Vrydag 27 April 2012

Wie dink jy is in beheer?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waarseery-in-die-kerk.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/dis-orraait-om-te-verloor.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons ken almal die verhaal van Dawid maar alte goed - meeste se gunsteling is waar hy die reus, Goliat, doodmaak.  In ons oe, het sy talente en prestasies van hom 'n held gemaak. Tog, volgens Dawid, het hy nie sy prestasies toegegee aan sy talente nie!  Inteendeel, ons weet nie regtig of hy eens goed was met die kettie nie.  Nerens in die skrif staan dat Dawid goed was met die kettie nie (dit beteken egter nie dat hy nie was nie), maar ons maak slegs die afleiding dat hy was.  Hy was ook nie sterk nie, of was hy?  Die  mannetjie  het sommer alleen 'n leeu en 'n beer aangepak en van die gras gemaak, tog wil dit voorkom of hy nie juis hoog van gestalte was of so iets nie (1 Sam. 16:7). Dawid kon goed siter speel en was Saul se wapendraer, maar het duidelik nie voorgekom of hy in die slagordes kon staan nie - hy het heen en weer gegaan tussen Saul en om sy pa se skape op te pas in Betlehem.  In Saul se oe, was Dawid maar net 'n seun, geen krygsman nie ( 1 Sam. 17:33). Waarom Saul vir Dawid laat roep het, is nie omdat Dawid goed was met die kettie nie, maar omdat hy hom hoor se het:  "   (1Sam. 17:26) ...wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God durf uitdaag?" (ook 1 Sam. 17:31).  Ook is dit duidelik dat Dawid nooit sy hoop in sy vermoe om met 'n kettie te skiet, gesit het nie, maar hy het vir Saul gese: (1Sa 17:36) - "U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het". Vir Dawid het dit nie gegaan oor sy "talente" nie, maar eerder was hy kwaad oor iemand durf waag om die Here se volk uit te daag en dink hy kan daarmee wegkom. Sy vertroue was in die Here.

Selfs nog voor die Gees van die Here oor Dawid vaardig geword het,  was sy hart reg voor die Here - (1Sa 16:7)  "Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy (Eliab) voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan".  Dawid was lief vir die Here en het Hom respekteer.  Dawid het ook besef dat dit die Here is wat lot bepaal, dat die Here die een is wat in beheer is en dat dit die Here is wat "laat wen of laat verloor".  Sy hoop was in die Here, nie in sy talente of sy vermoens nie.    (1Sa 17:44)  Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die hemel en die diere van die veld kan gee.

(1Sa 17:45)  Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.

(1Sa 17:46)  Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het.

(1Sa 17:47)  Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee."

Dus, al was Dawid ook miskien goed met die kettie, kon hy net sowel gemis het as dit die wil van die Here was.  Dit is dus die Here wat laat wen of verloor.  Dawid was ONDERWERP aan die Here, aan Sy wil.  Al kon Dawid ook nie kettie skiet nie, dan sou hy nog steeds daardie dag raakskiet, want dit was die Here se wil.


Nie oortuig nie?  Kom ons kyk na ander voorbeelde in die skrif :


*  Wat van MOSES?  Moses kon nie goed praat nie, tog het God hom gekies om Sy volk te lei uit Egipte en deur die woestyn.  Inteendeel, so min dink God dat Moses "se vermoens" enige rol speel, dat Hy half ongeerg geraak het met Moses omdat hy getwyfel het in sy vermoens.  (Exo 4:10)  Toe sê Moses aan die HERE: Ag, Here, ek is nie ‘n man van woorde nie—van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong.
(Exo 4:11)  En die HERE antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie?

(Exo 4:12)  Gaan dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê.

(Exo 4:13)  Maar hy sê: Ag, Here, stuur tog deur wie U wil stuur.

(Exo 4:14)  Toe ontvlam die toorn van die HERE teen Moses, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hy goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart."  
Ons sien later in Eksodus hoe Moses wel self die praatwerk begin doen het en baie goed gevaar het! (want die Here het hom gehelp natuurlik).

DIE HERE KAN ENIGE IEMAND VERMOE GEE VIR ENIGIETS, MAAK NIE SAAK OF HY DIT KAN DOEN OF NIE, MAAR DAN MOET SY/HAAR VERTROUE IN DIE HERE WEES.

*  Wat van BASALEEL:  God het hom vaardig gemaak om artikels vir die Tabernakel te maak - v.3
 "(Eks 31:2)  Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;

(Eks 31:3)  en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,

(Eks 31:4)  om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,

(Eks 31:5)  en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk."

*  Wat van GIDEON:


(Rig 6:14)  "Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?"


(Rig 6:15) " Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie".


(Rig 6:16)  Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.

Gaan lees gerus van hoe God hom derduisende manne laat huistoe stuur het en hy met net 300 man op die ou end gaan om die Medianiete te verslaan... (Rig 7:2)  "Toe sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos".  Gaan lees ook hoe Gideon eers die afgodsbeeld moes afbreek en die heilige boomstamme moes omkap voor God vir hulle gehelp het - die Here eis dat ons ons vertroue slegs op Hom plaas!

Die mens raak gou opgeblase met wat hy kan doen, beroem in sy eie vermoens en besef nie dat die lot deur God bepaal word nie - gee Hom geen eer en soek nie na Sy wil nie.  Dit gaan op die ou end oor wat elkeen bereik - 'n wereld vol "helde" wat eintlik geen ware getuienis agterlaat of enigiemand anders  beweeg om die Here te ken deur sy prestasies nie! ( Daarom word "talente" hoog gestel in ons skole en kompetisie is aan die orde van die dag).  Dit gaan oor wat die mens bereik en nie oor hoe nodig hy die Here het nie - gaan oor eie eer. 

*  Wat van SALOMO:

(1Ko 3:7)  "Nou dan, HERE my God, U het u kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek; maar ek is ‘n jong seun; ek weet nie om uit of in te gaan nie.

(1Ko 3:8)  En u kneg is midde onder u volk wat U verkies het, ‘n groot volk wat nie getel of bereken kan word weens die menigte nie.

(1Ko 3:9)  Gee dus aan u kneg ‘n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer?

(1Ko 3:10)  En dit was goed in die oë van die Here dat Salomo dit begeer het.

(1Ko 3:11)  En God het vir hom gesê: Omdat jy hierdie versoek gedoen het en nie vir jou ‘n lang lewe begeer het en nie vir jou rykdom begeer het en nie die lewe van jou vyande begeer het nie, maar vir jou verstand begeer het om regsake te verhoor..." Salomo het begeer om die wil van die Here te doen en om 'n koning te wees wat regtig God se volk kon lei - in sy eie oe het hy nie die "vermoe" gehad om dit te doen nie - dit lyk ook nie of hy die vermoe gehad het nie, want God het dit eers hier vir hom gegee (1Kon. 3:12)  "so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee jou ‘n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy vóór jou nie gewees het en een soos jy ná jou nie sal opstaan nie".  Ook het hy nie "wysheid" begeer vir eie gewin nie, maar SODAT HY GOD SE VOLK KON LEI EN DOEN WAT DIE HERE VIR HOM BEPAAL HET OM TE DOEN.

MAAK NIE SAAK WAT JOU VERMOENS IS NIE OF WATTER TALENTE JY HET NIE, WANT DIE HERE KAN ENIGE OOMBLIK ENIGIETS DEUR ENIGIEMAND WERK WAT HY WIL, maar waarom begeer ons dit?  Dink maar aan Simon in Hand. 8 - hy het die gawe begeer OM EIE GEWIN, om verkeerde redes.

Daar is nog talle, talle vb. e in die Bybel...
Mag ons eerder talente en gawes begeer wat kan dien tot uitbreiding van die Here se koninkryk, tot stigting en sodat dit mense se oe op die Here kan rig!!! 













Geen opmerkings nie: