Maandag 23 September 2013

Handoplegging

In hierdie pos kyk ons spesifiek na die tema van "Handoplegging".  
In die eerste gemeentes was handoplegging deel van die fondament wat gelê is, deel van die "prediking aangaande Christus": 
(Heb 6:1)  "Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,
(Heb 6:2)  van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel".
========================================================================
Die tema van handoplegging was nie iets vreemds
 in die eerste gemeentes nie. 

Dit was ook 'n Ou Testamentiese gebruik.  
-  Kyk bv. Gen. 48:12-14 (Israel lê sy hand op die hoof van Efraim... dit was toe hy sy kinders geseën het);  soos ook die vb. van hoe die hele volk die Leviete geseën het nadat hulle gereinig is (Num. 8:10); en waar Moses vir Josua geseën het en die hande opgelê het (Num. 27:22; Deut. 34:9; Num. 27:23);
-  handoplegging was ook gedoen met die sondoffer, waar die hande op die kop van die bul gelê is (Eks. 29:10; 29:15; Lev. 4:15; 8:14,18,22...) - in hierdie geval 'n offer aan die Here; of belydenis van die volk se sonde, waar die sonde deur handoplegging op die bok se kop gelê is (Lev. 16:21); -hierdie was ook gedoen op iemand wat vir God gevloek het in Lev. 24:14 - die wat hom dit hoor sê het, moes hulle hande op sy hoof le voor hy gestenig word...;
-  Kyk ook waar versoening gedoen is vir die hele volk: Lev. 9:22, en 'n seën daarna oor die hele volk uitgespreek:  "Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle geseën. En hy het afgeklim nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het"; ook Num. 8:20.

Die gebaar van handoplegging was 'n ernstige saak, en behoort steeds so gesien te word.  In die Nuwe Testament word die volgende van ons verwag in 1 Tim. 5:22:  "Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein" -(rol af vir konteks).
==========================================================================

Daar is heelwat vb.e in die Nuwe Testament van handoplegging, ook waar Jesus mense die hande opgele het - in die eerste gemeentes was dit 'n algemene gebruik en deel van die fondament:

(Mat 9:18) " Terwyl Hy vir hulle dit sê, kom daar ‘n sekere owerste en val voor Hom neer en sê: My dogter het nou net gesterwe, maar kom en lê u hand op haar, en sy sal lewe".

(Mat 19:13)  "Toe bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die hande sou oplê en bid; en die dissipels het hulle bestraf".

(Mar 5:23)  "en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe".

(Mar 7:32)  "Toe bring hulle na Hom ‘n dowe wat swaar praat, en smeek Hom om hom die hande op te lê".

(Mar 8:25)  "Daarna lê Hy weer die hande op sy oë en laat hom opkyk, en hy is herstel en het almal van ver af duidelik gesien".

(Hand. 8:18)  "En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied"

(Hand. 9:12)  "en hy het in ‘n gesig ‘n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien". (Hand. 9:17,18)

(1Ti 4:14)  "Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
MOENIE HAASTIG IEMAND DIE HANDE OPLE NIE:

1 Tim. 5:22:  "Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein". 

Die konteks lyk moeilik omdat hy oor baie dinge geskryf het, o.a. in die vorige vers, "om niks uit partydigheid te doen nie";  andersins in dieselfde skrif praat hy van hoe Tim. "nie met die sondes van ander gemeenskap moet he nie, maar homself rein hou";  maar l.w. dat die konteks van "om nie partydig te wees nie", ook kom uit die feit dat die wat in opsetlike sonde stap bestraf moet word (v.20 en 21). Dus,  in hierdie sin is dit seker duidelik dat die konteks gegaan het oor "DIE WAT IN OPSETLIKE SONDE STAP". Daarom moet ons versigtig wees om nie haastig iemand die hande op te lê nie.

(1)  Die doel van handoplegging moet hier in aanmerking geneem word.  As ek bv. vir iemand die hande oplê en bid vir genesing moet ek verstaan dat, alhoewel siekte nie altyd is a.g.v. sonde nie, dit wel kan wees a.g.v. sonde.  As ek bewus is daarvan dat die persoon in wetende sonde stap, moet ek liewer nie eers vir hom hande oplê bv. in die konteks van vergifnis nie, want hy moet eers hom van sy sonde bekeer voor hy vergifnis kan ontvang.   

(2)  Maw, ons mag nie partydig wees en iemand se "wetende sonde" (die wat stap in sonde en hulle nie daarvan bekeer nie) oorsien net oor ons van hom hou nie, en dan nog die fout maak om vir hom die hande op te lê nie!  Baie kerke maak hierdie fout waar daar bv. vir gelowiges hande opgelê word om gawes te ontvang, al weet hulle goed dat daardie persone nog nie hulle ten volle bekeer het van wetende sonde nie.

Iemand moet hom liewer laat lei deur die Heilige Gees, voor hy iemand die hande oplê!
========================================================================

OPSOMMING:

(1)    Bg. vb.e wys op hoe die Here Jesus Christus deur handoplegging kinders GESEEN (EN VIR HULLE GEBID HET).  Baie vb.e wys ook dat Hy mense die hande opgelê het  WANNEER HY HULLE GESOND GEMAAK HET.

(2)  ANDER VOORBEELDE WYS DAT DEUR DIE HANDOPLEGGING VAN DIE APOSTELS, DIE HEILIGE GEES GEGEE WAS AAN DIE WAT TOT GELOOF GEKOM HET. Let wel dat die ontvang van die Heilige Gees nie onderwerp was aan die handoplegging van die apostels nie - kyk bv. na Hand. 10:44/11:16. Ons sien egter 'n vb. in Hand. 8 van waar gelowiges in Samaria alreeds gedoop was in Christus Jesus (die Christelike doop), maar nog nie die Heilige Gees ontvang het nie - die apostels het bv vir hulle die hande opgelê sodat hulle die Heilige Gees kan ontvang...  (Hand. 8:14-17).

(3)  IN DIE GEVAL VAN SAULUS (LATER PAULUS), HET ANANIAS IN OPDRAG VAN DIE HERE, GEGAAN EN HOM DIE HANDE OPGELê SODAT HY WEER KON SIEN (die Here het hom gestuur).

(4)  NOG 'N VOORBEELD WYS DAT OUDERLINGE HANDOPLEGGING GEDOEN HET WAAR 'N GENADEGAWE AAN IEMAND GEGEE IS (deur profesie - m.a.w weer-eens deur die wil van die Here gedrywe).

(5) WANNEER ONS WEET DAT IEMAND IN OPSETLIKE SONDE STAP, OF HULLE NOG NIE BEKEER HET VAN DOOIE WERKE NIE, MOET ONS HULLE NIE DIE HANDE OPLê NIE - in daardie sin:  "moenie iemand haastig die hande oplê nie!" - laat jou liewer lei deur die Heilige Gees.  Dit moet nie gaan oor "vir wie jy wil hande oplê nie", maar soos die Here jou lei.
--------------------------------------------------------

(6) Baie siekes is ook gesond gemaak "deur die hande" van die apostels. (Selfs wanneer doeke of voorskote wat aan Paulus sy lyf was, op die siekes gelê is, het die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan  (Hand. 19:12)).  Genesing deur handoplegging, was nie net vir die apostels uitgesit nie, maar Jesus het dit duidelik gemaak in Mark. 16 dat enige gelowige die hande op siekes kan lê:
(Mar 16:16)  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.(Mar 16:17)  En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,(Mar 16:18)  "slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word".

Bestudeer gerus my pos getiteld:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-beteken-dit-dat-daar-krag-is-in-die.html
(Wat beteken dit dat daar KRAG is IN DIE NAAM VAN DIE HERE; en om in die Naam van die Here op te tree?)
My hande kan niks vir iemand beteken as die Here nie deur my hande werk nie! - dus, om in die Naam van die Here so op te tree, moet ek deur die Here opdrag gegee word (moet in Sy Naam optree). Handoplegging moet gelei word deur die Heilige Gees, hetsy daar gebid word vir genesing, gawes, of wat ookal die opdrag wat die Here gee.
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
========================================================================

Ander interessante feite oor die tema van "hande" in die Skrif -
kom ons kyk na Beelspraak van die term "hande":

Die woord "hande" word baie gebruik in terme van beeldspraak in die Skrif:
 * (Jos 10:6 - "Maar die manne van Gíbeon het na Josua gestuur, in die laer van Gilgal, om te sê: Trek u hande nie af van u dienaars nie, kom gou op na ons toe en verlos ons en help ons...)- in hierdie sin het dit gegaan oor hulp - "soos 'n hand op hulle" wat hulle moet help;  EN (Rig. 7:9-11 - "En daardie nag het die HERE vir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer, want Ek gee dit in jou hand. En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die laer toe en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word.......")- in hierdie sin is dit "soos mag in sy hand" - ook Rig. 9:24; 2 Sam. 2:7.  Die teenoorgestelde beeldspraak:  "slap hande" -2 Sam. 17:2; Esra 1:6; 4:4.  (ook Neh. 2:18; 6:9...)
*  Hande het ook te doen met werk - daarom die "verdienste v/d hande" (Rig. 9:16); (2 Kron. 34:25 - "Omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My te terg met al die werke van hulle hande...")(Job 1:10).(Psa 9:16)  (9:17) Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy handeHiggajon. Sela.  Ons is die werk van Sy hande: (Job 10:8)  U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my!
*  (Job 17:9)  Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.(Psa 18:24)  (18:25) So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë.(Isa 1:1516)  En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,(Isa 3:11)  Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.(Isa 13:6)  Huil julle, want die dag van die HERE is naby; hy kom as ‘n verwoesting van die Almagtige.
(Jes. 13:7)  Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt;


Dit praat van "krag" in hande, "verdienste van die hande", "werk van die hande" ens.  Dit is deur God se hande wat Hy die mens geskep het.  
-Van iemand wat regverdig is, word die beeldspaak "rein van hande" gebruik.
- Van iemand wat doodmaak, word die beeldspraak "hande vol bloed" gebruik. 
-  Van die goddelose, word die beelsdspraak "boosheid van hulle handelinge" gebruik, of gepraat van die werke van hulle hande.  
- Van 'n hart wat swak raak (soos die vrees wat oor die goddelose sal kom met Jesus se wederkoms), word die beeldspraak gebruik "hande slap".
Kyk gerus ook die besonderse betekenis van "regterhand"...

*  (Psa 139:5)  "U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my".

'N HAND OP IEMAND, KAN DUS VERWYS NA HULP OF IETS AFSPREEK OP IEMAND, SOOS IN DIE GEVAL VAN DIE VADERS TOT DIE SEUNS.  DIT IS SOOS IETS WAT NEERGELE WORD OP IEMAND. IN DAARDIE GEVAL OOK JOS. 10:6, DIE HAND OP HULLE WAT HULLE HELP.   

AS ONS DIT VERSTAAN, DAN VERSTAAN ONS OOK MEER OOR DIE BELANGRIKHEID VAN "HANDOPLEGGING". 

Iets anders wat interessant is oor die term "hand" in die Skrif:
Dit lyk of "hand onder iemand se heup lê", in die O.T. 'n manier was om iets te "belowe":
(Gen 24:2)  Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup, (Gen 24:3)  dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie;

(Gen 47:29)  En toe die dae van Israel nader kom dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my liefde en trou—begrawe my tog nie in Egipte nie. (Gen 47:30)  Wanneer ek met my vaders ontslaap het, bring my dan weg uit Egipte en begrawe my in hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord. (Gen 47:31)  Toe sê hy: Sweer my dit tog. En hy het vir hom gesweer. Toe het Israel in aanbidding gebuig oor die koppenent van die bed.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Geen opmerkings nie: