Sondag 19 Mei 2013

Wat het Jesus bedoel met , "AAN HOM WAT OORWIN"?

VIR 'N DAGSTUKKIE WAT HIERDIE ONDERWERP BEVAT, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/dis-orraait-om-te-verloor.html
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Behandel gerus hierdie tema saam met die eindtyd onderwerp:  "WIT KLERE":
http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In hierdie blogpost gaan ons kyk na die presiese betekenis van die woorde 
"die wat oorwin" 
in die 7 briewe aan die 7 gemeentes (in Openbaring).  
In gewone taal sou ons die woorde "hom wat oorwin"  vertaal as "die wenner" - maar wat presies is dit wat die gelowige moet OORWIN (of wen)? 
Gelowiges is van mening dat hulle alreeds "oorwin het": (1Jn 5:5)  "Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?".  Daarom verstaan baie nie wat Jesus bedoel het met die woorde "die wat oorwin" nie.
---------------------------------------
Om presies te sien waarna Jesus verwys het, moet ons na die 7 briewe in konteks gaan kyk.  Die konteks waarin Jesus dit telkens gebruik het, was in wat Hy van elke gemeente VERWAG HET (m.a.w. voorwaardes!) - (nie net in die geval wanneer iemand afvallig begin raak het nie, maar selfs ook die wat regstap).   Vandag glo baie gelowiges dat daar geen voorwaardes aan gelowiges gestel moet word nie - DIT IS HEELTEMAL ONSKRIFTUURLIK!  Let wel dat al 7 briewe aan Christen GELOWIGES geskryf was, tog met baie voorwaardes, en waarskuwings!  Waar gelowiges nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, staan hulle die gevaar om hulle saligheid (of krone) te verloor. 
net die "wat oorwin", sal die beloftes deelagtig raak.

(Rom 12:21)  "Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie" - of die Christen dit nou wil erken of nie, maar geloof sonder werke, is dood!  Baie gelowiges speel die "genade-kaart" om sondes te probeer regverdig, maar die Skrif is duidelik daaroor, en Jesus ook in die 7 briewe aan die gemeentes, dat geloof sonder werke inderdaad dood is!

(2Pe 2:19)  "Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword.
(2Pe 2:20)  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste".

(1Jn 5:4)  "Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof" - min gelowiges verstaan wat "geloof" beteken, maar bely tog dat hulle "glo"?  Uit die voorwaardes wat Jesus stel aan die 7 gemeentes hieronder, sal ons 'n goeie prentjie kry van "wat geloof regtig beteken"!  Let wel dat "bekering" 'n groot deel is daarvan, om aanhoudende sonde af te le en jouself ondergeskik te stel aan die Here, m.a.w. Hom te kies bo die lewe - kyk ook na onderwerpe soos "om die Here te KEN", om ryk te wees in Hom, om Hom as eerste Liefde te ken, om "vas te hou wat jy het", en om in tyd van verdrukking, getrou te bly aan Hom tot die dood toe...  As ons wil bely dat ons oorwinning behaal deur die geloof, moet ons tog toon dat ons inderdaad "GLO" !?


- WAT GAAN BV. MET 'N "GELOWIGE" GEBEUR WAT NIE MEER DIE HERE AS EERSTE LIEFDE KEN NIE, (en homself nie bekeer nie)? (Sy kandelaar sal van sy plek verwyder word! -Openb. 2:5)

- WAT GAAN MET GELOWIGES GEBEUR WAT VASHOU AAN VALSE LEERSTELLINGS(en hulle nie daarvan bekeer nie en nie wegdoen daarmee nie)? (Jesus sal teen hulle oorlog voer met die swaard van Sy mond! - Openb. 2:16 - l.w., dit wat eintlik aan die goddeloses belowe is!)

- WAT GAAN MET GELOWIGES GEBEUR WAT DIE NAAM HET DAT HULLE LEWE, MAAR HULLE IS DOOD, (WIE SE WERKE  NIE VOLKOME VOOR GOD GEVIND IS NIE) ? (Jesus gaan op hulle afkom soos 'n dief, en hulle sal nie weet in watter uur Hy op hulle afkom nie!  - Openb. 3:3 - kyk ook hier na die onderwerp van oordeel)

-  WAT GAAN GEBEUR MET 'n GELOWIGE WAT NIE "VASHOU WAT HY HET" NIE?  (Sy kroon kan van hom weggeneem word! - Openb. 3:11)  



========================================================================


Ons gaan hieronder kyk na die volgende:

*  Wat dit was wat elke gemeente moes oorwin?  
* Wat die voorwaardes was wat Jesus aan hulle gestel het?


Kom ons kyk net eers vinnig na die verse waarin Jesus die woorde gebruik het, "aan hom wat oorwin"/"wie oorwin":

*  (Openb. 2:7)  "Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. 
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is".  -(aan die gemeente in Éfese)
*  (Openb. 2:11)  "Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. 
Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie".  -(aan die gemeente in Smirna)
*  (Openb. 2:17)  "Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. 
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang".  -(aan die gemeente in Pérgamus)
*  (Openb. 2:26)  "En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee"  -(aan die gemeente in Thiatíre)
*  (Openb. 3:5)  "Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele".  -(aan  die gemeente in Sardis)
*  (Openb. 3:12)  "Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam".  -(aan die gemeente in Filadelfía)
*  (Openb. 3:21)  "Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het".  -(aan die gemeente van die Laodicense)
========================================================================




(HIER VOLG 'N KORT UITEENSETTING - 
SIEN KORT OPSOMMING ONDERTOE)
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1)  Die gemeente van Efese:
Hulle het nie meer die Here as hulle Eerste Liefde geken nie - Jesus beveel hulle om hulle te bekeer en die eerste werke te doen!  - IN HIERDIE GEVAL MOES HULLE HULSELF BEKEER EN OPNUUT ONDERGESKIK STEL AAN DIE HERE - HOM EERSTE STEL IN HULLE LEWENS!  -dan sou hulle "wenners" wees (OORWINNAARS)!  (as hulle dit nie kon doen nie, dan die vreeslike uiteinde:  "anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie).


-----------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  Die gemeente van Smirna:  
Hierdie gemeente was armoedig (tog ryk in die Here!).  Jesus het van hulle verwag om te midde van verdrukking GETROU TE BLY TOT DIE DOOD TOE - dan sou hulle "wenners" wees (OORWINNAARS)!  

---------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  Die gemeente van Pergamus:
Alhoewel hierdie gemeente 'n vb. was van gelowiges wat vashou aan die Here se Naam en die geloof in Hom nie verloen het nie, het hulle tog valse leerstellings toegelaat in hulle midde, o.a. deur valse leerstellings  toegelaat wat sondes soos hoerery en afgodery regverdig het - Jesus waarsku diesulkes, dat sou hulle daarin voortstap, hulle onder dieselfde oordeel sal val as die goddeloses - wanneer Hy terugkom en oorlog voer met die swaard van Sy mond...  Hy verwag dus van hulle om te let op die pad van godsaligheid en weg te doen met valse leerstellings - dan sou hulle wenners wees (OORWINNAARS)!

 
--------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  Die brief aan Thiatire:
In dele dieselfde as die gemeente in Pergamus - hierdie gelowiges het die nodige werke, liefde, diens en geloof getoon, selfs lydsaamheid - tog het hulle 'n valse profetes toegelaat wat valse leerstellings verkondig het.  Vir die wat nie betrokke was by hierdie valse leerstellings nie, het Jesus beveel om VAS TE HOU dit wat hulle het totdat Hy kom  - dan sou hulle wenners wees (OORWINNAARS)! 

 (Openb. 2:26)  "En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee" 


--------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  Die gemeente van Sardis:
Sekere gelowiges in hierdie gemeente het die naam gehad dat hulle lewe, maar hulle was "dood" - hulle het dus die naam asof hulle vir die Here lewe, maar lewe vir hulleself; of bely dat hulle die Here ken, maar ken Hom nie werklik nie.  Jesus het van hulle verwag om hulle te bekeer (m.a.w. vir Hom begin lewe en Hom ken), die waarheid te onthou en dit te bewaar - dan sou hulle wenners wees (OORWINNAARS)!

------------------------------------------------------------------------------------------------
(6)  Die gemeente van Filadelfia:
'n Gemeente "met min krag", tog die wat die woord van Sy lydsaamheid bewaar het, en Sy Naam nie verloen het nie.  Jesus verwag van hulle om VAS TE HOU WAT HULLE HET, "sodat niemand hulle krone kan neem nie" - dan sou hulle wenners wees (OORWINNAARS)!

-----------------------------------------------------------------------------------------------
(7)  Die gemeente van Laodicense:
'n "LOU" gemeente - a.g.v. hulle rykdom - dit was gelowiges wat hulle sekuriteit in wereldse besittings, genot en lewe geplaas het.  Jesus het van hulle verwag om hulle te BEKEER, en hulle aangemoedig om ryk te word in Hom, die pad van godsaligheid na te jaag, en Hom as eerste Liefde te ken, hulle hoop in Hom te plaas, die waarheid te soek en vrug te dra wat by die bekering pas. - dan sou hulle wenners wees (OORWINNAARS)!



========================================================================
OPSOMMING:


WAT MOET DIE GELOWIGE DOEN "OM TE OORWIN" (IN onderstaande BRIEWE)?


(1)  MOET DIE HERE AS EERSTE LIEFDE KEN (as iemand Hom nie eerste stel in sy lewe nie, moet hy hom BEKEER - hy gaan dus 'n OORWINNAAR wees as hy daadwerklik homself opnuut bekeer en die Here as eerste Liefde begin ken - dit is iets wat hy moet DOEN)
(en as so iemand hom nie bekeer nie, dan die vreeslike uiteinde:  "anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie - l.w. dat Jesus hier gepraat het met gelowiges - hulle het die "werke" gehad, "lydsaamheid" en die "goeie liefgehad"!).

 (2)  Moet te midde van verdrukking GETROU BLY TOT DIE DOOD TOE (l.w. dat hierdie die teenoorgestelde is van wat vandag in baie kerke geleer word - inteendeel, a.g.v. valse leerstellings, glo baie gelowiges vandag dat die Here nie sal toelaat dat hulle deur verdrukking gaan nie!)(dit is duidelik dat Jesus van hierdie voorbeeldige gelowiges, wat terloops "ryk is in Hom", VERWAG dat hulle "getrou bly tot die dood" - Hy gaan hulle nie red uit die verdrukking uit nie, maar verwag van hulle om dit te verduur - dan sal hulle OORWINNAARS wees).

(3) Hy verwag van hulle om TE LET OP DIE PAD VAN GODSALIGHEID (nie stap in aanhoudende sondes nie, maar om heilig te lewe en te groei in hulle Christelike lewe) en WEG TE DOEN MET VALSE LEERSTELLINGS (dit sou tog beteken dat hulle die waarheid soek!)  ( L.w. dat  hierdie gemeente 'n vb. was van gelowiges wat vashou aan die Here se Naam en die geloof in Hom nie verloen het nie; tog het hulle valse leerstellings toegelaat in hulle midde!)(valse leerstellings veroorsaak dat gelowiges nie die waarheid soek nie en nie ag gee op die pad van godsaligheid nie - in hierdie geval het die gelowiges sekere sondes regverdig a.g.v. die valse leerstellings!  Dit gebeur in baie kerke vandag en gelowiges aanvaar ongeregtigheid in hulle midde a.g.v. valse leerstellings - sou hulle egter ag gee op die waarheid en die pad van godsaligheid, dan sou hulle die nodige onderskeiding kon maak!).

(4)  Vir die wat nie betrokke was by die valse leerstellings nie, het Jesus beveel om VAS TE HOU dit wat hulle het totdat Hy kom  (vgl. dit gerus met Luk. 18:1-9; 2 Thess. 2:15; Hebr. 6:18 ens.)(om "vas te hou" is iets wat "gedoen" moet word!)

 (Openb. 2:26)  "En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee" 

(5)  Die wat net die naam het dat hulle lewe, maar eintlik dood is,  moet hulle BEKEER tot die Here (m.a.w. vir Hom begin lewe en Hom ken)die WAARHEID ONTHOU EN DIT BEWAAR. (dit spreek dus van mense wat in die kerk sit en hulle voordoen - ook deur werke - asof hulle lewe in die Here, maar hulle ken Hom nie regtig nie en lewe vir hulleself, nie vir die Here nie)(hulle hoor die waarheid, die woord, maar bewaar dit nie - die sorge v/d lewe en die verleiding v/d wereld verstik die woord)(hulle moet hulself ondergeskik stel aan die Here, aan Sy wil, die woord meer bepeins, m.a.w. "die waarheid onthou", en hulle gedagtes vernuwe, m.a.w. "die waarheid bewaar")(vgl. dit met Mat 6:31-34 - "Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? (SORGE V/D LEWE)Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad").

(6)  HOU VAS WAT JY HET, "sodat niemand jou kroon kan neem nie"  (l.w., alhoewel hierdie gelowiges MIN KRAG gehad het, het hulle die woord van Sy lydsaamheid bewaar en nie Sy Naam verloen nie)(l.w. die woorde "sodat niemand jou kroon kan neem nie" - alhoewel hulle min krag het, het hulle alreeds "krone" verwerf, maar sou hulle nie "vashou" nie, kan hulle hul krone verloor!)(vele gelowiges het reg begin, maar met die tyd "opgegee" - so kan hulle hul krone verloor!)


(7)  Die gelowiges wat ryk is in besittings, hulle hoop plaas in wereldse sekuriteit en wysheid, en vriende van die wereld is, MOET HULLE BEKEER (praat van "lou" gelowiges)(hulle word aangemoedig om EERDER RYK TE WORD IN DIE HERE, SALF en WIT KLERE VAN HOM TE KOOP)(nie almal verstaan wat met "lou" bedoel word nie!  Lou Christene is die wat geestelik "arm, blind en naak" is - geestelik arm, maar ryk in aardse besittings; geestelik blind, maar het goeie sig en onderskeiding in wereldse dinge; geestelik naak, maar geklee op 'n wereldse wyse, in die sin van eerder vriende met die wereld wees, as om op te staan vir die waarheid en bereid te wees om deur verdrukking te gaan terwille van die Here)(bestudeer gerus die tema van afgodsdiens saam met hierdie, bv. kyk na gierigheid ens.)(hoekom word van hulle verwag om "wit klere" te koop - kyk my blogpost : http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit.html)

========================================================================









========================================================================


(1Jn 2:13)  Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader ken.
(1Jn 2:14)  Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------





Geen opmerkings nie: