Woensdag 07 Maart 2012

Hoekom so min Christene die gawes van die Gees ervaar

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
-----------------------------------------------------------------------------------------------------
God kan enige iets deur die gelowige werk, maak nie saak of hy/sy instaat is daartoe of nie.  Die gawes van die Gees het eintlik maar min te doen met talente en meer te doen met "gehoorsaamheid en geloof". 


In hoeveel kerke sien jy gelowiges soos 'n liggaam funksioneer waar elkeen doen wat die Here vir hom opdrag gee? Meeste kerkgangers gaan luister net na die boodskap, gee nie eens ag op wat hulle regtig sing nie en bid glad nie voor hulle diens toe gaan nie.  Meeste kerkgangers is glad nie ingestel op wat die Here deur hulle wil doen nie.  Hulle leef net vir hulleself en doen goed "soos hulle dink", glad nie ingestel op wat die Here beveel nie.  Hulle soek nie eens na die wil van die Here in daaglikse besluite nie.  Hulle plaas meer waarde aan wat hulle in boeke lees en aan dinge wat ander mense geskryf het.  Die Bybel het vir baie net 'n ou storieboek geraak.  
 

(Gaan kyk gerus ook na my blogpost "Trust issues in the Church" by biblicalchristians.blogspot.com)

"Manne" van God, NIE manne van genot !

Geen opmerkings nie: