Woensdag 23 Januarie 2013

Die EVANGELIE

Wat is die evangelie?  Ons lees van die "evangelie van die koninkryk", "die evangelie van Jesus Christus" en die "evangelie van vrede" - wat is die verskil?  Is daar enige verskil?

---------------------------------------------------------------------------------------------


(Mat 4:23)  "En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees" .


Ons merk dat Jesus die "evangelie van die koninkryk" verkondig het oral waar Hy rondgegaan het (Matt. 4:23, Matt. 9:35, Mark. 1:14, Luk. 4:43, Luk. 8:1, Luk. 16:16).  Hy het die volgende opmerking gemaak in Mar 1:15  "en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie" - van watter "evangelie" praat Hy hier wanneer Hy se, "glo die evangelie"?

-Praat Hy hier van Homself? (in ag geneem dat dit aan die begin van Sy bediening was en Hy nog nie gekruisig en opgestaan het uit die dood nie en nog nie opgevaar het nie)

-Praat Hy van die "evangelie van vrede"? 

-Praat Hy van die "evangelie van die koninkryk"?

 Alhoewel Jesus in Sy prediking wel getuig het van Sy Messiaskap teenoor sekeres (Matt. 20:28 ens.),  moet ons verstaan dat Sy leringe heelwat verder gestrek het as dit .
Die evangelie wat Jesus verkondig het, het nie net gegaan oor
*  die "evangelie van Jesus Christus" (m.a.w. die feit dat Hy die Messias is en die Een wat sondes vergewe en terugkom om te oordeel en 'n ewige koninkryk gaan oprig) nie, maar dit het ook gegaan oor die
*    "evangelie van vrede" ( - die feit dat God "geen aannemer van die persoon is nie", maar dat in ELKE NASIE die een WAT HOM VREES en GEREGTIGHEID DOEN, Hom welgevallig is", die feit dat "HY  HERE IS VAN ALMAL" );
*  ook het Hy die "evangelie van die koninkryk" verkondig waarin Hy vir hulle leringe gegee het rondom Sy koninkryk (voorwaardes om kinders van die koninkryk te raak, asook voorwaardes om uiteindelik die koninkryk te beerwe); -alhoewel die evangelie van Jesus Christus en van vrede, nie geskei kan word van hierdie dinge nie - dus kan ons se dat dit alles deel is van die evangelie van die koninkryk; maar toe Jesus lering gegee het oor  die evangelie van die koninkryk, het dit meerendeels gegaan oor die voorwaardes om kinders van die koninkryk te word, asook die voorwaardes om te kan ingaan in die koninkryk, m.a.w. "om gereed te wees", "vrug van die gelowige" ens.

In sommige kerke word net dele van die EVANGELIE verkondig - die "evanglie" gaan inderdaad nie NET OOR die "evangelie van Jesus Christus" nie, ook nie NET OOR "die evangelie van die koninkryk" nie, ook nie NET OOR "die evangelie van vrede" nie, maar dit alles saam vorm "die evangelie".
 (Waar daar bv. net bekering en wedergeboorte gepreek word, is dit nie die volle evangelie nie)
(Waar daar bv. net geloof gepreek word, is dit nie die volle evangelie nie)
(Waar daar net gepreek word oor die pad van godsaligheid, is dit nie die volle evangelie nie)

(Luk 16:16) " Die wet en die profete was tot op Johannesvan toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin".  
Alhoewel die wet en profete vervul is, beteken dit nie dat die Christen geen "wette" het nie! Inteendeel, in die evangelie van die koninkryk, het "wette" 'n sterker betekenis gekry en moet die geregtigheid oorvloediger wees! Die onderhouding van die wet, was inteendeel nooit bedoel as 'n weg na saligheid nie!  (Rom. 3-5) GEHOORSAAMHEID en GELOOF was altyd die voorvereiste. Net so is baie leringe in die "evangelie van die koninkryk" nie 'n manier om saligheid te verkry nie, maar eerder die manier hoe die Christen regtig "in die geloof" lewe. 
(bekering en geloof is noodsaaklik om "kinders van die koninkryk te word", maar as die kinders van die koninkryk nie die nodige vrug dra nie, kan hulle hul seunskap verloor!) 
(ons kan nie saligheid ontvang deur die onderhouding van wette nie, maar om in die wil van die Here te lewe, is 'n bewys dat iemand tot geloof gekom het).

Ook in die eerste gemeentes, het die dissipels nie die "evangelie van Jesus Christus" geskei van die "evangelie van die koninkryk" nie:
  (Hand. 8:12)  "Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie (1) aangaande die koninkryk van God en (2)die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue".
Let ook daarop dat toe Jesus gepraat het van hoe die evangelie aan die hele wereld verkondig sal word as getuienis, Hy volgens Matt. 24:14 die woorde "die evangelie van die koninkryk" gebruik het. Die evangelie behels dus nie net die feit dat Jesus vir ons gesterf het sodat ons sondes afgewas kan word nie, maar behels ook die feit van Sy koninkryk (nie net voorwaardes van hoe om "kinders van die koninkryk" te raak nie, maar ook die voorwaardes van hoe om uiteindelik die koninkryk te beerwe, want sou iemand nie laasgenoemde nakom nie, hulle hul "seunskap" kan verloor).  Hierdie "evangelie van die koninkryk" moet in die kerk, saam met die evangelie van Jesus gepreek word. Net so is die evangelie van vrede verkondig in die eerste gemeentes, saam met die evangelie van Jesus Christus - inteendeel, dit is een van die redes hoekom Jesus gekom het!

DIE FOUT VAN DIE ONGELOWIGE JODE, WAS NIE NET DIE FEIT DAT HULLE DIE MESSIAS VERWERP HET NIE, MAAR OOK DIE FEIT DAT HULLE NIE DIE NODIGE VRUG GEDRA HET NIE:
(Mat 21:42)  Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
(Mat 21:43)  Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
(Lees ook Matt. 3:7-11)

Wanneer ons dus praat van die "evangelie van die koninkryk", dan behels dit sowel die evangelie van Jesus Christus, asook die evangelie van vrede, asook Jesus se leringe rondom die evangelie van die koninkryk (voorwaardes en feite)
---------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK / KONINKRYK VAN GOD, behels:
(1)  die evangelie van JESUS CHRISTUS - bv. die feit dat Hy ons sondes vergewe (sodat ons kinders van die koninkryk kan raak); die feit dat Hy opgestaan het uit die dode as Eersteling (sodat vervul kan word, oorwinning oor die dood vir ons, wanneer ons met Sy wederkoms nuwe liggame kry)
 Terwyl die wet en die profete slegs na Jesus gewys het, gaan die evangelie van die koninkryk van God  oor Hom wat gekom het en weer gaan kom.  Die evangelie van die koninkryk behels ook (Hand. 18:23) dat ons kan getuig en bewys deur die wet en profete, dat Jesus Christus inderdaad die Messias is op wie almal gewag het!  Dus behels die evangelie van die koninkryk ook die uitleg van skrifte as voldoende bewyse.  Hierdie bewyse bevat o.a. "die vergifnis van sondes", "uitstorting van die Heilige Gees" ens., wat alles deel is van die bewyse dat Hy inderdaad die Messias is - so was Sy opvaarding na die Vader bv. nodig vir die uitstorting van die Heilige Gees ens.  Dus, die evangelie van die koninkryk, gaan oor die evangelie van Jesus Christus, want ook nie geskei kan word nie van: 
(2) die evangelie van VREDE - dat Hy HERE IS VAN ALMAL en daar geen onderskeid is tussen Jood en nie-Jood nie
(3)  en die evangelie van die koninkryk gaan oor die feite rondom die "koninkryk van God",
         voorwaardes om "kinders van die koninkryk" te word (saligheid - bekering en geloof);  
         en voorwaardes om uiteindelik die koninkryk te kan beerwe (Christelike lewe)(pad van godsaligheid)

-----------------------------------------------------------------------------------------------
vir verdere verse, sien my blogpost getiteld: http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html


Geen opmerkings nie: