Sondag 17 September 2017

Onteer

In hierdie pos kyk ons hoe HOE DIE WOORD "ONTEER" GEBRUIK WORD in die Skrif. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
Om iemand of iets te "onteer" kan verwys:

- na vleeslike gemeenskap in spesifieke gevalle, soos in geval van waar dit afgedwing word (Gen. 34:2); ook in geval van egbreuk (Deut. 22:24; Rigters 20:5);  of waar 'n man 'n vrou neem en met haar gemeenskap het terwyl dit nie haar begeerte is nie, bv. 'n vrou onder die gevangenis uit oorlog (Deut. 21:14); of in geval van vl. gemeenskap buite die huwelik tussen ongetroudes (Deut. 22:29); of in die geval van homoseksualisme (Rigt. 19:24);

- na "besoedel" (m.a.w. "word onrein" gemaak) in spesifieke gevalle, bv. waar ontering deur vleeslike gemeenskap iemand besoedel of onrein maak (m.a.w., "onteer")(Gen. 34:5,13,27); 

- na "saamslaap" (saam rus) in spesifieke gevalle en lyk of dit verwys na gevalle met 'n seksuele konneksie - bv. waar vroue onteer word in tye van oorlog waar stede ingeneem en verwoes word (Jer. 3:2), of toe Tamar onteer is deur haar broer terwyl hulle nie getroud was nie (2 Sam. 13:12-14);

- na "iets wat ontnadig word" (soos faal, of tot 'n nul laat kom) in spesifieke gevalle, bv. sou 'n verbond verbreek word (Jer. 14:21);

- na "minag" (soos iets skandelik of waar iets skande ly) in spesifieke gevalle, bv. om 'n verbintenis te minag (Rom. 1:24; 2:23), of iets skandelik bv. vleeslike gemeenskap in die geval van homoseksualisme, waar hulle hul liggame onder mekaar "onteer" (minag)(Rom. 1:24).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

BETEKENIS VD WOORD IN SPESIFIEKE SKRIFGEDEELTES:
----------------------------------------------------------------------------------------------------
Hebr. woord "aw-naw":

bv. Gen_34:2  "Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer" (Hebr. woord "aw-naw'" - kan die volgende beteken: -verneder, besoedel, tugtig, hard behandel, afdwing, seermaak, verswak ens. In hierdie geval verwys dit na vleeslike gemeenskap wat afgedwing word).

Kom ons kyk na nog skrifte waar die woord "aw-naw" gebruik word:
Deu_21:14  En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar volgens haar begeerte laat gaan; maar jy mag haar glad nie vir geld verkoop nie; jy mag haar nie hard behandel nie, omdat jy haar onteer het. - hy mag eers by haar (vrou onder gevangenis-uit oorlog) ingaan en trou nadat sy haar vader 'n moeder 'n maand lank beween het...  En as hy geen behae in haar het nie, mag hy haar nie hard behandel nie maar haar volgens haar begeerte laat gaan.  In hierdie spes. geval wil dit voorkom of hy tog wel na die maand by haar ingegaan het en haar getrou het, maar haar ONTEER het omdat DIT NIE OOK HAAR BEGEERTE WAS NIE.  In hierdie geval is dit barmhartig van hom om haar te liewer te laat gaan!, onbarmhartig sou hy haar teen haar wil hou.  "Onteer" in hierdie skrifgedeelte gaan beteken dat hy haar (getrou en) beken het teen haar wil.

Deu_22:24  dan moet julle hulle twee na die poort van dié stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter, omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.  - die belofte "om te verloof " was soos bindend - asof sy alreeds aan iemand behoort. In hierdie geval was vleeslike gemeenskap nie afgedwing nie, maar wedersydig - die vrou wys dat sy ook skuldig is omdat sy nie geskreeu het nie - hy't hom dus nie op haar afgedwing nie, maar dit is hanteer asof hulle egbreuk gepleeg het. "Onteer" in hierdie skrifgedeelte beteken dat hy gemeenskap met haar gehad het terwyl sy nie aan hom behoort het nie (al was dit wedersydig, maar omdat dit wedersydig was, was sy ook skuldig!).

Deu_22:29  dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie. In hierdie geval was dit vl. gemeenskap buite die huwelik (en die meisie was ook nie verloof nie) - in so 'n geval was die man verplig om met die meisie te trou (en mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie)(asook die vader 50 sikkels silwer gee). "Onteer" in hierdie skrifgedeelte beteken dat hy gemeenskap met haar gehad het terwyl sy nie aan hom behoort het nie.

Jdg_19:24  Hier is my dogter wat ‘n jongmeisie is, en sy byvrou; laat ek hulle uitbring, onteer hulle dan en maak met hulle wat goed is in julle oë, maar aan hierdie man mag julle so ‘n skanddaad nie begaan nie.
Jdg_20:5  En die burgers van Gíbea het teen my opgestaan en in vyandskap teen my die huis omsingel in die nag; hulle het gemeen om my dood te maak, en my byvrou het hulle onteer, sodat sy gesterf het.  Die slegte manne vd stad het haar beken en heel nag sleg behandel (in so 'n mate dat sy gesterf het!).  "Onteer" in hierdie gedeelte, beteken dat hulle haar beken het terwyl sy na aan hulle behoort het nie en dit ook nie haar begeerte was nie.

2Sa_13:12  Maar sy sê vir hom: Asseblief nie, my broer, onteer ("aw-naw") my nie, want so iets mag in Israel nie gedoen word nie; moenie so ‘n skande begaan nie.
2Sa_13:14  Maar hy wou nie na haar luister nie en het haar oorweldig en haar onteer ("aw-naw") en met haar gemeenskap ("shaw-kab") gehad.  Vgl. dit met: (Lev 20:17 - "En as ‘n man sy suster neem, sy vader se dogter of sy moeder se dogter, en hy haar skaamte sien en sy sy skaamte sien, is dit ‘n skande. Daarom moet hulle voor die oë van die kinders van hulle volk uitgeroei word. Hy het die skaamte van sy suster ontbloot; hy moet sy ongeregtigheid dra")(Eseg. 22:11; Deut. 27:22).  Die ONTERING hier gaan oor die feit dat hy met haar gemeenskap gehad het terwyl hulle ongetroud was.
2Sa_13:22  Maar Absalom het met Amnon geen kwaad of goed gepraat nie, maar Absalom het Amnon gehaat, omdat hy sy suster Tamar onteer ("aw-naw") het.
2Sa_13:32  Maar Jónadab, die seun van Dawid se broer Símea, het geantwoord en gesê: My heer moet nie dink dat hulle al die jongmanne, die seuns van die koning, gedood het nie, maar Amnon alleen is dood, want dit was aan die gesig van Absalom te sien van die dag af dat hy sy suster Tamar onteer ("aw-naw") het.


Lam_5:11  Hulle het vroue in Sion onteer ("aw-naw"), jonkvroue in die stede van Juda.


Eze_22:10  Hulle het die skaamte van die vader in jou ontbloot; haar wat onrein was deur maandelikse onreinheid, het hulle in jou onteer ("aw-naw").  Vgl. met (Lev 18:19 - "Ook mag jy nie naby ‘n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie").


Eze_22:11  Die een het ‘n gruwelike ding gedoen met die vrou van sy naaste, en die ander het sy skoondogter verontreinig deur ‘n skandelike daad, en ‘n derde het in jou sy suster, sy vader se dogter, onteer ("aw-naw").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hebr. woord "taw-may":

Gen_34:5  Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina onteer (Hebr. woord "taw-may'" - besoedel, maak onrein) het, was sy seuns by sy vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het.

Gen_34:13  Toe antwoord die seuns van Jakob vir Sigem en Hemor, sy vader, met bedrog—hulle het so gespreek, omdat hy hulle suster Dina onteer het—
Gen_34:27  Die seuns van Jakob het op die gesneuweldes afgekom en die stad geplunder, omdat hulle hulle suster onteer het.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hebr. woord "shaw-gal":

Isa_13:16  En hulle kinders word voor hul oë verpletter, hul huise geplunder en hul vroue onteer (Hebr. woord "shaw-gal'" - saamslaap).

Zec_14:2  Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hebr. woord "shaw-kab":

Jer_3:2  Slaan jou oë op na die kaal heuwels en kyk! Waar is jy nie onteer (Hebr. woord "shaw-kab'" - neer te le vir rus of seksuele konneksie of iets anders - saamslaap, om 'n slapie te neem, rus ens.) nie? Aan die paaie het jy vir hulle klaar gesit soos ‘n Arabier in die woestyn, en jy het die land ontheilig deur jou hoererye en deur jou boosheid.

2Sa_13:12  Maar sy sê vir hom: Asseblief nie, my broer, onteer ("aw-naw") my nie, want so iets mag in Israel nie gedoen word nie; moenie so ‘n skande begaan nie.
2Sa_13:14  Maar hy wou nie na haar luister nie en het haar oorweldig en haar onteer ("aw-naw") en met haar gemeenskap ("shaw-kab") gehad.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hebr. woord "naw-bale":

Jer_14:21  Verwerp ons nie ter wille van u Naam; onteer (Hebr. woord "naw-bale'" - val weg, faal, moeg, ontnadig, kom tot nul, verwelk ens.) die troon van u heerlikheid nie; hou tog in gedagtenis, verbreek nie u verbond met ons nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Griekse woord: "at-im-ad-zo":

Rom_1:24  Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer (Griekse woord "at-im-ad'-zo" - minag, ly skande, skandelik).

Rom_2:23  Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet?

Maandag 28 Augustus 2017

Ware Christene DAGSTUKKIES

Sommige dagstukkies is 'N KORT OPSOMMING van die langdradige poste op hierdie "Ware Christene" blog, asook die samestelling van verskillende poste.  Die dagstukkies blog bevat ook sekere (kort) onderwerpe wat nie op hierdie blog bespreek word nie...
Klik hier om na die Dagstukkies blog te gaan. (Vir 'n volledige lys van onderwerpe op die Dagstukkies blog, gaan na die blog en klik op "onderwerpe op hierdie blog"). 
Om dagstukkies te ontvang via email, gaan na die blog en voltooi die "follow by email" opsie

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Hieronder is 'n lys van die laaste 17 DAGSTUKKIES:

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-HOE WORD EK 'N VRIEND VAN JESUS CHRISTUS?: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/08/how-word-ek-n-vriend-van-jesus-christus.html
-WAARNA VERWYS DIE SLEUTEL VAN DAWID?: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/08/waarna-verwys-die-sleutel-van-dawid.html
-WAT DOEN JY MET DIE "BESITTINGS" WAT DIE HERE AAN JOU TOEVERTROU": http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/08/wat-doen-jy-met-die-besittings-wat-die.html
-DIE HERE SE WINGERD: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/07/die-here-se-wingerd.html
-DIE KONINKRYK VD HEMELE IS SOOS,,, (3): http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/07/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_1.html
-DIE KONINKRYK VD HEMELE IS SOOS... (2): http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/06/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n.html
-DIE KONINKRYK VD HEMELE IS SOOS... (1): http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/05/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_23.html
-WIE SAL UITEINDELIK INGAAN IN DIE KONINKRYK VAN GOD? http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/04/wie-sal-uiteindelik-ingaan-in-die.html
-WAT BETEKEN DIT OM 'N REIN OF SUIWER HART TE HE? http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/04/wat-beteken-dit-om-n-rein-of-suiwer.html
-AAN WIE WORD DIE GEES VAN DWALING GESTUUR? http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/04/aan-wie-word-die-gees-van-dwaling.html
-IS DIE AARDE ROND? http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/04/is-die-aarde-rond.html
-WAARNA VERWYS SLEGTE VRUGTE WERKLIK? http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/02/waarna-verwys-slegte-vrugte-werklik.html
-DIE EET VAN REIN EN ONREIN DIERE: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html
-ONDERSKEI TUSSEN WAT IS REIN EN WAT IS ONREIN: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/10/onderskei-tussen-wat-is-rein-en-wat-is.html
-IS ALLES VIR DIE CHRISTEN REIN?  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/10/is-alles-vir-die-christen-rein.html
-WIE SAL INGAAN IN DIE NUWE JERUSALEM? http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/09/wie-sal-ingaan-in-die-nuwe-jerusalem.html
-LAAT U NAAM GEHEILIG WORD: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/09/laat-u-naam-geheilig-word.html

Sondag 13 Augustus 2017

Vrydag 11 Augustus 2017

Die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom

In die brief aan die gemeente van Filadelfía (Openb. 3:7-13) het Christus 'n interessante verklaring gemaak waarin Hy verwys na 'n tyd wat oor die hele wêreld sal kom, genoem:
"die uur van beproewing".
Om te verstaan wat met hierdie "uur van beproewing" bedoel word, moet ons gaan kyk na
wat die doel is daarvan,
en wie presies nou eintlik deur dit sal gaan.  
_________________________________________________________________________________

-  Wat is die doel van hierdie "uur van beproewing"?
Vir die antwoord hierop kan ons kyk na Openb. 3:10:  -"Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel".
- Maar natuurlik soos ons ook sien in hiedie gedeelte, sal nie almal sal op OP DIE PROEF GESTEL word nie!  Daar is 'n groep mense wat dit sal vryspring...(Openb. 3:10);  alhoewel die woorde "bewaar" in die uur van beproewing gebruik word, wat nie noodwendig beteken dat hulle dit sal vryspring nie, maar eerder kan beteken dat Hy hulle sal bewaar in hierdie tyd soos hulle bv. Sy woord "bewaar" (vashou/oppas).

Die woorde "uur van beproewing" verwys na 'n tyd van VERSOEKING.  Om die tema van "op die proef stel" beter te verstaan, moet ons gaan kyk na die tema van "versoeking" - bestudeer gerus die blogpos getiteld "Versoeking/Beproewing" - (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/bewaar-in-die-uur-van-beproewing.html). Versoeking gaan oor "om op die proef te stel".  Wanneer iemand nie die versoeking of beproewing deurstaan nie, "val hy af"!  Deur versoeking kan presies gesien word wat in iemand se hart aangaan. Dit is m.a.w. die toestand van elkeen se hart wat bepaal OF HULLE VERSOEKING KAN DEURSTAAN. Niemand van ons wil versoek word nie, want ons weet maar te goed dat daar baie dinge in ons harte is waaraan ons werk op die pad van godsaligheid (en terloops het Christus vir ons geleer dat ons moet bid dat ons nie versoek word nie). Die skrif leer bv. vir ons dat iemand deur sy eie begeerlikhede weggesleep en verlok word...  Christus het ook baie gepraat oor dit wat in die hart aangaan en o.a. verklaar dat dit dinge is wat uit die hart uit kom, wat iemand onrein maak (Matt. 15:18). Die tema vd "besnydenis van die hart", was nog altyd baie belangrik in beide die ou, en veral die nuwe testament!  Die gelowige wat AFVALlig word van God, is die met 'n bose en ongelowige hart (Hebr. 3:12) - vgl. dit gerus met die tyd van "AFVAL" waarvan gepraat word in 2 Thess. 2:3, wat net voor en/of rondom dieselfde tyd sal afspeel wanneer die mens van sonde of seun van verderf geopenbaar word! (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/08/want-eers-moet-die-afval-kom.html). Ons kan dus aflei, en dit wil dus voorkom, of hierdie "UUR VAN BEPROEWING" miskien te doen het met die AFVAL waarna verwys word in 2 Thess. 2:3.  Die wat in daardie tyd VERSOEK/BEPROEF word, sal getoets word, en hulle harte sal bepaal of hulle AFVALLIG word of nie... Natuurlik hou dit verband met verdrukking en vervolging vir die wat VASSTAAN, maar baie gelowiges sal val vir valse christusse en profete (en valse leerstellings), en "AFVAL" in hierdie uur van beproewing (versoeking) (2 Pet. 2:1; Matt. 24:24).

- Sommige wat bely dat hulle gelowig is het bose of ongelowige harte, wat veroorsaak dat hulle afval in tye van beproewing - 'n goeie vb. word gegee in die gelykenis van die saaier, waarin Christus verklaar wat gebeur met die Christen met 'n ongelowige hart, en Hy verklaar dat dit die is wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor, maar net vir 'n tyd glo! (Luk. 8:13) - EN LET WEL DIE WOORDE WAT HY DAAR GEBRUIK: ".....en in die tyd van versoeking val hulle af (v.13c)".
- 'n Vb. van 'n bose hart, is bv. die van Simon in Hand. 8:13-23 (en gaan hier oor waar iemand dit - in hierdie vb. "krag" - wat die Here gee, wil gebruik vir eie gewin!). Vgl. dit ook met wat die Skrif vir ons leer oor die laaste dae in 2 Tim. 3:1-9 en Jak. 5:3.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEBED kan help dat ons NIE in versoeking kom nie - (Luk 11:4b - ".....en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose"). Christus het vir ons hierdie waarheid geleer.  Gebed kan ons beskerm teen versoeking - kyk na die vb. in Luk. 22:46 en Mark. 14:38 (voor Christus gevange geneem is), hoe Hy die dissipels aangemoedig het om "TE BID"! Hoekom?  -dat hulle nie in VERSOEKING kom nie  (Mar 14:38 - "Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak"). Dit beteken egter nie dat die wat wel tyd in gebed spandeer nooit versoek sal word nie, maar wat dit beteken is dat die wat wel tyd in gebed spandeer, die krag sal he om versoeking te deurstaan (soos Christus versoek is in die woestyn), en gebed kan ook help dat iemand glad nie in versoeking kom nie! Die wat tyd in gebed spandeer, verkry krag en wysheid om ten spyte van versoeking VAS TE STAAN.  Ons weet goed dat die Here ons harte en denke verander wanneer ons in Hom bly, en ons krag gee vir wat ons moet doen (Joh 15:5 - "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie"). Christus het elke versoeking deurstaan, ook wanneer sommige uit die Fariseers en Sadduseers Hom probeer versoek het deur woorde (met die doel dat hulle Hom wou "laat val"), en telkens het Hy die krag gehad om vas te staan en die wysheid om hulle terug te antwoord (Matt. 16:1; 19:3; 22:19,35).  Die probleem met "versoeking" (of beproewing) is dat dit iemand kan "laat val" ("AFVAL"). Gelowiges word nooit bo hulle kragte versoek nie (m.a.w., die Here laat nooit toe dat hulle bo hulle kragte versoek word nie!)(1 Kor. 10:13 - "Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra"), maar ons moet verstaan dat dit die begeerlikhede van die hart is wat kan veroorsaak dat iemand verlok en versoek word... en des te meer hoe belangrik gebed is en om ons denke te vernuwe en ons gedagtes te plaas op die dinge daarbo.  Let ook op die konteks van 1 Kor. 10:13 - kyk veral na verse 6 en 14: (1Kor. 10:6 - "En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie).  Die manier hoe die gelowige hom/haarself beskerm teen versoeking, is deur gebed, en deur om ag te gee op die pad van godsaligheid.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kyk ons weer na die gemeente van Filadelfía, dan is daar sekere gelowiges daar aan wie Christus belowe dat hulle NIE soos die res van die wereld beproef sal word in die "uur van beproewing" nie (Openb. 3:8,10,11) - nie dat Hy die beproewing bring nie (Jak. 1:13), maar Hy sal hulle beslis daarteen beskerm, of hulle in hierdie tyd BEWAAR (oppas). In daardie sin het Hy vir hulle 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie!  Hy sal m.a.w. nie toelaat dat hulle in daardie spesieke "uur" versoek word soos die ander nie, sodat hulle geen rede kry om AF te VAL nie;  of andersins beteken dit dat Hy hulle die krag sal gee om die versoeking te verdra (en hulle op daardie manier bewaar).  Dit beteken egter nie dat hulle geen verdrukking ly nie!, want dit is tog duidelik dat hierdie gemeente weet wat dit is om te ly en ten spyte van verdrukking Sy woord bewaar het en Sy Naam nie verloën het nie!  "Beproewing" beteken nie "verdrukking" nie (alhoewel beproewing kan lei daartoe dat iemand verdruk word - d.w.s., die een wat nie AFVAL weens beproewing nie...).

Maar hierdie belofte om die uur van beproewing, hetsy vry te spring of bewaar te word midde dit, word slegs aan sekere Christene gemaak;  en nee, hierdie verwys NIE na wegraping voor die groot verdrukking soos sommige leer nie!  As ons verstaan wat presies met "verdrukking" bedoel word, dan sal ons verstaan dat geen Christen gevrywaar is van verdrukking en vervolging nie.  (Joh 15:20 - "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar").  Dit is ook interessant om te sien dat waar daar van "die afval" gepraat word in 2 Thess. 2:1-3, die KONTEKS van daardie skrif gaan oor hoe die Here vir hulle verligting sal gee wanneer Hy terugkom....- verligting van wat?  -van VERDRUKKING!  Die feit dat die Here sal toelaat dat sommige die "uur van beproewing" vryspring, beteken nie dat hulle nie verdruk sal word nie, maar wat dit beteken is dat hulle nie op daardie manier VERSOEK / BEPROEF sal word wat kan veroorsaak dat hulle afval en die deur vir hulle gesluit word nie.  En as Hy toelaat dat hulle op ander maniere versoek word, dan sal Hy vir hulle die uitkoms gee... (1 Kor. 10:13)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk wie dit is aan wie die Here Jesus hierdie belofte gemaak het (dat hulle nie deur die uur van beproewing sal gaan nie):

-  die met min krag (m.a.w., hulle sal nie bo hulle kragte versoek word nie!);

-  die wie Sy woord bewaar (bv., die wat hulle nie wend tot afgodsdiens nie-Deut. 33:9/Eks. 32:25-29; en die wat hulle voete terughou vd verkeerde pad, m.a.w. "ag gee op die godsaligheid"-Ps. 119:101; en die wat die waarheid bewaar en dit nie verdraai of verander om te wees "die oorlewering van mense" nie-Mark. 7:13; en die wat die woord ter harte neem-Luk. 11:27-30; en die wat glo in Christus Jesus, dat Hy die Seun van God is en glo in die waarheid wat Hy gebring het-Joh. 8:46-51 en 17:6-8; en die wat Christus Jesus KEN en Sy gebooie bewaar-Joh. 14:21-23 en 1 Joh. 2:3-5; en die wat die waarheid wat die dienskneg van die Here bring, ontvang-Joh. 15:20);

-  die wat nie Sy Naam verloën nie (m.a.w., die wat die Here vrees eerder as wat hulle vrees dat hulle doodgemaak word-Matt. 10:28-33;  en die wat bereid is om hulle lewens te verloor ter wille van die koninkryk-Matt. 16:24,25; en die wie se werke wys dat hulle die Here KEN-Tit. 1:16; en die wat nie Sy waarheid verloen nie-2 Pet. 2:1 en Jud. 1:4);

-  die wat die woord van Sy lydsaamheid bewaar (m.a.w., die hoop wat deur lydsaamheid kom-Rom. 5:4 en 15:4 - wat l.w., "deur verdrukking kom"!-Rom. 5:3; en om die goeie stryd van die geloof te stry deur ag te gee op die pad van godsaligheid en vergenoeg te wees, m.a.w. om eerder die wil van die Here te doen wat beteken dat ons lyding moet verdra...-2 Thess. 3:5 en 1 Tim. 6:11 en 2 Tim. 3:10 en Tit. 2:2 en Hebr. 10:36 en Jak. 1:1-5;  en dus "hulle wat VERDRA-Jak. 5:11; 2 Pet. 1:6; Openb. 2:3; Openb. 2:19; en die wat lyding verdra ter wille van die woord, selfs tot die dood-Openb. 13:10; 14:12);

-  die wat VASHOU! (m.a.w. die wat vashou aan die Here se wysheid, nie wereldse wysheid nie-Spr. 3:18 en Openb. 2:14,15; en die wie Sy woorde vashou, m.a.w. Sy gebooie onderhou-Spr. 4:4; en die wat aan die Here vashou deur Hom te vrees-Ecc. 7:18; en die wat vashou aan reg en geregtigheid en aan Sy verbond -Jes. 56:1,2,4 en Dan. 11:32; en die wat vashou aan die waarheid en Christus se leringe, nie die wat vashou aan menslike leringe nie-Mark. 7:3 en 1 Kor. 11:2; en die wat vashou aan die evangelie en die geloof in Christus Jesus, die belydenis van hoop, en 'n goeie gewete-1 Kor. 15:2 en Fil. 2:16 en Kol. 2:19 en 1 Tim. 1:19 en Tit. 1:9 en Hebr. 3:6,14 en 4:14 en 10:23).
_________________________________________________________________________________

(Jak. 1:2)  Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
(Jak. 1:3)  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
(Jak. 1:4)  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.
(Jak. 1:5)  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Woensdag 09 Augustus 2017

Want eers moet die AFVAL kom...

Let wel dat bg. pos oor "Want eers moet die AFVAL kom...",
oorgeskuif het na die Eindtyd Onderwerpe blog:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die maat van sondes wat vol word...

Let wel dat bg. pos oor "SONDES WAT VOL WORD...",
oorgeskuif het na die Eindtyd Onderwerpe blog:
http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/08/die-maat-van-sondes-wat-vol-word.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Donderdag 06 Julie 2017

Hierdie eeu / Volgende eeu

Let wel dat bg. pos "Hierdie eeu/Volgende eeu" 

Sondag 25 Junie 2017

Die Sabbat

In hierdie pos gaan ons kyk na die tema van "die sabbat".
-Moet die sabbat nog onderhou word?
-Hoe moet die sabbat vervul word? 
-Hoekom hou meeste Christene kerk op Sondag en nie op Saterdag (sabbatdag) nie, en maak dit saak watter dag? 
-Wat het Christus vir ons geleer oor die sabbat? 
-Wat is die doel van die sabbat?
-Wat word bedoel met die toekomstige "sabbatsrus"? 
-Het die betekenis vd sabbat verander tussen die ou en nuwe testament? 
_________________________________________________________________________________

Daar was 'n SABBATSRUS belowe vir die volk van God (vgl. met Hebr. 4:9-16).
Hierdie belofte van "rus", is beide huidig en toekomstig:
- (huidig) - want die Christen (die wat GLO) het alreeds in Sy rus ingegaan (en rus dus van die werke van die wet, m.a.w. het ingegaan in die "geestelike" koninkryk van God)(want net soos God 6 dae gewerk het en op die 7de gerus het, so kom die rus na die werk...).  (Heb 4:1)  Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie-
- (toekomstig) - maar hierdie rus is ook toekomstig omdat gelowiges en gehoorsames eers volkome sal rus wanneer hulle eendag in die "fisiese" koninkryk van God ingaan ("in Sy rus ingaan") (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html).

Vgl. gerus hierdie tema met hoe die Here baiemaal in sewes werk:  -6 dae werk, 7de dag volkome rus (Lev. 23:3); - 6 jaar die land bewerk, 7de jaar volkome rus (Lev. 25:4)..ens.
Jesus Christus se "fisiese" koninkryk word gesien as die tyd wanneer ons finaal in Sy (volkome) rus ingaan. Heelwat geleerdes is van mening dat sewes ook hier 'n rol speel - m.a.w. "6000 jaar land wat werk, en aarde sal dan 1000 jaar "rus" (Christus se 1000 jaar regering). Die 7de dag rus onder die wet (die Sabbat) het veral vinger gewys na dit wat sou kom, nl. "die Sabbatsrus" - m.a.w., "die sabbatsrus" waarna verwys word in Hebr.4 - huidiglik gaan die Christen "geestelik" in in hierdie sabbatsrus maar verkry dit eers werklik wanneer Christus terugkom (en dit is slegs die gehoorsames en gelowiges wat dan sal ingaan - rol af om hierdie beter te verstaan) - dit is m.a.w. huidig, maar veral toekomstig!  Die huidige rus of sabbat verwys veral na hoe die Christen rus van die werke vd wet, maar wat weer op sy beurt "vingerwys" na (of 'n skaduwee is van) die Sabbatsrus wat kom, nl. die 1000 jaar Ryk...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
MAAR nie almal wat bely dat hulle gelowig is, sal in daardie rus van die Here ingaan nie!:

*  Wie sal NIE in die rus van die Here ingaan nie?
- Die ONGEHOORSAMES en die ONGELOWIGES
(kyk veral hoe dit in Hebr. 3 verduidelik word)(en Psa_95:11 - "sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!").
Heb_3:11  sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
Heb_3:18  En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?
(Heb 3:19)  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.

*  Wie sal dus wel ingaan in die rus van die Here? 
- Die GEHOORSAMES en die GELOWIGES.

LET WEL DIE WAARSKUWING WAT AAN HIERDIE HEILIGE BROEDERS GEGEE WORD IN HEBR. 3 (m.a.w. "broeders wat afgesonder is vir die Here):  -(Heb 3:12 - "Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie").  Hierdie is geskryf aan GELOWIGES! (word in v.1 genoem "deelgenote van die hemelse roeping"). En dit is 'n waarskuwing vir hulle. Baie Christene sal vandag aanstoot neem in so 'n waarskuwing, want hulle glo dat niks wat die Christen doen, hom van sy saligheid kan beroof nie...!?  Hierdie is 'n leuen wat vandag deur baie predikers gepreek word.  Die waarheid is dat werke wel geloof beinvloed!, want werke wys of iemand inderdaad 'n dienskneg is van die Here (m.a.w., "werke" is 'n bewys van of iemand glo of nie)(Rom. 6). Die dissipels het baie oor hierdie onderwerp gepraat, en soos ons ook sien hier in Hebr. 3 is geloof sonder werke inderdaad dood!  Hebr. 3 verduidelik dat baie gelowiges in die O.T. nie ingegaan het nie a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof, en waarsku dat hierdie gelowiges (in die N.T.) moet toesien dat hulle nie soos daardie betrokke gelowiges in die O.T., opeindig nie...  Christene gaan wel huidiglik in Sy rus in, in die "geestelike" Koninkryk van God, maar sal slegs ingaan in die "fisiese" Koninkryk van God (toekomstige volkome rus) as hulle GEHOORSAAM en GELOWIG bly (as hulle vashou / die wat oorwin).  Bv., geen Christen wat hoereer agter afgode aan (sonder om hom daarvan te bekeer), sal ingaan in die koninkryk nie, want dit is slegs die wat "vashou"en die wat "oorwin" wat sal ingaan (Openb. 2 en 3). Wanneer Christus terugkom, sal baie opstaan, maar nie almal sal opstaan tot lewe nie (Joh. 5:29; Hand. 24:15).
(1Kor. 6:8)  Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.
(1Kor. 6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
(1Kor. 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. Sommige Christene dink dat hulle in sondes kan voortstap sonder om hulle daarvan te bekeer en dan steeds nog ingaan in die koninkryk van God wanneer Christus terugkom, maar die waarheid is dat wanneer Christus terugkom, Hy die koring (die wat wel vrug dra) van die kaf sal skei ("kaf" verwys na die wat lyk soos koring, maar nie vrug dra nie);  en daar sal ook skeiding gemaak word tussen die koring (m.a.w. ware gelowiges) en die onkruid (m.a.w. valse gelowiges);  asook tussen die skape (die barmhartiges) en bokke (die onbarmhartiges)...Matt. 25:31-46).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die viering vd Sabbat was 'n dag wat die volk vir ewig in hulle geslagte moes vier  -  hoekom?  WANT DIT WAS 'N TEKEN TUSSEN GOD EN DIE VOLK EN HULLE IN HUL GESLAGTE (Eks. 31:13)... Net soos God 6 dae gewerk en op die 7de dag gerus het, so moes die volk 6 dae werk en rus op die 7de. Die 7de dag was 'n dag van VOLKOME RUS, 'n dag wat hulle moes heilig (AFSONDER) vir die Here: Eks. 31:17 - " Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik". Alhoewel meeste Christene van mening is dat die Sabbat nie meer soos 'n wet onderhou hoef te word nie, is hulle tog oortuig daarvan dat daar 'n dag in die week moet uitgesit/afgesonder (geheilig) word  vir die Here, en besef ook die belangrikheid van fisiese rus (Eks. 20:8-11). Christus het ook vir ons geleer dat die sabbat gemaak is vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie! (Mar 2:27).  Die rede waarom God spesifiek die 7de dag geseen en geheilig (afgesonder) het in Gen. 2:3, is omdat Hy op die 7de dag gerus het van al Sy werke. Dit is dan ook die rede waarom "die dag" vir baie so 'n groot kwessie is. Maar alhoewel die Sabbat gevier was op die 7 de dag, is dit tog interessant hoe die eerste gemeentes veral bymekaargekom het op die 1ste dag van die week (Sondag) - (Joh. 20:19; Hand. 20:7; 1 Kor. 16:2). Dit was ook op die 1ste dag van die week wat aan hulle bekend gemaak is dat Christus Jesus opgestaan het uit die dood (Joh. 20:1; Luk. 24:1; Mark. 16:2,9).  En dit wil voorkom of die uitstorting vd Heilige Gees ook plaasgevind het op die 1ste dag van die week (Lev. 23:15)(?).  Geen wonder dat meeste Christelike kerke "sabbat" hou op die 1 ste dag vd week! Maar dit was nie iets snaaks die idee van samekomste op die eerste dag vd week nie, want op sekere geleenthede was die EERSTE DAG ook uitgesit as 'n heilige dag in die O.T. (Eks. 20:16; Lev. 23:7,8,35; Num. 28:18).  Dit is wel ook duidelik dat die Jode in die tyd vd eerste gemeentes steeds vergader het op die 7de dag vd week (Sabbat)(Saterdag), en die apostels het hiervan gebruik gemaak deur die evangelie te bring op hierdie dae, en lering te gee in die sinagoges op die Sabbat..., maar dit beteken nie dat hulle in die eerste gemeentes die 7de dag spesifiek uitgesit het vir lering nie, want in heelwat skrifte sien dat die eerste Christene bymekaargekom het op die eerste dag vd week... (en volgens Hand. 2:46, "dag vir dag" volhard in die tempel!).

(Eks 31:13,14 - "Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig. Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit").  Alhoewel die Sabbat 'n teken was vir die wat dit hou, was dit ook 'n TEKEN vir die volke rondom.  Die volke wat dit aanskou het, het dit gesien as 'n teken van wat?  -Eks. 31:13 ".....................sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig". Die Sabbat was dus ook 'n teken vir die ander volke, want deurdat die Hebreeuse volk hierdie Sabbat gehou het, het hulle vir die ander volke gewys dat hulle AFGESONDER (geheilig) is vir die Here! (vgl. dit met die tema van priesters).  Ons kan seker sê dat die bymekaarkom van Christene in die N.T. (hetsy watter dag ookal!) ook op dieselfde manier vir ander mense wys wie dit is wat vir die Here geheilig / afgesonder is. Ander mense kan op hierdie manier sien wie dit is wat bely dat hulle Christene is en vir Hom leef, en deur Hom gebruik word (omdat hulle afgesonder is). In die O.T. was hierdie wet van Sabbat-onderhouding spesifiek aan die volk van Israel gegee omdat die Here hulle uitgekies het tussen al die volke om vir Hom 'n volk te wees (om hulle vir Hom te HEILIG), maar in die N.T. word enige iemand uit enige stam, taal, volk of nasie geroep, sou so iemand hom bekeer tot die Here en glo in Sy Seun Christus Jesus...(Openb. 5:9)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html).  Die Christene uit die heidene word dus deel van die kinders van Abraham omdat hulle behoort aan Christus, en deur die Gees Sy kinders is...(Gal. 3:7) - dus "deel van die nageslag van Abraham" (Gal. 3:29) - wie? ...die wat gedoop is in Christus (Gal. 3:27,29)(dit is egter slegs die wat gewederbaar is, wat sal ingaan in die koninkryk van God-Joh. 3:3).  En l.w. dat Christus gebore is uit die nageslag van Dawid (uit die nageslag van Israel).  So beteken dit dan dat Christene verplig is om die Sabbat te onderhou op die 7de dag?, siende dit ingestel is as 'n EWIGE teken tussen die Here en die kinders van Israel? (- Eks. 31:17 - " Tussen My en die kinders van Israel is dit (die Sabbat) vir ewig ‘n teken..."). Baie Christene reken so;  tog, sou ons hierdie feit vgl. met die vleeslike besnydenis, wat terloops ook ingestel was as 'n ewige verbond! (Gen 17:13), pas hulle nie dieselfde reels daarop toe wanneer dit kom by vleeslike besnydenis nie!, en is die N.T. baie beslis daaroor dat dit nie van ons as Christene verwag word om die teken vd besnydenis te hou nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html).  Daarom moet ons verstaan dat wette verskillend vervul word in verskillende tydperke;  of sal ons liewer sê dat Christus vir ons kom wys het "HOE" dit vervul moet word.  Op dieselfde wyse wat die vleeslike besnydenis verskillend vervul word in die N.T. (as in die oue) omdat die klem is op die besnydenis van die hart en die teken vd besnydenis slegs 'n skaduwee was van wat sou kom, net so het Christus vir ons die uitnemender weg kom wys van hoe die sabbat vervul moet word, en moet ons onthou dat:  (1) -Die Seun van die mens is Here ook van die sabbat! (Mark. 2:28; Matt. 12:6,8):  As die priesters bv. in die tempel kan besluit wanneer dit geoorloof is om die sabbat "te ontheilig", hoeveel te meer kan Jesus Christus daaroor besluit, want, het Jesus vir hulle gese: (Mat 12:6)  "...Een wat groter is as die tempel, is hier". Laat Christus besluit hoe die sabbat geheilig word, en wanneer dit toelaatbaar is om dit te ontheilig (want na regte dink ons somtyds dat iets "ontheilig" word deur 'n sekere daad, terwyl ons net nie verstaan hoe dit vervul word nie...). Hy het ook verder vir ons geleer dat: (2) -Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie (Mark. 2:27).  Die Sabbat is nie veronderstel om gesien te word soos slegs 'n wet wat iemand moet onderhou nie, maar bedoel om ter wille vd mens te wees - dit gaan nie oor "om die Sabbat te dien" nie, want die sabbat is vir die mens gemaak...  (rol af na die gedeelte "wat het Christus vir ons geleer oor die Sabbat?").  DIE SABBAT GAAN VERAL OOR DIE TEMA VAN "RUS"!  Ons liggame het beslis fisiese rus nodig (werk 6 dae, rus 1 dag), maar dit verwys nie net na fisiese rus nie, maar ook nie geestelike rus, en dit is hierdie feit wat veroorsaak dat die vervulling van die sabbat verskillend lyk tussen die N.T. en die oue.  In die N.T. RUS die Christen vd werke vd wet (dit is waarvan die sabbat o.a. 'n teken was in die O.T.), maar alhoewel huidig, is hierdie rus ook toekomstig wanneer die wat oorwin in "Sy volkome rus" ingaan, wanneer Hy terugkom (daar wag 'n Sabbatsrus vir die volk.. - vgl. hierdie met Christus se koninkryk...).  En in die N.T. gaan die sabbat nie oor 'n spesifieke dag nie, maar "vandag"! (Hebr. 4)("vandag as julle Sy stem hoor...") - want elkeen wat nie hulle harte verhard nie maar luister wanneer hulle "vandag" Sy stem hoor, het die belofte om eendag in te gaan in die ewige Sabbatsrus.

Dus, net soos wat daar meer ag gegee word op die geestelike betekenis vd besnydenis in die N.T., net so word daar meer ag gegee op die geestelike betekenis vd Sabbat in die N.T......
- bv., Die ewige teken vd besnydenis is steeds geldig, maar die klem is op die geestelike, nie die vleeslike nie. En terloops, in die O.T. het selfs die vleeslike besnydenis niks beteken as hulle nie ook hulle "harte besny" het nie!  In die N.T. is die wet vd besnydenis nie tot niet nie, maar die klem is op die besnydenis van hart en ore (en dit is "hoe" dit vervul word in die N.T.)(die vleeslike besnydenis was slegs 'n TEKEN!) - m.a.w., in hierdie sin kon ons seker sê dat die wet vd besnydenis "anders vervul word" in die N.T.
-  Op dieselfde wyse het die wet vd Sabbat in die O.T. slegs gewys op die rus wat daar vir die volk belowe is... (huidig - rus van werke/en toekoms - ewige sabbatsrus).  Ook in die N.T. (en vir ewig!) is die wet van die Sabbat nie tot niet nie, maar die klem is op "vandag" (nie 'n sekere dag nie), en op "om in Sy rus in te gaan" (in die sin van "rus van werke vd wet").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Waarvan was die Sabbat 'n teken?
Dit het verwys na 'n RUS waarin die volk sou gaan.
Rus van wat?  - "rus van werke".
Rus van watter werke?  - "die werke van die wet".
Dit is slegs die GEHOORSAMES en GELOWIGES aan wie die belofte gemaak is dat hulle sou ingaan in hierdie rus (Hebr. 3 en 4).  'n TEKEN is iets wat uitgevoer word deur iemand wat daardeur sy geloof bevestig in iets/iemand spesifiek.  Die Christelike Doop is bv. 'n TEKEN - die wat hulle Christelik laat doop, bely dat hulle glo in die Here Jesus Christus en plaas hulle hoop in Sy vergifnis en hoop op die opstanding tot lewe wat deur Hom gegee gaan word...  Die Nagmaal is ook 'n TEKEN - die wat dit neem, bely dat hulle glo dat Christus Jesus se bloed vir ons sondes betaal, en Sy liggaam vir ons gebreek is...  Hierdie sakramente is seremonies wat deur die gelowiges gevolg word.  Alhoewel die Christelike Doop en die Nagmaal deur Christus Jesus soos wet neergele is en gelowiges die opdrag het om hierdie tekens of seremonies te vier, moet ons ook verstaan dat verskillende seremonies pas in verskillende "bedelings".  As Christene dan nou die rus waarna die seremonie van die sabbat (as toe nog 'n toekomstige gebeurtenis) verwys, betree het, dan maak dit nie sin waarom die Christene vd N.T. steeds verplig sou wees om hierdie sakrament te vier nie (alhoewel ons moet onthou dat die doel vd Sabbat ook gegaan het oor "fisiese rus", en daar steeds nog 'n sabbatsrus oorbly...).  En dit is presies waarna die Hebreers skrywer verwys in Hebr. 3 en 4.  Baie van die wat behoort aan die volk van Israel wag nog op hierdie sabbatsrus want baie van hulle was ONGEHOORSAAM en ONGELOWIG! (Hebr. 4:9-11)(ongehoorsaam aan Christus Jesus)(verharde harte-Hebr. 4:7).  Vir so iemand maak die sakrament van die Sabbat sin, want hulle wag nog op hierdie RUS waarin hulle "VAN HULLE WERKE SAL RUS".  Die klem le op gehoorsaamheid en geloof - en net soos baie wat die sabbat gehou het onder die wet ongehoorsaam en ongelowig was (en die sabbat dus niks vir hulle beteken het nie), net so is daar ongelowige en ongehoorsame Christene wat bely hulle rus van die werke van die wet, maar nie regtig RUS (in die N.T.) nie, omdat hulle nog nie rus van hulle werke nie...  Hulle probeer steeds deur wette die Here beindruk, in plaas van om hulle tot Hom te bekeer en Hom gehoorsaam te wees en in Hom en in Sy waarheid te glo.

Die gehoorsame en gelowige Christen het reeds die RUS betree, en rus alreeds van die werke van die wet! Vir die Christen om nog hierdie TEKEN vd O.T. (7de dag sabbat) te vier asof hy nog nie in die RUS ingegaan het nie, maak dus nie sin nie, maar sou hy 'n sabbat neem om van sy fisiese werke te rus, of ag gee op die pad van godsaligheid waar gehoorsaamheid en geloof bo werke gekies word, dan is hy besig om te verstaan waaroor die sabbat werklik gaan! (en dan gaan dit ook nie slegs oor 'n spesifieke dag nie, maar "vandag).  Kyk ons bv. na briewe aan eerste gemeentes, word die Sabbat in die N.T. nie noodwendig gesien as 'n wet of opdrag nie, maar elkeen neem die dag waar soos hy vrede het daaroor (Rom. 14:5-8).  Christene word selfs beveel dat hulle mekaar nie mag oordeel in spys (wat ons mag eet) of in drank of  met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie (Kol. 2:16-23)(maar mag natuurlik ook nie mekaar kwalik neem sou dit wel vir iemand belangrik wees om 'n fees of sabbat te vier of ag te gee op die manier hoe hy eet nie....)(Rom. 14:3-13).  Dit wil tog voorkom asof dit nie so belangrik was om ag te gee op "die dag" (m.a.w. "watter dag) nie, want volgens Hand. 2:46 het hulle DAAGLIKS volhard in die tempel, en is brood DAAGLIKS van huis tot huis gebreek onder die eerste Christene... Hulle het ook ELKE DAG in die tempel, en van huis tot huis, lering gegee!
-Hand. 2:46 - "En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet".
-Hand. 5:42 - "En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is".
-(Kyk ook Luk. 24:53).
Die manier hoe die sabbat dus vervul word in die N.T. is nie bloot om die sabbat te hou asof die mens gemaak is vir die sabbat nie, maar die sabbat(rus) is vir die mens gemaak. Neem jou liggamlik rus, maar verstaan dat die wet van die sabbat slegs vervul word wanneer iemand GEHOORSAAM is aan Hom en in Hom GLO - dit is slegs die gehoorsames en gelowiges wat kan bely dat hulle die sabbat heilig (hulle vervul die wet van die sabbat). Daardeur sal ander sien wie regtig aan die Here behoort!, en wie priesters is vir Hom!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Om in Sy rus in te gaan" verwys egter nie alleenlik na die huidige rus waarin Christene nou rus van die werke vd wet nie, maar verwys ook na 'n toekomstige gebeurtenis! http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/05/in-sy-rus-ingaan.html.  Christene rus alreeds vd werke van die wet (waarvan die Sabbat 'n teken was), maar sal eers volkome rus wanneer hulle in die fisiese ewige koninkryk ingaan. Sommige skrifte bevestig hierdie feit dat die volk van God eers werklik IN TOTALE RUS SAL VERKEER wanneer hulle in hul land gevestig is en al hulle vyande verwoes is.  Dit verwys na die wat Sy koninkryk beerwe!  (en ons moet verstaan dat die koninkryk van God nie net geestelik is nie, maar ook fisies!)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html). Christus Jesus se ewige koninkryk, wat begin met die 1000 jaar, en Sy heerskappy vanuit Jerusalem (en Sy heilige berg), word ook in Jes. 11:9,10 voorgestel as 'n RUSPLEK. Om in "rus in te gaan" verwys dus na verskillende dinge in die skrif (en kan o.a. selfs verwys na doodgaan!-Eccl. 8:10), maar verwys in die N.T. veral na hoe ONS DOODGAAN VIR DIE WET MAAR LEWE VIR DIE HERE.  Ons sien egter dat die wat vroeer die beloofde land ingegaan het, dit verloor het deur hulle ONGEHOORSAAMHEID.  Net so het die wat oppad was na die beloofde land maar ONGEHOORSAAM was, die kans verloor om in te gaan!  Hierdie is die dinge waarna verwys word in Hebr. 4... Moet ons egter ook onthou dat die belofte aan die kinders van Israel as die uitverkore volk nie tot niet gegaan het nie!, maar sal nog volkome in vervulling gaan;  inteendeel, die Christene uit die heidene word deel van hierdie volk!!! (word "kinders van Abraham).  

(Exo 31:16)  En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond.
(Exo 31:17)  Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.  So, alhoewel ons wil redeneer dat die wet van die Sabbat spesifiek gemaak is aan die KINDERS VAN ISRAEL (as "ewige teken"),
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat het Christus vir ons geleer oor die sabbat?

Wat ons moet verstaan is dat Jesus nooit die sabbat tot niet gemaak het nie, maar eerder vir ons kom leer het hoe dit VERVUL word.  Baie mense daardie tyd, en ook vandag, sien die sabbat as 'n offer wat aan die Here gebring (moet) word, maar Jesus het vir ons kom leer "hoe ons die sabbat moet sien", en dat dit eerder gaan oor die onderhouding vd eerste twee gebooie (m.a.w., die wat gelowig en gehoorsaam is, is die wat die sabbat vervul).  Hy't bv. geleer dat barmhartigheid belangriker is as offers...  Christus is Here oor die sabbat! (Mark. 2:28).  Hy besluit HOE die sabbat vervul word.

Kom ons kyk na 'n paar lesse wat Christus vir ons geleer het oor die Sabbat:
(1)  (Mar 2:27)  "En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie".

Konteks? (Mark. 2:23-28):   Jesus en Sy dissipels het op die sabbat deur die gesaaides geloop en are pluk, iets wat die Fariseers geglo het nie geoorloof was nie.  Jesus herinner hulle aan hoe Dawid, en die wat by hom was, in die huis van God ingegaan het en die toonbrode geeet het toe hulle honger was al was slegs die priesters geoorloof om dit te eet (vgl. dit met 1 Sam. 21:1-6).  
En daarmee se Hy dan: (v.27) - "Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie". 

Mattheus verduidelik dit nog verder:  
(Mat 12:3)  Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie—toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het—
(Mat 12:4)  hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?
(Mat 12:5)  Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie?
(Mat 12:6)  En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier.
(Mat 12:7)  Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie;

Jesus verduidelik hier dat die doel nie is om die sabbat te onderhou ten spyte van nie, maar ter wille van die mens;  die offerande is nie belangriker as die barmhartigheid nie.  Alhoewel dit nie geoorloof is om op die sabbat te werk nie, bedoel dit nie dat dit onbarmhartig moet geskied nie, want baie dinge wat as "werke" gesien word, is ook "barmhartigheid".  Die doel van die Sabbat was nie bedoel om gesien te word soos slegs 'n wet nie (m.a.w. "die mens is nie gemaak vir die sabbat" nie), maar bedoel om ter wille van die mens te wees (m.a.w. "die sabbat is gemaak vir die mens). Die sabbat moet die mens dien, nie die mens die sabbat nie. So dus, alhoewel dit nie geoorloof was om op die sabbat te werk nie, is sekere "werke" nie verkeerd op die sabbat nie, bv. werke van barmhartigheid - want die Here soek eerder barmhartigheid as offerande!
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html.  Hier het Christus begin wys hoe die vervulling vd wet vd Sabbat anders vervul word as wat hulle gedink het...  

(2)  Die volgende stelling wat Hy maak, is:  (Mar 2:28; Matt. 12:6,8)  "Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat".  As die priesters in die tempel dan kan besluit wanneer dit geoorloof is om die sabbat "te ontheilig", hoeveel te meer kan Jesus Christus daaroor besluit, want, het Jesus vir hulle gese: (Mat 12:6)  "...Een wat groter is as die tempel, is hier".  Alles wat Hy van die Vader hoor, het Hy aan ons bekend gemaak (Joh. 15:15). Buitendien is hierdie feit ook bevestig in Hos. 6:6 dat die Vader 'n behae het in liefde, nie in offerande nie, en in kennis van God, meer as brandoffers! Barmhartigheid en liefde hier gaan oor kompassie en om gunstig te wees teenoor ander mense - om "om te gee".   Baie dinge waarvoor die Fariseers vir Jesus kwalik geneem het, was wanneer Hy barmhartig was, bv. om iemand te genees op die sabbat, of om saam met die tollenaars en sondaars te eet terwyl Hy vir hulle die evangelie deel (Mark. 9:10-13)...   Kyk ook wat Jesus gese het in Mat 23:23 - "Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat".  Hier het Hy beslis vir hulle gewys dat dit gaan "oor die hart", en dat die wet vd sabbat nie vervul word deur slegs 'n offer nie, maar deur geloof en gehoorsaamheid.

Die hele wet en die profete hang aan die eerste twee gebooie (Matt. 22:40).  Die wet word VERVUL deurdat ons die Here liefhet en ons naaste liefhet, nie net deur bloot offers te bring nie! IN DAARDIE SIN IS DIE BLOTE ONDERHOUDING VAN DIE WET SELF, NIE BELANGRIKER AS die BARMHARTIGHEID NIE!  - inteendeel, barmhartigheid vervul daardie wet!!! DIE MANIER VAN HOE "DIE WET" vervul WORD, IS DUS ANDERS AS DIE MANIER HOE DIE FARISEERS DIT VERSTAAN HET! As hulle in Christus Jesus geglo het, en geglo het dat Hy Here is (groter as die tempel en Here vd sabbat!), dan sou hulle Hom nie verkeerdelik beoordeel het nie. Die feit dat hulle hom en Sy dissipels verkeerdelik geoordeel het toe hulle are gepluk het op die sabbat (toe hulle honger was), wys dat hulle nie Jesus se outoriteit aanvaar het nie want sou hulle in Hom glo, dan sou die barmhartigheid vir hulle belangriker wees as die offer.  Die manier "hoe die wet vervul word" is dus anders as wat ons baiemaal dink - Jesus (wie die outoriteit het) het vir ons kom toon hoe dit vervul word en ook hoe die sabbat vervul moes word en dat dit nie slegs soos 'n offer gesien moes word nie.

(3)  So onbarmhartig was hulle dat toe Jesus op een sabbat ingaan in die sinagoge waar ook 'n man was met 'n verdorde hand, het hulle Hom in oog gehou en het gewag vir die geleentheid om Hom aan te kla sou Hy die man genees op die sabbat (Mark. 3:1-6).  So min het hulle gevoel vir die man wat genesing nodig het - wat eerder vir hulle belangrik was, was die offer van die sabbat.  As hulle egter eerder ingestel was op barmhartigheid, dan sou die offer van die sabbat nie belangriker wees nie. Vgl. dit ook met Luk. 13:11-17. Hulle het verstaan dat hulle diere gevoed moet word ook op 'n sabbat en het daardie "werk"  regverdig op 'n sabbat, maar het nie daardie selfde barmhartigheid gehad vir hulle naaste nie. (Luk 13:15,16 - "Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie? Maar hierdie vrou wat ‘n dogter van Abraham is, wat die Satan—dink daaraan! —agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?"). Vgl. ook met Luk. 14:1-6 en Joh. 5:1-18 en Joh. 7:10-24 en Joh. 9. In Joh. 7:24 beskuldig Jesus hulle daarvan dat hulle verkeerd oordeel:  (Joh 7:24 - "Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel"). 

(Mar 3:1)  En Hy het weer in die sinagoge gegaan, en dáár was ‘n man met ‘n verdorde hand.
(Mar 3:2)  En hulle het Hom in die oog gehou, of Hy hom op die sabbat gesond sou maak, sodat hulle Hom kon aanklae.
(Mar 3:3)  En Hy sê vir die man met die verdorde hand: Staan op in hul midde.
(Mar 3:4)  Daarop sê Hy vir hulle: Is dit geoorloof om op die sabbat goed of kwaad te doen, ‘n lewe te red of dood te maak? Maar hulle het stilgebly.
(Mar 3:5)  En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.
(Mar 3:6)  Toe gaan die Fariseërs uit en hou dadelik raad met die Herodiane teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.

Hierdie is baiemaal die rede waarom mense dink hulle vervul die wet, maar dit dan nie vervul nie omdat dit vir hulle gaan oor slegs die offer i.p.v. bv. barmhartigheid en liefde.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Laat niemand julle dan oordeel........met betrekking to 'n .....................sabbat"?:
(Kol 2:8)  Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie..................................(Kol 2:16)  Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, (Kol 2:17)  wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus......................(Kol 2:20)  As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge (Kol 2:21)  soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? —
(Kol 2:22)  almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense,(Kol 2:23)  wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees. (Kol 3:1)  As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.(Kol 3:2)  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.(Kol 3:3)  Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

- Die aandag in hierdie skrifgedeelte moet wees op Jesus Christus - op hoe ons na Hom moet kyk en moet ag gee op Sy beginsels (nie die wereld se beginsels nie).  Mense oordeel verkeerd wanneer hulle ander oordeel op "wereldse beginsels" (menslike wysheid/gebooie).  Waarna hy hier verwys is nie dat ons glad nie wette het of bv. nie die sabbat moet onderhou nie, maar eerder dat ons getrou moet bly aan wat Jesus vir ons geleer het oor die wette en die vervulling daarvan.  Dit is duidelik dat die manier hoe hulle verstaan het dit vervul word, nie noodwendig die manier is hoe die Here dit bedoel het nie. As gevolg daarvan het hulle Jesus en Sy dissipels verkeerd geoordeel.  Wanneer iemand nie ag gee op die kennis wat Jesus vir ons gebring het nie, dan oordeel hy op die manier "hoe hy sien", nie op hoe die Here "sien" nie!  Dit is waarna Paulus hier verwys.  Die gelowige is nie sonder wette nie, maar ons moet verstaan hoe dit vervul word.  Die vir wie dit slegs gaan oor "offers bring", gee duidelik nie ag op Jesus se leringe nie!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na skrifgedeeltes waar die sabbat ingestel was:

(Gen 2:1)  So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.
(Gen 2:2)  En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.
(Gen 2:3)  En God het die sewende dag geseën en dit geheiligomdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

Aan die volk Israel na die uittog:
(Exo 20:8)  Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.
(Exo 20:9)  Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
(Exo 20:10)  maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
(Exo 20:11)  Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.

(Exo 31:13)  Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
(Exo 31:14)  Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
(Exo 31:15)  Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ‘n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.
(Exo 31:16)  En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond.
(Exo 31:17)  Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat is deur die Apostels besluit en geleer oor of die heidene wat tot bekering kom (wat nie Jode is nie)... - watter wette moes hulle gehoorsaam

In hierdie gedeelte was die kwessie nie die wet vd sabbat nie, maar dit het gegaan oor die wet vd vleeslike besnydenis.  Net soos die sabbat, was die wet vd besnydenis ook ingestel as 'n ewige verbond (Gen. 17:13).  Tog, al word die Christene uit die heidene ook deel van die nageslag van Abraham deur die waterdoop, was dit in die eerste gemeentes nie van hulle verwag die mans vleeslik besny word nie. Deur te kyk na hoe hierdie onderwerp van vleeslike besnydenis hanteer is, kan ons dalk beter verstaan hoe ons moet kyk na die wet vd sabbat, wat terloops ook 'n ewige instelling was... 
(Act 15:5)  Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.
(Act 15:6)  En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.
(Act 15:7)  En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.
(Act 15:8)  En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.
(Act 15:9)  En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.
(Act 15:10)  Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels ‘n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?
(Act 15:11)  Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.
(Act 15:12)  En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.
(Act 15:13)  En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders, luister na my!
(Act 15:14)  Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.
(Act 15:15)  En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:
(Act 15:16)  Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,
(Act 15:17)  sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.
(Act 15:18)  Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.
(Act 15:19)  Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie,
(Act 15:20)  maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed.
(Act 15:21)  Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word.
(Act 15:22)  Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochíë te stuur saam met Paulus en Bárnabas, naamlik Judas, met die bynaam van Bársabas, en Silas, manne wat voorgangers onder die broeders was.
(Act 15:23)  En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: Groete!
(Act 15:24)  Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou,
(Act 15:25)  het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus—
(Act 15:26)  manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.
(Act 15:27)  Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring.
(Act 15:28)  Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:
(Act 15:29)  (1)dat julle jul onthou van afgodsoffers (2) en van bloed en van wat verwurg is (3) en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!

Kyk ook na Hand. 21:
(Hand. 21:21)  En hulle is aangaande u vertel dat u al die Jode onder die heidene leer om van Moses afvallig te word deur te sê dat hulle die kinders nie moet besny nie en ook nie volgens die sedes moet wandel nie.
(Hand. 21:22)  Wat staan ons dan te doen? Dit is dringend nodig dat die menigte bymekaarkom, want hulle sal hoor dat u gekom het.
(Hand. 21:23)  Doen dan wat ons vir u sê. Ons het vier manne wat ‘n gelofte gedoen het;
(Hand. 21:24)  neem hulle en heilig u saam met hulle en betaal die koste vir hulle, sodat hulle hul hoofde kan skeer en almal kan weet dat daar niks is in wat van u vertel word nie, maar dat u self ook wandel as een wat die wet onderhou.
(Hand. 21:25)  Wat egter die gelowiges uit die heidene betref het ons geskrywe en besluit dat hulle niks van dié aard moet onderhou nie, maar hulle net moet (1) onthou van afgodsoffers en (2) bloed en van wat verwurg is, (3) en van hoerery.

Die wet "om te besny" is steeds geldig, maar dit word op 'n ander manier vervul: 
-(Rom 2:25)  Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy ‘n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword.
(Rom 2:26)  As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie?
(Rom 2:27)  En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis ‘n oortreder van die wet is nie?
(Rom 2:28)  Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;
(Rom 2:29)  maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.



-(Rom 4:9)  Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.
(Rom 4:10)  Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.
(Rom 4:11)  En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;
(Rom 4:12)  en ook ‘n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.
(Rom 4:13)  Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.


-(Rom 15:8)  En ek sê dat Jesus Christus ‘n dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waaragtigheid van God, om die beloftes aan die vaders te bevestig;

-(1Kor. 7:18)  Is iemand as ‘n besnedene geroep—hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep—hy moet hom nie laat besny nie.

(1Kor. 7:19)  Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.

-(Ef. 2:11)  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,

(Ef. 2:12)  dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.
(Ef. 2:13)  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.
(Ef. 2:14)  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het
(Ef. 2:15)  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep
(Ef. 2:16)  en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.
(Ef. 2:17)  En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;
(Ef. 2:18)  want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.

-(Php 3:3)  Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;



-(Col 2:11)  in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,
(Col 2:12)  omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.
(Col 2:13)  En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,

-----------------------------------------------

Op dieselfde wyse wat die besnydenis anders vervul word, is die wet van om die sabbat te onderhou steeds geldig, maar Christus het vir ons gewys HOE dit vervul word.  Die manier hoe die wette van God vervul word, moet wees volgens Christus se beginsels, volgens hoe "Hy sien", nie hoe ons sien nie! Daarom word daar bv. nie van die Christen verwag om die Sabbat te onderhou volgens die wet van Moses nie, maar volgens hoe Christus Jesus vir ons kom leer het. Die N.T. is baie beslis daaroor dat dit nie van ons as Christene verwag word om die teken vd besnydenis te hou nie, al was dit tog 'n ewige insetting.  Die rede hiervoor is NIE omdat die wet vd besnydenis TOT NIET is nie, maar Christus het vir ons kom wys HOE dit vervul word (bv. "besnydenis vd hart"), en daarom wil dit lyk of dit ANDERS vervul word as in die O.T.  Op dieselfde wyse wat die vleeslike besnydenis verskillend vervul word in die N.T. (as in die oue) omdat die klem is op die besnydenis van die hart (nie op die vleeslike besnydenis nie, en die teken vd besnydenis slegs 'n skaduwee was van wat sou kom), net so het Christus vir ons die uitnemender weg kom wys van hoe die sabbat vervul moet word.  Om hierdie rede het die paar wette wat die dissipels op die Christene uit die heidene gele het, bv.
(Hand. 15:29)  
(1) dat julle jul onthou van afgodsoffers

(2) en van bloed en van wat verwurg is 
(3) en van hoerery, 
nie beteken dat dit al wette is wat aan hulle gegee is, of dat wette tot niet is nie, maar dit beteken dat die wet op 'n baie uitnemender manier vervul word in die N.T. as in die oue - en in geval van hierdie 3 wette in v.29, word dit op dieselfde wyse vervul, soos baie ander wette wat veral spreek teen sonde.  Kyk maar hoeveel wette word aan Christene gegee in die briewe aan die gemeentes, maar nie met die doel om hulle terug onder die wet van Moses te plaas nie, maar sodat hulle besef hoe belangrik GEHOORSAAMHEID en GELOOF is, en dat dit die juiste manier is hoe hulle die wet vervul!  Ons vervul nie die wet bloot deur wette na te kom nie, maar sal dit slegs vervul WANNEER ONS HARTE REG IS. In bg. geval leer ons dus dat dit nie gaan oor die vleeslike besnydenis nie, maar meer oor die "besnydenis vd hart"!  Al is iemand ook vleeslik besny, beteken sy besnydenis niks as hy nie ook besny is na die hart nie...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 09 Junie 2017

Gesigte en Drome

In hierdie pos gaan ons kyk na die tema van "drome" en "gesigte sien".
Bestudeer gerus die studie oor "slaap" saam met hierdie onderwerp: http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/slaap-en-die-geestelike-betekenis-van.html 

INLEIDING:------------------------------------------------------------------------------------------------------------Petrus gebruik die woorde "in 'n verrukking van sinne" wanneer hy verwys na die gesig wat hy gesien het in Hand. 10:10; 11:5.  Paulus het ook hierdie woorde gebruik in Hand. 22:17 waar hy vertel van hoe hy in 'n wedersydse gesprek met die Here was... 

Om "gesigte te sien" en "drome te droom" is veral die 2 maniere waarop die Here met Sy PROFETE gepraat het (Num. 12:16)(maar natuurlik praat Hy ook op ander maniere met ons, bv, deur Sy woord en deur Sy Gees -Hand. 10:19...)Geen wonder dat gelowiges genoem word 'n "priesterdom" in die N.T. (1 Pet. 2:9)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html), want dit was profeteer dat na die uitstorting van die Heilige Gees die seuns en dogters sal PROFETEER -  l.w. die woorde in Hand. 2:17,18 - "die ou mense sal DROME DROOM" en "jongelinge GESIGTE SIEN" (vgl. Joel 2:28). Ons sien ook vele voorbeelde in die boek van Handelinge, hoe die Here steeds met Sy dienaars praat d.m.v. drome en gesigte (in die N.T.).  Drome en gesigte is nie iets wat slegs in die O.T. hoort en verbygegaan het nie... 

In die Ou Testament was God se Gees nie op al Sy dienaars uitgestort nie.  Die volk van God was bv. "diensknegte" van God genoem, tog het net sekeres van die volk die Gees ontvang(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/die-gees-van-god-1.html).  Die wat wel die Gees van God ontvang het, was die wat bekwaam gemaak is om spesifieke werke vir die Here te doen,  om Sy wil aan die volk bekend te maak en hulle te waarsku waar hulle verkeerd gaan (2 Sam. 23:2). In die O.T. het die Here veral deur GESIGTE en DROME met Sy diensknegte gepraat, en gebruik steeds o.a. gesigte en drome in die N.T. om Sy wil bekend te maak, mense te waarsku, en spesifieke opdragte te gee aan Sy kinders... Die dienskneg wat gevul is met die Gees van God, het nie nodig om 'n profeet op te soek sodat hy die Here kan raadpleeg nie, maar raadpleeg self vir Christus Jesus - en die manier hoe die Here hulle antwoord en opdragte gee en waarsku, is somtyds d.m.v. "gesigte en drome". (Heb 1:1 - "Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun)(Matt. 23:10). 

Die groot verskil tussen die O.T. profete en die N.T. profetiese bediening gaan veral daaroor dat die wet en profete (van die O.T.) TOT OP JOHANNES (die doper) was...(Matt. 11:13).  Voor Johannes die Doper was die koninkryk van die hemele (DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK) nie gepreek deur die wet en profete nie! (Matt. 11:12,13);  dit was wel aangeraak en hulle het geweet daarvan, maar die EVANGELIE daarvan was verborge (Matt. 13:35). Die feit dat die wet en profete tot op Johannes was, beteken nie dat daar geen profetiese bediening is in die N.T. nie, want wat Christus vir ons hier wil leer in Matt. 11, is nie dat die tyd van "drome droom" en "gesigte sien" verby is nie, maar eerder dat met die tyd van Johannes, die tyd aangebreek het waarin die evangelie vd koninkryk verkondig word... -(Luk 16:16 - "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin").  Dit beteken ook nie dat die wet tot niet is nie!, want in die koninkryk van die hemele het wette eerder 'n sterker (en ook klem op die geestelike) betekenis. Baie Christene verstaan nie hierdie dinge nie, omdat hulle nie die leringe oor die koninkryk van die hemele (koninkryk van God) ernstig opneem nie. As ons nie ag gee op die evangelie wat Christus gebring het nie, dan verstaan ons nie die koninkryk van die hemele nie, al is ons ook in dit!  Ja, die gawes van die Gees is net so deel van die koninkryk van die hemele as wat dit deel was van die Geesvervulde dienaars in die O.T. En die manier hoe die Here met Sy diensknegte praat, is baiemaal d.m.v. gesigte in drome (ook in die N.T.).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons kan miskien dink dat om 'n gesig te sien maar dieselfde is as 'n gewone droom, maar dit is nie heeltemal korrek nie;  alhoewel, gesigte kom somtyds d.m.v. drome, maar dit beteken nie dat wanneer die Here met iemand praat deur 'n gesig, dit slegs iemand se verbeelding is soos sinnelose drome nie.  Somtyds is 'n gesig in die vorm van 'n voorstelling soos beelde of diere ens. (bv. Hand. 10:11; Dan. 7...).  Somtyds gee die Here 'n woord deur 'n droom of gesig, of Hy gee 'n opdrag, of wys iets wat in die toekoms gaan gebeur... (rol af vir skrifgedeeltes).  Hierdie "verrukking van sinne" voel net so werklik vir die persoon wat dit ervaar asof dit regtig besig is om te gebeur (Hand. 12:9) - die een wat dit beleef, se sinne beleef dit ook! (Hebr. 12:21-verskrik en sidder)(Dan. 10:7,8-groot skrik, geen krag, sy gesonde kleur aan hom het verander en verdwyn)(Dan. 10:16-deur krampe oorval...), ens.. 'n Goeie vb. hiervan is in Hand. 12:9 - Petrus het gemeen dat hy 'n gesig sien toe die engel hom uitlei uit die gevangenis, terwyl dit werklik plaasgevind het - eers toe hy die straat bereik en die engel hom verlaat het, toe besef hy dat dit werklik gebeur het en nie net 'n gesig was nie (v.11)(neem kennis dat Petrus glad nie onbekend was met gesigte sien nie-Hand. 10) - en dat die rede waarom hy nie op daardie tydstip besef het dat dit nie 'n gesig is nie, maar werklikheid, is omdat die ervaring van 'n "gesig sien" vir hom niks verskillend was van die werklikheid nie....  

"Gesigte" kom nie altyd d.m.v. drome nie, maar kan wel kom deur 'n droom (en die Skrif verklaar dat dit tydens diepe slaap gebeur-Job 33:15). Koning Nebukadnésar het bv. GEDROOM van 'n beeld (Dan. 2), maar Daniel beskryf dit as 'N GESIG wat hy gesien het! (Dan. 2:31). Ander terme wat gebruik word vir wanneer 'n gesig deur 'n droom kom,  is "droomgesig" (Dan. 4:5,18; 7:1), "naggesig" (Job 33:15; Jes. 29:7; Dan. 2:19), " 'n gesig in die nag gesien" (Dan. 7:2; Sag. 1:8; Hand. 16:9), "gesigte van sy hoof op sy bed" (Dan. 2:28; Dan. 4:5,10,13; Dan. 7:1)... In Dan. 2:1,2 word ook vir ons vertel dat die gesig wat hy in die nag gesien het,  'n "droomgesig" was - en die woorde wat gebruik word daar wat dit bevestig, is:  "toe het hy die droom opgeskrywe".  Dus sien ons dat 'n gesig baiemaal in die vorm van 'n droom na iemand kom. Paulus is in Hand. 16:9 'n gesig in die nag gewys waardeur hy 'n opdrag ontvang het.  Die 4 diere wat Daniel in Dan. 7 gesien het, was ook deur 'n droomgesig. Kyk ook Hand. 18:9...  Die Here praat baiemaal met mense d.m.v. drome - kyk bv. hoe Hy vir Abimeleg gewaarsku het in Gen. 20:3 d.m.v. 'n droom;  en vir Laban in Gen. 31:24;  en Pilatus se vrou in Matt. 27:19...e.a.  Josef is 'n goeie vb. van iemand met wie die Here gedurig gepraat het d.m.v. drome (Gen. 37:8) - en ons sien ook hoe hierdie drome alles vervul is op hulle tyd (Gen. 37:20-42:9; 44:14...). Kyk ook vir Josef van Maria...(Matt. 2:12-22).  En Jakob (Gen. 28;  31:10,-12). En Hy't aan Salomo verskyn in 'n droom (1 Kon. 3:5,15)....(rol gerus af na "skrifgedeeltes" vir nog vb.e).  Job maak 'n interessante stelling waardeur hy verklaar dat dit deur DROME is (naggesigte)(en in "diepe slaap")(Job 33:15-20) wat die Here mense se ore open, en o.a. waarsku.  Meeste drome is nietig soos "baie woorde", of soos "die dwaas se woorde" (Ecc 5:3,6)(Ps. 73:20)..., maar wanneer die Here met iemand praat deur 'n droom, is dit beslis nie nietig nie en in baie gevalle is mense verskrik deur hierdie ervaring of dit maak hulle onrustig... (Dan. 2:1,2; 4:4; Job 7:14; 4:14) - en hulle ONTHOU die droom baie presies!  DROME (en/of GESIGTE) is 'n manier wat die Here gebruik om vir mense opdragte te gee of aan hulle Sy wil of iets bekend te maak, of hulle te waarsku... (soos die goddelike waarskuwings aan Josef - Matt. 2:12,13 en 22).  

MAAR nie oral waar iemand 'n gesig sien, is dit altyd d.m.v. 'n droom nie! In die geval van die vroue wat in Luk. 24 die graf besoek en Christus se liggaam nie kon vind nie, het hulle gesê dat hulle ‘n gesig gesien het van engele, wat sê dat Hy lewe (Luk. 24:23).  Duidelik was hulle nie aan die slaap nie, en dit was nie in die nag nie en dit was nie 'n droom nie.  Toe Moses in Eks. 3 die brandende doringbos sien wat nie verteer nie, was hy nie aan die slaap toe hy hierdie gesig (Hand. 7:31) sien nie (Eks. 3:1). Ook in Hand. 9:11 was Saulus besig om te bid toe die gesig aan hom gewys word.  Op dieselfde wyse is daar 'n gesig gewys aan Cornelius, l.w. omtrent die 9de uur, en wat wil voorkom volgens v.2 en 4 of hy in gebed was. Dit was ook tydens gebed in Hand. 10:9 (Hand. 10:17)(omtrent die 6de uur) toe Petrus die gesig van doek met diere gesien het (en die skrif verklaar verder in v. 10 dat daar 'n VERRUKKING VAN SINNE oor hom gekom het...).   
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

1Jn 4:1 - "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan".

Alhoewel die Here o.a. drome en gesigte gebruik om met Sy diensknegte te praat, is dit ongelukkig so dat die bose soortgelyke metodes gebruik om valse leerstellings te verkondig, om mense te mislei om 'n ander Jesus te dien, of 'n ander gees te ontvang, of ander evangelie aan te neem... (Jer. 23:28-32; 29:8,9).  Vele gelowe het al op hierdie wyse ontstaan deurdat iemand bv. getuig dat hy 'n gesig gesien het waarin hy woord ontvang het of dat 'n engel aan hom verskyn het, maar dan was dit nie van die Here nie (1 Kon. 13:18).  Of ander getuig dat God met hulle praat deur drome, of deur gesigte tydens heidense vorme van meditasie, en dan was dit bose entiteite, nie die Here nie! 
(http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/04/aan-wie-word-die-gees-van-dwaling.html)   (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/09/en-as-julle-bid-gebruik-nie-n-ydele.html).

Valse profete gebruik graag drome en gesigte om ander te mislei (Jer. 23:25-32; Jer. 29:8,9; Matt. 24:11; 2 Pet. 2:1). Elke gees moet op die proef gestel word (1 Joh. 4:1). Enige woord in stryd met die Here se opdrag of in stryd met Sy waarheid, is nie 'n woord wat van die Here kom nie (1 Kon. 13). En elke profeet sal aan sy vrugte geken word - as sy vrug dus nie getuig daarvan dat hy gehoorsaam is aan die woorde van Christus Jesus nie, m.a.w. hy 'n ander "waarheid" bring, of ander Jesus, of ander gees, dan getuig sy vrug teen hom - so iemand het nie 'n woord van die Here ontvang nie, al gee hy ook voor dat hy het (Deut. 13:1-4)(Jes. 30:9,10).  (2Pe 2:1 - "Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring").  Sommige Christene probeer "profete" speel.  Reeds in die eerste gemeentes was hierdie 'n groot probleem! Paulus gee o.a. die volgende raad t.o.hiervan:  (1Kor. 14:37,38 - "As iemand meen dat hy ‘n profeet of ‘n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is". Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly"). Wanneer iemand iets profeteer IN STRYD MET DIE WAARHEID, in stryd met wat Jesus Christus geleer het, dan is hy vals - die woord wat hy beweer hy van die Here verkry het, is nie van die Here nie!  

DIE PERSOON WAT EGTER DIE WAARHEID VERKONDIG (die ware dienskneg van die Here op wie die Gees van God rus en wat profeteer volgens wat die Here spreek, nie uit eie hart nie), SAL VERVOLG WORD - MENSE GAAN NIE ALTYD VAN HULLE HOU NIE, OMDAT HULLE DIE WAARHEID PRAAT.  EN SOMMIGE WORD DOODGEMAAK TER WILLE VAN DIE WAARHEID.  (1Jn 4:6 - "Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling")(1 Joh. 4:2,3). Ware diensknegte is nie in die besigheid van valse liefde nie!, maar sal eerder die waarheid verkondig omdat hulle regtig omgee vir mense.  Hierdie is een van die kenmerke van 'n WARE dienskneg vd Here - hulle sal die waarheid verkondig al beteken dit ook dat hul hul lewe verloor  (lewe , vriende, familie, werk ens...verloor)!  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/profete-valse-profeet.html)(soos met baie profete vd O.T. gebeur het;  ook soos met Christus self gebeur het en met Sy dissipels...).

L.w. dat dit gewoonlik die is wat nalaat om DIE HERE TE RAADPLEEG wat maklik val vir die strik van valse profete, want hulle gee nie ag op die waarheid nie en kry dus hulle antwoorde elders. Die ware dienskneg/profeet van die Here, spreek die waarheid.  Die valse profeet spreek nie die waarheid nie! 'n Belangrike plig van 'n priester is om die KENNIS TE BEWAAR. Die priester is ook 'N BOODSKAPPER VAN DIE HERE (net soos die profete in die O.T.). Priesterskap en om 'n Profeet te wees van die Here, het gegaan oor OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN, nie eie wil nie. Beide die priester en profeet het die Here geraadpleeg.   Die gelowige wat egter sy eie wil soek, praat soos die wereld en luister na wereldse wysheid - EN SAL TERLOOPS NIE NA DIE WARE PROFEET LUISTER NIE, maar het 'n teensin in die wat die waarheid verkondig en probeer hulle selfs stilmaak!  Die persoon wat so liewer ag gee op woorde wat hom in die gehoor streel, is OPSTANDIG.  Die manier hoe God die "opstandiges" voorstel in Jes. 30, is:
-  die wat ‘n plan uitvoer, maar dit is nie uit die Here nie!;
-  of die wat ‘n verbond sluit, en dit is nie uit Sy Gees nie  (Jes. 30:1).  Die OPSTANDIGE MENS RAADPLEEG nie die Here NIE!

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Dit is nie verniet dat die Profete oorspronklik "sieners" genoem is nie, want die manier hoe die Here met die Profeet gepraat het, was d.m.v. GESIGTE en DROME (m.a.w., "die gesig wat hy sien", Eseg. 12:27 -"sieners"):

-  (Num 12:6)  Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur ‘n gesig My aan hom bekend maak, deur ‘n droom sal Ek met hom spreek.
-  (Oba 1:1)  Die gesig van Obadja. So sê die Here HERE aangaande Edom: Ons het ‘n tyding van die HERE gehoor, en ‘n boodskapper is uitgestuur onder die nasies om te sê: Staan op, en laat ons klaarmaak om teen hom te veg!
-  (Nah 1:1)  Godspraak oor Ninevé. Die boek van die gesig van Nahum, die Élkosiet.
-  (2Sa 7:17)  Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie hele gesig, so het Natan met Dawid gespreek.
-  (2Ch 32:32)  En die verdere geskiedenis van Jehiskía en sy vrome dade, kyk, dit is beskrywe in die Gesig van die profeet Jesaja, die seun van Amos, in die Boek van die konings van Juda en Israel.
-  (Psa 89:19)  (89:20) Toe het U in ‘n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan ‘n held, ‘n uitverkorene uit die volk verhef.
(Isa 1:1)  Die gesig van Jesaja, die seun van Amos, wat hy gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem, in die dae van Ussía, Jotam, Agas en Hiskía, die konings van Juda.
-  (Openb. 9:17)  En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.
-  (2Ch 9:29)  En die verdere geskiedenis van Salomo, die vroeëre sowel as die latere, is dit nie beskrywe nie in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Profesie van Ahía, die Siloniet, en in die Gesigte van die siener Jedi oor Jeróbeam, die seun van Nebat?
- (Dan 1:17)  En hierdie vier jong seuns—God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome. (-  ja,Daniël was 'n PROFEET! -Matt. 24:15; Mark. 13:14).

Wanneer gelowiges die Here wou raadpleeg in die O.T., het hulle na die profeet gegaan...  Na wie toe gaan ons nou?  Na Christus Jesus!  (Heb 1:1 - "Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun). Die Here Jesus gebruik wel Sy kinders om mekaar te bedien, maar ons moet EERSTENS vir Hom raadpleeg.  Laat Hy kies hoe Hy ons wil antwoord...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Here gebruik baiemaal "gesigte" wanneer Hy ons iets wil meedeel of ons 'n opdrag wil gee om iets te doen;  
of Hy gebruik die gesig om vir iemand te wys wat Hy gaan doen...:
-  (Luk 24:23)  en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook ‘n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe.
-  (Act 7:31)  En Moses het dit gesien en hom oor die gesig verwonder; en toe hy daarheen gaan om dit te besien, het die stem van die Here tot hom gekom:
- (Act 9:11)  Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na ‘n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid; (Act 9:12)  en hy het in ‘n gesig ‘n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.
- (Act 10:3)  Hy het duidelik in ‘n gesig omtrent die negende uur van die dag ‘n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!...........................
- (Act 10:17)  En terwyl Petrus by homself daaroor verleë was wat die gesig tog kon beteken wat hy gesien het, staan die manne wat deur Cornelius gestuur was, daar by die poort en verneem na die huis van Simon....................
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Alhoewel "gesigte" en "drome" afsonderlik genoem word, word dit in verskeie skrifgedeeltes as dieselfde hanteer, bv. in gevalle soos die van:
-   koning Nebukadnésar:
(Dan 2:31)  U, o koning, het ‘n gesig gehad—kyk, daar was ‘n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik.  - VGL. MET "DROOM"!
(Dan 2:1)  En in die tweede jaar van die regering van Nebukadnésar, het Nebukadnésar ‘n droom gehad, sodat sy gees onrustig geword het en dit met sy slaap gedaan was. - en dit is duidelik dat hy geslaap het! toe hy hierdie droom gehad het / gesig gesien het.
-   Daniël:
(Dan 7:1)  In die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel, het Daniël ‘n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel.
(Dan 7:2)  Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring;
ens.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Voorbeelde van "gesig in nag gesien":
-  (Dan 7:2)  Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring; (EN L.W. DAT DIT HIER VIR ONS VERTEL WORD IN VERS 1 DAT DIT 'N "DROOMGESIG" WAS).
-   (Zec 1:8)  Ek het in die nag ‘n gesig gesien—daar was ‘n man wat op ‘n bruin perd ry, en hy het gestaan tussen die mirtebome wat in die diepte was; en agter hom was daar bruin, vos en wit perde.
-  (Act 16:9)  En Paulus het ‘n gesig in die nag gesien—daar staan ‘n Macedóniër wat hom smeek en sê: Kom oor na Macedónië en help ons! (Act 16:10)  En toe hy die gesig gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedónië te gaan, omdat ons versekerd was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig.
-  (Act 18:9)  En die Here het deur ‘n gesig in die nag aan Paulus gesê: Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie;

Meeste van die tyd het die persoon wat die gesig gekry het, dit ook verstaan (bv. Dan. 10:1 ens.);  alhoewel daar geleenthede was wat hulle dit nie verstaan het nie, en dit verder uitgele moes word deur iemand anders, of hulle moes wag op uitlegging deur presies te doen wat die Here hulle beveel - bv.:
-  koning Nebukadnésar (Dan. 2)(en Daniel moes dit vir hom verduidelik, nadat die Here vir Daniel die geheim geopenbaar het deur ‘n naggesig... (Dan. 2:19));
-  Daniël, in die geval van Dan. 9:21-24 (en Gabriël moes dit vir hom uitle...).
- (Act 10:17)  En terwyl Petrus by homself daaroor verleë was wat die gesig tog kon beteken wat hy gesien het, staan die manne wat deur Cornelius gestuur was, daar by die poort en verneem na die huis van Simon....................
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Daar is vb.e van waar ander mense ook teenwoordig was wanneer 'n gesig gegee is- somtyds het hulle net gehoor maar nie gesien, somtyds net geskrik.... - bv.:
-  Daniël in Dan. 10:1-14:
(Dan 10:7)  En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het ‘n groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg.
(Dan 10:8)  Toe het ék alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie.........................
- Saulus in Hand. 9:3-8:
(Hand. 9:7)  En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Profete was gewoonlik beveel om die gesig met iemand spesifiek te gaan deel, of om dit op te skryf;  en somtyds was hulle beveel om dit nog geheim te hou tot 'n sekere tyd:
-  (Act 9:10)  En daar was ‘n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in ‘n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here. (Act 9:11)  Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na ‘n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid; (Act 9:12)  en hy het in ‘n gesig ‘n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.
-  (Hab 2:2)  Toe antwoord die HERE my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.
-  (Mat 17:9)  En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.
-  (Dan 8:26)  En die gesig van die aande en die môres waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jy, hou die gesig geheim, want dit sien op ‘n verre toekoms.
- (Dan 12:4)  En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

SKRIFGEDEELTES:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"IN DIE GEES"  /  "DEUR GEES OPGENEEM"...:

(Rev 1:10)  Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê:

(Rev 4:1)  Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.
(Rev 4:2)  En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon.

(Eze 3:12)  Toe het die Gees my opgeneem, en ek het agter my die geluid van ‘n groot gedreun gehoor wat sê: Geloofd sy die heerlikheid van die HERE uit sy woonplek!
(Eze 3:13)  En ek het gehoor die geluid van die wesens se vlerke wat die een aan die ander verbind was, en die geluid van die wiele gelyktydig daarmee en die geluid van ‘n groot gedreun.
(Eze 3:14)  Toe het die Gees my opgehef en my weggeneem, en ek het gegaan, verbitterd in die grimmigheid van my gees; maar die hand van die HERE was sterk op my.
(Eze 3:15)  En ek het by die ballinge gekom in Tel-Abib, wat by die Kebarrivier gewoon het, en by die plek van hulle woning; en ek het daar sewe dae lank verstom in hulle midde gesit.
(Eze 3:16)  En aan die einde van sewe dae het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

(Eze 43:3)  En die gesig wat ek gesien het, het gelyk soos die gesig wat ek gesien het by my koms om die stad te verwoes; en dit was gesigte soos die gesig wat ek gesien het by die Kebarrivier; en ek het op my aangesig geval.
(Eze 43:4)  En die heerlikheid van die HERE het in die huis ingetrek deur die poort waarvan die voorkant na die ooste lê.
(Eze 43:5)  En die Gees het my opgeneem en my in die binneste voorhof gebring; en kyk, die heerlikheid van die HERE het die huis vervul.

(Eze 11:24)  Daarna het die Gees my opgeneem en my, in ‘n gesig deur die Gees van God, gebring na Chaldéa, na die ballinge; en die gesig wat ek gesien het, het van my af opgetrek.
(Eze 11:25)  En ek het aan die ballinge verkondig al die woorde van die HERE wat Hy my laat sien het.

(2Ki 2:16)  en vir hom gesê: Kyk, hier is by u dienaars vyftig kragtige manne; laat hulle tog u heer gaan soek, of nie miskien die Gees van die HERE hom opgeneem en hom op een van die berge of in een van die dale gewerp het nie. Maar hy het beveel: Stuur hulle nie!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOE PRAAT DIE HERE MET SY DIENSKNEGTE?  (natuurlik ook op ander maniere, soos deur Sy woord en deur Sy Gees, maar hier kyk ons na 'n paar vb.e van hoe Hy met ons praat d.m.v. gesigte en drome):

-  Hoe het Hy met Johannes gepraat (terwyl op Patmos)("Openbaring"):
(Rev 1:10)  Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê:..................................
(Rev 4:1)  Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.(Rev 4:2)  En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon.....................................................
(Rev 14:13)  En ek het ‘n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.
DIT WIL VOORKOM OF JOHANNES 'N GESIG GESIEN HET.

-  Hoe het die Here met Ananias gepraat in Hand. 9?:
(Act 9:10)  En daar was ‘n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in ‘n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here...............................
D.M.V. 'N GESIG.

-  Hoe het Hy met Saulus gepraat oppad na Damaskus?:
(Act 9:3)  En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ‘n lig van die hemel af;
(Act 9:4)  en hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
(Act 9:5)  En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop........................
(Act 9:7)  En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.
MET 'N HOORBARE STEM.

NOG SKRIFTE...:
(Mat 1:20)  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;
(Act 10:9)  En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid; (Act 10:10)  en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ‘n verrukking van sinne oor hom gekom:...........(Act 10:13)  Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!..........(Act 10:19)  En terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: Daar is drie manne wat jou soek.

IN 'N GESIG:

(Gen 15:1)  Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ‘n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot.

(Num 12:6)  Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur ‘n gesig My aan hom bekend maak, deur ‘n droom sal Ek met hom spreek.

(1Sa 3:15)  En Samuel het bly lê tot die môre toe. En hy het die deure van die huis van die HERE oopgemaak; maar Samuel was bevrees om die gesig aan Eli mee te deel.

(2Sa 7:5)  Gaan sê aan my kneg, aan Dawid: So spreek die HERE: Sou jy vir My ‘n huis bou om in te woon?.................................................................
(2Sa 7:17)  Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie hele gesig, so het Natan met Dawid gespreek.

(2Ch 32:32)  En die verdere geskiedenis van Jehiskía en sy vrome dade, kyk, dit is beskrywe in die Gesig van die profeet Jesaja, die seun van Amos, in die Boek van die konings van Juda en Israel.

(Psa 89:19)  (89:20) Toe het U in ‘n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan ‘n held, ‘n uitverkorene uit die volk verhef.

(Isa 1:1)  Die gesig van Jesaja, die seun van Amos, wat hy gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem, in die dae van Ussía, Jotam, Agas en Hiskía, die konings van Juda.

(Isa 22:1)  Godspraak oor die dal van die gesig. Wat is dit dan met jou dat jy, jou hele bevolking, op die dakke geklim het,
(Isa 22:2)  rumoerige, woelige stad, uitgelate vesting? Die wat in jou verslaan is, is nie deur die swaard verslaan en het nie in die oorlog gesterwe nie.
(Isa 22:3)  Al jou owerstes het almal saam gevlug, sonder boog is hulle gebind; almal wat in jou gegryp is, is almal saam gebind; hulle het ver weggevlug.
(Isa 22:4)  Daarom sê ek: Kyk weg van my af, dat ek bitterlik kan ween; dring nie aan om my te troos oor die verwoesting van die dogter van my volk nie;
(Isa 22:5)  want dit is ‘n dag van rumoer en vertrapping en verwarring deur die Here, die HERE van die leërskare, in die dal van die gesig—omgooi van mure en geskreeu na die gebergte toe!

(Lam 2:9)  Tet. Haar poorte het in die grond gesink, Hy het haar grendels te gronde gerig en verbreek; haar koning en haar vorste is onder die heidene; daar is geen onderwysing nie, en haar profete ontvang geen gesig van die HERE nie.

(Eze 7:26)  Onheil op onheil kom, en gerug op gerug is daar; en hulle sal ‘n gesig verlang van die profeet, maar die wet sal verlore wees vir die priester en die raad vir die oudstes.

(Eze 11:24)  Daarna het die Gees my opgeneem en my, in ‘n gesig deur die Gees van God, gebring na Chaldéa, na die ballinge; en die gesig wat ek gesien het, het van my af opgetrek.

(Eze 12:24)  Want daar sal geen bedrieglike gesig of vleiende waarsêery in die huis van Israel meer wees nie..................................
(Eze 12:27)  Mensekind, kyk, die huis van Israel sê: Die gesig wat hy sien, is vir baie dae, en hy profeteer van tye wat ver is.

(Eze 13:6)  Hulle het nietigheid gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: Die HERE het gespreek—terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!
(Eze 13:7)  Het julle nie ‘n bedrieglike gesig gesien en leuenagtige waarsêery gespreek nie deurdat julle sê: Die HERE spreek, terwyl Ék nie gespreek het nie?

(Eze 21:29)  onderwyl hulle vir jou, o swaard, ‘n bedrieglike gesig sien, onderwyl hulle vir jou leuens voorspel—dat jy gesit sou word op die nekke van goddelose wat onheilig is, wie se dag gekom het in die tyd van uiteindelike afrekening!

(Eze 43:3)  En die gesig wat ek gesien het, het gelyk soos die gesig wat ek gesien het by my koms om die stad te verwoes; en dit was gesigte soos die gesig wat ek gesien het by die Kebarrivier; en ek het op my aangesig geval.

(Dan 2:31)  U, o koning, het ‘n gesig gehad—kyk, daar was ‘n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik.  - VGL. MET "DROOM"!
(Dan 2:1)  En in die tweede jaar van die regering van Nebukadnésar, het Nebukadnésar ‘n droom gehad, sodat sy gees onrustig geword het en dit met sy slaap gedaan was.

(Dan 7:1)  In die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel, het Daniël ‘n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel.
(Dan 7:2)  Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring;

(Dan 8:1)  In die derde jaar van die regering van koning Bélsasar het aan my, Daniël, ‘n gesig verskyn ná dié een wat die vorige keer aan my verskyn het..........................
(Dan 8:13)  Toe hoor ek ‘n heilige spreek; en ‘n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur—van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid—sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?..........................
(Dan 8:15)  En toe ek, Daniël, die gesig gesien het, het ek probeer om dit te verstaan, en kyk, daar het iemand voor my gestaan wat soos ‘n man gelyk het................
(Dan 8:26)  En die gesig van die aande en die môres waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jy, hou die gesig geheim, want dit sien op ‘n verre toekoms.
(Dan 8:27)  En ek, Daniël, was gedaan en was dae lank siek; daarna het ek opgestaan en die werk van die koning gedoen; en ek was verstom oor die gesig, maar niemand het dit gemerk nie.

(Dan 9:21)  terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, ‘n vorige keer in die gesig gesien het, na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer.
(Dan 9:22)  En hy het my onderrig en met my gespreek en gesê: Daniël, nou het ek heengegaan om jou insig te gee.
(Dan 9:23)  By die begin van jou smekinge het ‘n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is ‘n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig.
(Dan 9:24)  Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf.

(Dan 10:1)  In die derde jaar van Kores, die koning van die Perse, is ‘n woord geopenbaar aan Daniël wat Béltsasar genoem is, en die woord is waarheid maar groot swarigheid; en hy het die woord verstaan en insig gehad in die gesig.........................
(Dan 10:7)  En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het ‘n groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg.
(Dan 10:8)  Toe het ék alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie.........................
(Dan 10:14)  Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms.

(Oba 1:1)  Die gesig van Obadja. So sê die Here HERE aangaande Edom: Ons het ‘n tyding van die HERE gehoor, en ‘n boodskapper is uitgestuur onder die nasies om te sê: Staan op, en laat ons klaarmaak om teen hom te veg!

(Mic 3:5)  So sê die HERE aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle ‘n heilige oorlog!
(Mic 3:6)  Daarom sal dit nag word vir julle, sonder ‘n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja, die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word.

(Nah 1:1)  Godspraak oor Ninevé. Die boek van die gesig van Nahum, die Élkosiet.

(Hab 2:2)  Toe antwoord die HERE my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.
(Hab 2:3)  Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie:

(Zec 1:8)  Ek het in die nag ‘n gesig gesien—daar was ‘n man wat op ‘n bruin perd ry, en hy het gestaan tussen die mirtebome wat in die diepte was; en agter hom was daar bruin, vos en wit perde.

(Mat 17:9)  En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.

(Luk 1:22)  Maar toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy ‘n gesig in die tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.

(Luk 24:23)  en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook ‘n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe.

(Act 7:31)  En Moses het dit gesien en hom oor die gesig verwonder; en toe hy daarheen gaan om dit te besien, het die stem van die Here tot hom gekom: 

(Act 9:10)  En daar was ‘n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in ‘n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here...................................
(Act 9:12)  en hy het in ‘n gesig ‘n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.

(Act 10:3)  Hy het duidelik in ‘n gesig omtrent die negende uur van die dag ‘n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!...........................

(Act 10:17)  En terwyl Petrus by homself daaroor verleë was wat die gesig tog kon beteken wat hy gesien het, staan die manne wat deur Cornelius gestuur was, daar by die poort en verneem na die huis van Simon....................
(Act 10:19)  En terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: Daar is drie manne wat jou soek................................

(Act 11:5)  Ek was in die stad Joppe in die gebed, en in ‘n verrukking van sinne het ek ‘n gesig gesien: ‘n voorwerp het uit die hemel neergedaal soos ‘n groot laken wat aan die vier hoeke uit die hemel neergelaat word, en dit het tot by my gekom.

(Act 12:9)  En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy ‘n gesig sien.

(Act 16:9)  En Paulus het ‘n gesig in die nag gesien—daar staan ‘n Macedóniër wat hom smeek en sê: Kom oor na Macedónië en help ons!
(Act 16:10)  En toe hy die gesig gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedónië te gaan, omdat ons versekerd was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig.

(Act 18:9)  En die Here het deur ‘n gesig in die nag aan Paulus gesê: Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie;

(Act 26:19)  Daarom, koning Agríppa, was ek aan die hemelse gesig nie ongehoorsaam nie,

(Heb 12:21)  En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder.

(Openb. 9:17)  En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.
_________________________________________________________________________________
Droom / drome / gedroom / dromer:

(Gen 20:3)  Maar God het in die nag by Abiméleg gekom in ‘n droom en vir hom gesê: Kyk, jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat haal het, want sy is ‘n getroude vrou.

(Gen 37:8)  Toe sê sy broers aan hom: Wil jy miskien oor ons regeer? Of wil jy miskien oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor sy drome en oor sy woorde.

(Gen 31:10)  Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee verhit was, het ek my oë opgeslaan en in ‘n droom gesien dat die bokramme wat die kleinvee dek, gestreep, gestippeld en bont was.
(Gen 31:11)  En die Engel van God sê vir my in die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek!
(Gen 31:12)  En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen.

(Gen 37:20)  Kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi en sê: ‘n Wilde dier het hom opgeëet. Dan sal ons sien wat van sy drome word.

(Gen 31:24)  Maar God het na Laban, die Arameër, in die nag gekom in ‘n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob geen goed of kwaad spreek nie.

(Gen 37:5)  Ook het Josef ‘n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat.(Gen 37:6)  Hy het naamlik vir hulle gesê: Hoor tog hierdie droom wat ek gehad het..............................(Gen 37:9)  Daarna het hy nog ‘n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog ‘n droom gehad—die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.(Gen 37:10)  Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir ‘n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou moeder en jou broers, om ons voor jou na die aarde neer te buig?

(Gen 40:5)  En hulle het altwee ‘n droom gehad, elkeen sy droom, in dieselfde nag, elkeen ‘n droom met besondere betekenis, die skinker en die bakker van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange gesit het.

(Gen 40:6)  En Josef het die volgende môre by hulle gekom en gesien dat hulle ontstemd was.(Gen 40:7)  Toe vra hy die hofdienaars van Farao wat by hom in bewaring was in die huis van sy heer, en sê: Waarom lyk julle aangesig vandag so droewig?(Gen 40:8)  En hulle antwoord hom: Ons het ‘n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie. En Josef vra hulle: Is uitlegging nie ‘n saak van God nie? Vertel my tog.(Gen 40:9)  Toe vertel die voorman van die skinkers aan Josef sy droom en sê vir hom: In my droom was daar ‘n wingerdstok voor my....................

(Gen 41:12)  En daar was by ons ‘n Hebreeuse jongman, ‘n kneg van die owerste van die lyfwag—aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.................................(Gen 41:15)  Toe sê Farao vir Josef: Ek het ‘n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; maar ek het van jou hoor verklaar dat jy ‘n droom net hoef te hoor om dit uit te lê............................................

(Gen 42:9)  Toe dink Josef aan die drome wat hy aangaande hulle gedroom het; en hy sê vir hulle: Julle is spioene, julle het gekom om te kyk waar die land oop is.

(Num 12:6)  Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur ‘n gesig My aan hom bekend maak, deur ‘n droom sal Ek met hom spreek.

(Jdg 7:13)  En toe Gídeon aankom, vertel ‘n man aan ‘n ander juis ‘n droom en sê: Kyk, ek het ‘n droom gehad: Daar rol ‘n hard gebakte garsbrood in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en slaan dit dat dit omval en keer dit onderstebo, en toe lê die tent daar!

(1Ki 3:5)  Toe verskyn die HERE in Gíbeon in ‘n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.

(1Ki 3:15)  Toe word Salomo wakker, en—dit was ‘n droom! Daarop het hy in Jerusalem gekom en voor die verbondsark van die Here gaan staan en brandoffers gebring en dankoffers berei en ‘n maaltyd vir al sy dienaars aangerig.

(Job 33:15)  In die droom, in ‘n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,
(Job 33:16)  dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;
(Job 33:17)  om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;
(Job 33:18)  sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.
(Job 33:19)  Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,
(Job 33:20)  sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.

(Job 4:12)  Verder is ‘n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het ‘n gefluister daarvan opgevang,
(Job 4:13)  by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.
(Job 4:14)  Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.
(Job 4:15)  Toe skuif daar ‘n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.
(Job 4:16)  Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie—’n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van ‘n stem wat sê:
(Job 4:17)  Sou ‘n sterfling regverdig wees voor God? Of ‘n man rein wees voor sy Maker?

(Psa 73:20)  Soos ‘n droom nadat ‘n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!

(Psa 126:1)  ‘n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom.

(Ecc 5:3)  (5:2) Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde.

(Isa 29:7)  En soos ‘n droom, ‘n naggesig, sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen Ariël, ja, almal wat teen hom oorlog toe trek en teen sy bergvesting en hom benoud maak.(Isa 29:8)  En soos ‘n hongerige droom dat hy eet, maar hy word wakker en—sy siel is leeg; en soos ‘n dorstige droom dat hy drink, maar hy word wakker en—hy is moeg en sy siel versmag: só sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen die berg Sion.

(1Sa 28:6)  En Saul het die HERE geraadpleeg, maar die HERE het hom nie geantwoord nie—nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie...........................................(1Sa 28:15)  En Samuel sê vir Saul: Waarom verontrus jy my deur my te laat opkom? En Saul antwoord: Ek is baie benoud, want die Filistyne voer teen my oorlog, en God het van my gewyk en antwoord my nie langer deur die diens van die profete en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om my bekend te maak wat ek moet doen.

(Ecc 5:6)  (5:5) Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ‘n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ‘n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?(Ecc 5:7)  (5:6) Want soos daar baie drome is, so is daar ook nietige woorde in menigte, maar vrees God!

(Job 7:14)  dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,

(Jer 23:25)  Ek het gehoor wat die profete sê, wat in my Naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom!

(Jer 23:28)  Die profeet by wie ‘n droom is, laat hom ‘n droom vertel; en by wie my woord is, laat hom my woord spreek in waarheid. Wat het die strooi met die koring te doen? spreek die HERE......................(Jer 23:31)  Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek!(Jer 23:32)  Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE.


(Jer 29:8)  Want so spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Laat julle profete en julle waarsêers wat onder julle is, julle nie bedrieg nie, en luister nie na julle dromers vir wie julle laat droom nie.(Jer 29:9)  Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE.

(Dan 2:1)  En in die tweede jaar van die regering van Nebukadnésar, het Nebukadnésar ‘n droom gehad, sodat sy gees onrustig geword het en dit met sy slaap gedaan was.(Dan 2:2)  Toe het die koning bevel gegee om die geleerdes en die besweerders en die towenaars en die Chaldeërs te roep, om vir die koning sy droom uit te lê. Toe hulle kom en voor die koning gaan staan,(Dan 2:3)  sê die koning vir hulle: Ek het ‘n droom gehad, en my gees is onrustig om die droom te verstaan.(Dan 2:4)  Toe het die Chaldeërs met die koning gespreek Aramees: Mag die koning vir altyd lewe! Vertel u dienaars die droom, en ons sal die uitlegging te kenne gee.(Dan 2:5)  Die koning het geantwoord en aan die Chaldeërs gesê: Die saak staan by my vas: as julle die droom en sy uitlegging nie aan my bekend maak nie, sal julle in stukke gekap en van julle huise mishope gemaak word.(Dan 2:6)  Maar as julle die droom en sy uitlegging te kenne gee, sal julle geskenke en gawes en groot eer van my ontvang; gee my daarom die droom en sy uitlegging te kenne.(Dan 2:7)  Hulle het vir die tweede maal geantwoord en gesê: Laat die koning die droom aan sy dienaars vertel; dan sal ons die uitlegging te kenne gee.(Dan 2:8)  Die koning het geantwoord en gesê: Ek weet verseker dat julle tyd wil win, omdat julle sien dat die saak by my vasstaan;(Dan 2:9)  want as julle my die droom nie bekend maak nie, is julle vonnis een en dieselfde; julle het naamlik afgespreek om ‘n leuenagtige en bedrieglike woord voor my te spreek totdat die tyd weer verander; daarom, vertel my die droom, dan sal ek weet of julle my sy uitlegging kan te kenne gee.

(Dan 2:26)  Die koning het geantwoord en aan Daniël, wie se naam Béltsasar was, gesê: Is jy in staat om aan my die droom wat ek gesien het, en sy uitlegging bekend te maak?...........................(Dan 2:28)  Maar daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit:................................(Dan 2:36)  Dit is die droom; sy uitlegging sal ons nou voor die koning sê:.....................................(Dan 2:45)  net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ‘n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.

(Dan 4:4)  Ek, Nebukadnésar, het rustig in my huis gelewe en was voorspoedig in my paleis.(Dan 4:5)  Ek het ‘n droomgesig gesien wat my verskrik het—droombeelde op my bed en die gesigte van my hoof het my verontrus.(Dan 4:6)  Daarop is deur my bevel gegee om al die wyse manne van Babel voor my te bring, dat hulle my die uitlegging van die droom bekend kan maak.(Dan 4:7)  Toe het die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs en die waarsêers gekom, en ek het hulle die droom vertel, maar hulle het sy uitlegging my nie bekend gemaak nie;(Dan 4:8)  totdat eindelik Daniël voor my ingekom het, wie se naam Béltsasar is, na die naam van my god, en in wie die gees van die heilige gode is; en ek het hom die droom vertel:...........................................(Dan 4:19)  Toe het Daniël, wie se naam Béltsasar was, ‘n oomblik verstom gestaan en sy gedagtes het hom verskrik. Die koning het daarop gespreek en gesê: Béltsasar, laat die droom en die uitlegging jou nie verskrik nie. Béltsasar het geantwoord en gesê: My heer, mag die droom u haters en sy uitlegging u teëstanders oorkom.

(Dan 1:17)  En hierdie vier jong seuns—God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome.

(Dan 5:11)  Daar is ‘n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is: in die dae van u vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in hom gevind; daarom het u vader, koning Nebukadnésar, hom as owerste van die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs, die waarsêers aangestel—u vader, o koning! —(Dan 5:12)  omdat in hom ‘n voortreflike gees en kennis en verstand gevind is om drome uit te lê en raaisels op te los en knope los te maak—in Daniël aan wie die koning die naam van Béltsasar gegee het; laat Daniël nou geroep word, dan sal hy die uitlegging te kenne gee.

(Dan 7:1)  In die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel, het Daniël ‘n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel.
(Dan 7:2)  Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring;

(Joe 2:28)  En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

(Mat 1:20)  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;................................(Mat 1:24)  En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem;

(Mat 2:12)  En omdat hulle in ‘n droom ‘n goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met ‘n ander pad na hul land teruggegaan.(Mat 2:13)  En toe hulle teruggegaan het, verskyn daar ‘n engel van die HERE in ‘n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak...............................................................(Mat 2:19)  En ná die dood van Herodes het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef in Egipte verskyn......................................(Mat 2:22)  Maar toe hy hoor dat Archeláüs oor Judéa koning was in die plek van sy vader Herodes, was hy bevrees om daarheen te gaan. En hy het ‘n goddelike waarskuwing in ‘n droom ontvang en na die streke van Galiléa teruggekeer.

(Mat 27:19)  En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met dié regverdige man nie, want ek het vandag in ‘n droom baie gely om sy ontwil.

(Act 2:17)  En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.

(Gen 28:12)  En hy (Jakob) het gedroom—daar is ‘n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het..........................

(Gen 41:1)  Ná verloop van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan..................

(Gen 37:19)  En hulle het vir mekaar gesê: Daar kom daardie dromer aan!

(Deu 13:1)  As ‘n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou ‘n teken of wonder aankondig,(Deu 13:2)  en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop—wat jy nie geken het nie—en hulle dien,(Deu 13:3)  dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.(Deu 13:4)  Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.

(Isa 30:9)  Want dit is ‘n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van die HERE nie wil hoor nie;(Isa 30:10)  wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry;