Maandag 01 Julie 2013

Maar die wat buite is, word deur God geoordeel (2)

Lees die volgende blogpost saam met: http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/04/maar-die-wat-buite-is-word-deur-god.html (1)
========================================================================
Terwyl die Christen nie (die ongelowige) mag oordeel nie, beteken dit nie dat hy die sonde regverdig nie! 
 (spesifiek verwysend na die tema van "op sonde" oordeel)

Dit is immers hoe iemand tot bekering kom - "deur sy sonde te bely en af te le". 
 Daarom is dit deel van evangelisasie en is dit logies dat die preek van "afle van sonde" deel is van die gesprek waar die evangelie verkondig word. BEKERING was altyd saam met geloof gepreek:
-kyk Johannes se prediking;  
-ook het Jesus die belangrikheid van bekering gepreek;  
-kyk maar hoe die evangelie verkondig is in die eerste gemeentes...: http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/01/evangelie-verkondiging.html ;  
-kyk ook hoe die evangelie verkondig is aan die heidene - kyk bv.  Hand. 14:15- (rakende:  in Listre, toe Paulus  'n kreupele genees en die skare (Grieke) Paulus en Barnabas vat vir "gode" en aan hulle offers wou bring)(waar die evangelie aan heidene verkondig is)

-  Watter voorwaardes moes hulle nakom?
(1) Hulle moes hulle van "die nietige dinge" BEKEER - watter dinge?  -Afgodsaanbidding
-Kyk ook Hand 17:22-34 (hulle word ook gevra om hulle te bekeer van afgodsaanbidding)
-Kyk ook Hand. 26:1-23:
-  Watter voorwaardes moes die wat die evangelie hoor, nakom?
(1)  die heidene moet hulle van die duisternis tot die lig bekeer (van die mag van satan tot God)
(2)  moet GLO: (sal deur geloof vergifnis van sondes ontvang asook 'n erfdeel onder die geheiligdes)
(3)  almal moet tot inkeer kom en hulle bekeer tot God deur werke te doen wat by die bekering pas

Dus, terwyl die Christen nie vingers wys nie, is dit belangrik dat die ongelowige gewys word dat hy verlore is in sonde.

Om dus te se dat hoerery of homoseksualisme of lieg ens. sonde is, beteken nie "om te oordeel" nie; Maar om bloot vingers te wys na die ongelowige en om van hom te verwag wat ek van 'n gelowige verwag (nl. "om in geregtigheid te stap), is "oordeel". As ek as gelowige ondervra word of hoerery verkeerd is, dan is die waarheid dat dit verkeerd is, maar om in opstand te kom teen ongelowiges wat bv. hoereer, (soos Christene deesdae in opstand kom teen baie dinge wat die wereld doen) - dit sou verkeerde oordeel wees, want ek kan nie van die wereldling verwag om in geregtigheid te stap nie (tog maak dit nie die sonde reg nie!). Natuurlik is dit nie verkeerd wanneer daar van gelowiges verwag word om in geregtigheid te stap nie, maar ons kan nie dieselde van 'n ongelowige verwag wat ons van gelowiges verwag nie, want die gelowige verkry deur die geloof "geregtigheid", en begeer om die wil van die Here te doen (omdat hy glo), maar die ongelowige "glo nie", daarom soek hy sy eie wil.  Terwyl "werke" nie saligheid kan bewerk nie - hoekom verwag ons van iemand om "reg te stap" as hy nog nie "glo" nie? Vrug is 'n bewys dat iemand tot geloof gekom het - hoe kan ek dan nou van iemand verwag om die vrug te dra, as hy nog nie tot geloof gekom het nie?  Ons mag uitwys "wat sonde is" (en moet die evangelie bring), maar ons moet versigtig wees wanneer ons van ongelowiges verwag om in geregtigheid te stap, terwyl hulle nie "geregtigheid" ontvang nie (omdat hulle nie glo nie).

In Evangelisasie le die klem op geloof, nie wette nie (alhoewel iemand slegs tot geloof kan kom deur sy sonde af te le en die Here se wil te kies).   

Dus, alhoewel Christene getuig van die genade in hulle eie lewens en hoe hulle saligheid verkry het deur geloof, is dit ongelukkig nie wat hulle buitentoe preek nie. Baie Christene kom vandag in opstand teen al die verkeerd in die wereld, maar laat na om die evangelie te bring!  Die Christen se plig is nie om die afvalligheid te keer nie, maar om die evangelie te verkondig!   Wanneer Jesus terugkom, dan sal Hy hulle met 'n ysterstaf regeer (Openb. 2:27; 19:15)- Hy sal dit doen; dit is nie die Christen se plig om nou te regeer met 'n ysterstaf nie, want ons regeer nog nie - ons sal eendag saam met Hom regeer, ja, en Hy sal hulle met 'n ysterstaf regeer... Die Christen moet homself altyd sien as 'n dienskneg, nie as 'n regter nie. (Ook waar die Christen oordeel "die wat binne is", gaan dit oor om die persoon terug te bring op die pad, nie om regter te speel nie!).

"Maar die wat buite is, word deur God geoordeel" 

Geen opmerkings nie: