheg was aan sy besittings (dit was m.a.w. vir hom soos 'n afgod, so hy dink dat hy die eerste gebod vervul, maar hy doen nie!).  So, alhoewel die persoon besny was, was sy hart onbesnede.

- Hierdie was nie veronderstel om 'n nuwe leerstelling te wees nie, want van ou tye af het die Here eintlik alreeds oor hierdie ding gepraat! Besnydenis van die hart is nie slegs iets wat deur die Here beloof was nie wat Hy sou doen vir hulle nie, maar is ook iets wat Hy van elke gelowige verwag het om self te doen in hulle eie lewenswandel. Sou hulle nie ag gee hierop nie, dan was hulle steeds as onbesnede gereken, al is hulle besny na die vlees.  In Deut. 10:16 (met die gee van die 10 gebooie) beveel Hy die volk Israel die volgende:  (Deu 10:16 - "Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie"). In hierdie geval was dit nie die Here wat hulle harte besny nie, maar daar was van die volk verwag om self "hulle harte te besny".  Ook in Jer 4:4 word dit beveel:  "Besny julle vir die HERE en verwyder die onbesnedenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem, dat my grimmigheid nie soos ‘n vuur uitgaan en brand sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge"In beide gevalle gaan dit oor hoe hulle hulle eie lewenswandel VIR DIE HERE MOET HEILIG (afsonder).

- En kyk bietjie in Jer. 9:26, hoe die onbesnede hart spesifiek verwys na wanneer iemand "se hart verkeerd is", bv. die dinge wat daar genoem word is hoe die wyse hom beroem op sy wysheid , die sterke hom beroem op sy sterkte, en die ryke hom beroem op sy rykdom...(v. 23).  Interessant om te sien hoe hierdie spesifieke onderwerpe ook gereeld aangehaal word in die N.T. van Christene wat hulle hoop plaas in wysheid en rykdom ens.  Diesulkes word gesien as "onbesnede van hart".  Ons moet onderskei tussen "besnydenis van die vlees" en "besnydenis van die hart", want alhoewel baie besny na die vlees, is hulle nie noodwendig in die hart besny nie.  Dit is slegs die wat die geregtigheid liefhet, die GEHOORSAMES, wat sal deurgaan as "besnedenes". 
-(Mat 6:19)  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;
-(Mat 6:20)  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;
-(Mat 6:21)  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
Dus, alhoewel die belofte aan die volk van die Here gegee is dat "Hy self hulle harte sal besny" (in die tyd wanneer Hy hulle terugbring na hulle land na hulle verstrooiing) (Deu 30:6)  En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.....)., gaan besnydenis van die hart ook oor iets wat hulle self moes doen in die sin van dat hulle hulle eie lewenswandel moes heilig vir die Here - dit was verwag in die O.T. en word steeds verwag in die N.T.  'n "Onbesnede hart" verwys deels na die wat (alhoewel die TEKEN ontvang het as kinders van God, of bely dat hulle GLO) stap in sonde en ongehoorsaam is aan Hom (m.a.w. die wat die ongeregtigheid liefhet)(Lev. 26:41; Eseg. 44:9);   andersins verwys "onbesnede hart" na die wat nie geheilig is in die waarheid nie - hulle "sien" nie en "verstaan" nie.  Jesus het gereeld hierna verwys wanneer Hy met/van die skrifgeleerdes en Fariseers gepraat het, van hoe hulle harte stomp geword het... (Matt. 12:34,35; 13:14,15).  
_________________________________________________________________________________
Dus, om besny te wees na die vlees, beteken nie dat iemand noodwendig ook besny is na die hart nie!  Wat help dit iemand is besny na die vlees en dink dat hy aangeneem word omdat hy die wet onderhou, maar die waarheid is dat hy nie regtig die Here se wette verstaan nie en dit dus ook maar nie regtig nakom nie.  Hy is dus besny na die vlees, maar nie na die hart nie!  Wat die Here veral van die volk verwag het, was dat hulle hul eie harte moes besny! (en iets wat natuurlik steeds van Christene verwag word - dat hulle hul eie lewenswandel moet heilig/afsonder vir die Here). Die besnydenis v/d vlees het nie veel beteken as hulle nie ook hulle eie harte vir Hom besny het deur hulle lewens vir Hom af te sonder en die sonde neer te le nie.  

Maar soos gesien gaan die tema van "om die hart te besny" nie net oor iets wat van die mens verwag word nie, maar ook oor iets wat deur die Here self gedoen word.  En dit was ook geprofeteer dat die Here self die volk se harte sal besny (Deut. 30:6; Eseg. 11:19; 36:26,27; Jer. 31:33)(Deu 30:6)  En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.........................)   in die sin van dat Hy vir hulle die waarheid sal bring en Sy wette in hulle harte skrywe...  Hierdie profesie is deels vervul toe Jesus Christus die eerste keer gekom het (2 Kor. 3:3; Hebr. 8:10; Rom. 7:22;...)  en dit sal ook heeltemal vervul word wanneer Hy terugkom (Jer. 31:33)(Heb 8:10 - "Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees"). Net soos die kinders van die besnydenis van die vlees ONDER VERPLIGTING IS OM DIE HELE WET (van Moses) TE ONDERHOU, net so is die kinders van die besnydenis van die hart ONDER VERPLIGTING OM DIE HERE JESUS CHRISTUS TE GEHOORSAAM (en Sy wette is in hulle harte geskrywe, sodat hulle kan LEWE en Hom liefhe met hulle hele hart en siel...).

SO OM VERDER OP TE SOM: - Die wat besny is van hart, is die wat die waarheid ken en die Here gehoorsaam (en het ook die Gees van God). Dit is die wat SIEN en HOOR.  Hulle verstaan hoe 'n wet vervul word, terwyl die een wat verkeerd sien, dink dat hy die wet vervul, maar dit nie regtig vervul nie omdat hy verkeerd verstaan hoe dit vervul word - (vgl. hierdie tema met die wat "rein van hart" is - Matt. 5:8). Die wat onbesnede is van hart dink miskien dat hulle die wet onderhou, maar faal daarin omdat hulle nie regtig verstaan wat verwag word nie (hulle ken nie "die waarheid" nie).  Soos die persoon in Luk. 10:25-37, waar Jesus vir die wetgeleerde wys dat alhoewel hy self gereken het hy die tweede gebod nakom, hy dit eintlik nie nagekom het nie omdat hy nie verstaan het wat die begip "naaste" beteken nie! In die betrokke gedeelte maak Jesus nie die wet tot niet nie, maar wys dat dit anders vervul word as wat die persoon gedink het.  Die persoon was dus onder die indruk dat hy die wet gehoorsaam, maar hy het nie omdat hy verkeerd verstaan het hoe dit vervul word. Omdat sy hart nie besny is nie, "VERSTAAN" hy nie! Hy is m.a.w. bloot gehoorsaam aan 'n wet, maar verstaan nie presies "hoe" dit vervul word nie. Hy dien die wet en is gehoorsaam aan die wet.  Nog 'n vb. hiervan is toe Jesus gewys het dat werke op 'n Sabbat wat uit barmhartigheid gedoen word, nie gesien moet word soos "werke" nie.  Die onbesnedene van hart verstaan dit egter verkeerd want hy dink ook dat werke uit barmhartigheid  op 'n Sondag verkeerd is... Hier kan ons duidelik sien die verskil tussen die wat besnede is van hart (die wat die waarheid ken) en die wat onbesnede is van hart (die wat nie die waarheid ken nie-Tit. 1:10).  Die wat in Christus Jesus glo, word GEHEILIG (afgesonder) in die waarheid (Joh. 17:17,19) - hulle VERSTAAN en weet wat is die waarheid - hulle harte word besny (Fil. 3:3; Kol. 2:11...). Hulle dien nie meer die wet nie, maar behoort nou aan 'n ander - hulle dien Jesus Christus en is gehoorsaam aan Hom (Rom. 7:4).
--------------------------------------------------------------------------------------------------------

-  VOLK UIT DIE HEIDENE:
Die geslag wat die koninkryk sal beerwe, is die wat God se saad in hulle het (die wat die Heilige Gees ontvang - en l.w., die Gees van God wat deur Christus Jesus gestuur word).  Ons kan slegs "vrug verdien vir die ewige lewe" deur hierdie saad van die Gees van God, wat nodig is om eendag die opstanding tot lewe (ewige lewe) te verkry (en l.w., die ewige lewe wat deur Christus Jesus gegee gaan word, want die oordeel is in Sy hande!).  As iemand nie gehoorsaam is aan Christus nie, dan kan hy nie gedoop word in die Gees nie (en dan word hy nie gewederbaar nie), en sal hy ook nie eendag die opstanding tot lewe kan kry nie.

AS IEMAND NIE CHRISTUS JESUS BELY EN IN HOM GLO NIE, DAN IS DIT 'N BEWYS DAT HY NIE DIESELFDE VADER DIEN (as die Christen) NIE, WANT WANNEER IEMAND DIE VADER KEN, DAN OPENBAAR DIE VADER SELF AAN DAARDIE PERSOON DAT JESUS DIE CHRISTUS IS, DIE SEUN VAN DIE LEWENDE GOD! (Matt. 16:15-17)(Joh. 8:42).

(Gal 3:14)  sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.

(1Kor. 7:18)  Is iemand as ‘n besnedene geroep—hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep—hy moet hom nie laat besny nie.

(Ef. 2:11)  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,
(Ef. 2:12)  dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.
(Ef. 2:13)  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

(Hand. 15:14)  Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.
(Hand. 15:15)  En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:
(Hand. 15:16)  Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,
(Hand. 15:17)  sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.
---------------------------------------------------------------------------------
"KINDERS VAN ABRAHAM" - in die sin van wie geroep is, uit wie kinders gekies word om te erf - VERWYS NIE SLEGS NA DIE NAGESLAG GEBORE UIT DIE VLEES, UIT DIE NAGESLAG VAN Abraham, Isak, Jakob... NIE, MAAR VERWYS NA ENIGE CHRISTEN (UIT ENIGE STAM, VOLK OF TAAL) WAT GEBORE IS NA DIE GEES - DIE WIE HULLE BEKEER HET EN GLO IN DIE HERE JESUS CHRISTUS EN GEDOOP IS IN HOM.

(Rom 9:6)  Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.
(Rom 9:7)  Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.
(Rom 9:8)  Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.

In die eerste gemeentes was hierdie 'n groot saak van bespreking van of die "Christen mans uit die heidene" ook besny moet word na die vlees, want baie het geleer dat die onbesnedene nie gered kan word nie  (Hand. 15:1).  In die N.T. is die besnydenis van die vlees egter tot geen nut, want die Christen word besny na die hart  (Hy plant Sy saad in hulle deur Sy Heilige Gees en dit maak hulle kinders van die Here Jesus Christus - is geroep waarvan die Christelike doop 'n teken en hulle word deel van Sy volk en Hy vir hulle 'n Here...);
-  maar, alhoewel die wat glo in Jesus Christus, Sy saad in hulle kry en BESNY WORD NA DIE HART deurdat Hy Sy wette in hulle harte skrywe, word ook in die N.T. van Christene verwag om hulle eie lewenswandel te heilig! (1 Pet. 1:15)(net soos van die volk in die O.T. verwag was om hulle eie harte te besny).

(Kol 2:11)  in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,
(Kol 2:12)  omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.
(Kol 2:13)  En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,
(Kol 2:14)  en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,
(Kol 2:15)  nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: