E - H

'n Eindtye Opsomming:

1.   Die Wederkoms sal wees: (1)  'n dag van oordeel, en (2)(a) die dag van die "eerste opstanding" van die wat in Christus gesterf het; (b)  die gelowiges wat in die lewe oorgebly het met wederkoms, sal in 'n oogwink verander word en ook met Hom verenig word.  
(Gelowiges  sowel ongelowiges gaan geoordeel word en die gelowiges wat nie vrug dra nie, sal gestraf word saam met die ongelowiges en in bewaring gehou word vir daardie dag van die wit troon oordeel.)

2.   Elke mens behoort te lewe asof die wederkoms naby is:

3.    Die begrip "tot die sonde vol is", is een van die tekens van die tye dat die "land" of wêreld naby vernietiging is. 

4.  Daar is heelwat onduidelikheid oor sekere eindtyd gebeure en verskille oor die VOLGORDE van gebeure, maar wat duidelik is, is dat Jesus vir ons 'n "basiese volgorde" gegee het sodat ons weet wanneer die tyd van Sy wederkoms naby is.  Ook in die visoen aan Johannes, is vir ons 'n basiese volgorde gegee, alhoewel geleerdes verskil oor die interpretasie daarvan.   Ons is nie veronderstel om presies te weet hoe alles inmekaar pas nie!  Wat belangriker is, is dat ons "GEREED" is, en terwyl ons die tekens van die tye kan herken, ons meer aandag gee aan gebed en lering en evangelisasie, sodat ander ook gereed kan word. 
   
5.   Ons moenie Sy wederkoms verhaas nie - die Here is juis lankmoedig omdat Hy nie wil hê dat enigiemand verlore gaan nie. 

-  Die woorde wat Jesus gebruik het van dat Sy wederkoms sal wees "soos 'n dief in die nag", is telkens spesifiek genoem in konteks met die wie se harte nie reg is voor die Here nie, m.a.w. die wat nie gereed sal wees nie.  Party dink "om gereed te wees" beteken om "die tekens van die tye" te erken, maar eintlik verwys Jesus elke keer spesifiek na die mens se hartstoestand. Selfs al sou hulle alte bewus wees van die tekens van die tye en die tyd sien nader kom, sal Hy steeds hulle soos " 'n dief in die nag" betrap, sou hulle meer besig wees met die lewe, as met die Here.  

---------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ander skrifte oor die Eindtye
(rooi: sleutelpunte)(blou: opsommings)(groen: interpretasie)
(OPSOMMING   ONDER)
----------------------------------------------

(2Pe 3:1)  Dit is reeds die tweede brief, geliefdes, wat ek aan julle skrywe. In albei wil ek deur herinnering julle suiwere gesindheid opwek,
(2Pe 3:2)  sodat julle die woorde kan onthou wat deur die heilige profete tevore gespreek is, en die gebod van ons, apostels van die Here en Verlosser.
(2Pe 3:3)  Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel
(2Pe 3:4)  en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.
(2Pe 3:5)  Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,
(2Pe 3:6)  waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.
(2Pe 3:7)  Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.
(2Pe 3:8)  Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
(2Pe 3:9)  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
(2Pe 3:10)  Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nagwaarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nieaarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.
(2Pe 3:11)  Terwyl al hierdie dinge dan verg
(2Pe 3:12)  julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
(2Pe 3:13)  Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
(2Pe 3:14)  Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.
(2Pe 3:15)  En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,
(2Pe 3:16)  net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.
(2Pe 3:17)  Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.
(2Pe 3:18)  Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.

Kenmerkend van die eindtye:  
-  mense wat spot oor die wederkoms van die Here en moedswillig nie ag gee op die waarheid nie - diesulkes stap "VOLGENS EIE BEGEERLIKHEDE";
-  sedelose mense wat dwaalleringe verkondig

Die wederkoms:
-  die wederkoms (ook genoem "dag van die Here"; ook genoem "dag van God"), sal wees soos 'n "dief in die nag" vir die wat nie gereed is nie
- met die dag van oordeel, sal die teenswoordige hemele en aarde met vuur verbrand word en "die elemente sal brand en versmelt";
-  verderf van goddelose mense;
- ons verwag dan 'n nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon

Hoe moet die Christen gereed wees:
-  moenie die koms van die "dag van God" verhaas nie, want die Here is juis" lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom";("ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid")
-  beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede
-   hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie—(aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand);
-  wees op hoede om nie meegesleep te word deur dwaalleringe nie en wegval uit ons vastigheid nie;
-  moet toeneem in die genade en kennis van ons Here, Jesus Christus. 

Ander:
-  een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag

----------------------------------------------------------------------------------------

(Luk 17:22)  En Hy sê vir sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie.
(Luk 17:23)  En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.
(Luk 17:24)  Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees.
(Luk 17:25)  Maar eers moet Hy baie ly en deur hierdie geslag verwerp word.
(Luk 17:26)  En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:
(Luk 17:27)  hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.
(Luk 17:28)  Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.
(Luk 17:29)  Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig.
(Luk 17:30)  Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.
(Luk 17:31)  In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.
(Luk 17:32)  Dink aan die vrou van Lot!
(Luk 17:33)  Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.
(Luk 17:34)  Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
(Luk 17:35)  Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
(Luk 17:36)  Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
(Luk 17:37)  En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.

Kenmerkend van die Eindtye:
-  gelowiges sal begeer om die wederkoms te sien, maar dit nie sien nie;
-  daar sal valse christusse wees wat mense probeer verlei om agter 'n valse messias aan te gaan;
-  dit sal wees soos in die dae van Noag:  mense meer besig met die lewe as met die Here 
-  dit sal wees soos in die dae van Lot:  mense meer besig met die lewe as met die Here

Die Wederkoms:
-  "Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees";
-  dit sal onverwags wees vir die wat die lewe meer liefhet as vir die Here;
-  In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word;  Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word;  Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

Hoe moet die Christen gereed wees:
-   Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou:
 ("In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.  Dink aan die vrou van Lot! Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou" - Lot se vrou het haar lewe meer liefgehad, daarom het sy teruggekyk met verlange, omdat sy nie haar "lewe wou agterlaat nie" - so sal baie nie hulle lewe wil opgee nie - so weet elkeen dat die oordeel oppad is, maar sal hulle bereid wees om die dinge van hierdie wereld op te gee voor dit gebeur?). 
-  moenie agter valse Christusse aangaan nie, maar wag op die Here, want daardie dag sal wees  soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn.

-------------------------------------------------------------------------------------

(2Th 1:1)  Paulus en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense in God onse Vader en die Here Jesus Christus:
(2Th 1:2)  Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
(2Th 1:3)  Ons moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word,
(2Th 1:4)  sodat ons self in die gemeentes van God oor julle roem vanweë jul volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur
(2Th 1:5)  ‘n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;
(2Th 1:6)  aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,
(2Th 1:7)  en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele
(2Th 1:8)  in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
(2Th 1:9)  Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,
(2Th 1:10)  wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.
(2Th 1:11)  Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God julle die roeping waardig mag ag, en dat Hy alle welgevalle aan wat goed is, en alle werk van die geloof met krag volkome mag maak,
(2Th 1:12)  sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.
(2Th 2:1)  Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,
(2Th 2:2)  om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is.
(2Th 2:3)  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf
(2Th 2:4)  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
(2Th 2:5)  Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?
(2Th 2:6)  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.
(2Th 2:7)  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;
(2Th 2:8)  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,
(2Th 2:9)  hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen
(2Th 2:10)  en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
(2Th 2:11)  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
(2Th 2:12)  sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Kenmerkend van die Eindtye:
- daar moet eers "afval" kom; (dan word die mens van die sonde geopenbaar) (daarna wederkoms;  daarna "wegraping") 
-  daar sal die wees wat die gelowiges probeer mislei deur voor te gee asof die dag van Christus al daar is (maar die afval moet eers kom, daarna sal die mens van sonde geopenbaar word, daarna wederkoms...)
-  

Die Wederkoms:
-   God sal  aan die wat die Christene verdruk, verdrukking  vergelde;
-   aan die wat verdruk word, sal verligting gegee word saam met die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele;
- die Here sal  in vuur en vlam,  wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam was nie en hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf;
-   wanneer Hy kom, sal Hy verheerlik word in sy heiliges en bewonder word in almal wat glo;
-  ons vereniging met Hom;
-   die Here sal die seun van die verderf met die asem van sy mond verdelg en tot niet maak.

Hoe moet die Christen gereed wees:
-  die Christen moet bereid wees om verdrukkinge en vervolginge te ly ter wille van Sy Naam, sodat hy waardig geag mag word;
-  die Christen moet seker maak dat hy op daardie dag waardig geag word;
 nie gou ons verstand  verloor of verskrik  word nie—asof die dag van Christus al daar is;
-   laat niemand julle op enige manier mislei nie;

Ander:
-  antichris:  eers moet die afval kom, dan mens van sonde (of seun van die verderf)(verborgenheid van die ongeregtigheid) geopenbaar: -hy sal homself verhef bo al wat God genoem word  of voorwerp van aanbidding is; sal in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is;  wat hou hom tee?  "afval" ;   hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
-    God sal die ongeregtiges die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

---------------------------------------------------------

(1Th 4:13)  Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
(1Th 4:14)  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.
(1Th 4:15)  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.
(1Th 4:16)  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
(1Th 4:17)  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
(1Th 4:18)  Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

Wederkoms:
-  die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; 
-  met wederkoms, sal God die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring;
-  die wat in Christus geserf het, sal eerste opstaan; 
-  dan sal die gelowiges wat in die lewe oorbly by wederkoms,  saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug, en so altyd by Hom wees.  

-------------------------------------------------------------------

(1Th 5:1)  Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
(1Th 5:2)  want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.
(1Th 5:3)  Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
(1Th 5:4)  Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
(1Th 5:5)  Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
(1Th 5:6)  Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
(1Th 5:7)  Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.

Kenmerkend van die Eindtye:
-  wanneer hulle se:  vrede en veiligheid (mense plaas hulle hoop in 'n wereldse vrede en veiligheid)

Wederkoms:
-  sal wees vir die onregverdiges, 'n "skielike verderf";
-  sal wees soo 'n dief in die nag, soos die barensnood 'n swanger vrou vir die wat nie gereed is nie;
-  die onregverdiges sal dit nie ontvlug nie;

Hoe die Christen gereed moet wees:
-  kinders van die lig, sal gereed wees - "Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees".
(niemand sal nodig he om vir iemand te waarsku wat gereed is nie)

---------------------------------------------------------------------------

(2Ti 3:1)  Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
(2Ti 3:2)  Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,
(2Ti 3:3)  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,
(2Ti 3:4)  verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;
(2Ti 3:5)  mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.
(2Ti 3:6)  Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,
(2Ti 3:7)  wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.
(2Ti 3:8)  En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.
(2Ti 3:9)  Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne geword het.
(2Ti 3:10)  Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,
(2Ti 3:11)  vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antiochíë, in Ikónium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.
(2Ti 3:12)  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
(2Ti 3:13)  Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

(2Ti 3:14)  Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,
(2Ti 3:15)  en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
(2Ti 3:16)  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
(2Ti 3:17)  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Kenmerkend van die eindtye:
-  in die laaste dae swaar tye: die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,  verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;  mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het.
-  mense sal  deur allerhande begeerlikhede gedryf word, mense  wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.  Hulle sal  die waarheid teëstaan;  hulle is verdorwe in die verstand en onbetroubaar ten opsigte van die geloof.  
 goddelose mense en bedrieërs - hulle sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

Hoe die Christen gereed moet wees:
-  Christene moet hulle afkeer van mense wat " liefhebbers is van hulleself, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het.
-  Moet bly in die Christelike  leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,  vervolginge en  lyding. En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
-  "ons moet bly  in wat ons geleer het en waarvan ons verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het" (omdat baie gelowiges deesdae grootword met verdraaide leringe, is dit die Christen se plig om die waarheid te soek en die skrifte te ondersoek) - "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid"

----------------------------------------------------------------------------

(Jas 4:13)  Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak—
(Jas 4:14)  julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.
(Jas 4:15)  In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.
(Jas 4:16)  Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.
(Jas 4:17)  Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.
(Jas 5:1)  Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom.
(Jas 5:2)  Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel.
(Jas 5:3)  Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ‘n getuienis teen julle wees en sal soos ‘n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.
(Jas 5:4)  Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare.
(Jas 5:5)  Julle het op die aarde ‘n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op ‘n slagdag.
(Jas 5:6)  Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.
(Jas 5:7)  Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het.
(Jas 5:8)  Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.
(Jas 5:9)  Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur.

Kenmerkend van die Eindtye:
-  mense sal grootpraterig wees;  sal weet om goed te doen, maar doen dit nie; 
-  sal skatte vergader;   rykdom en besittings sal belangrik wees
-  mense sal nie na die wil van die Here soek nie;
-  base sal oneerlik wees en hulle werkers minder betaal as wat hulle toekom;
-  mense sal die regverdiges veroordeel en vermoor;
-  mense sal weelderig en losbandig lewe.

Wederkoms:
-  dit sal 'n slagdag wees vir die wat deur weelderige lewe en losbandigheid hulle harte vet gevoer het vir hierdie dag;
-  dit sal 'n oesdag wees (Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug)

Hoe die Christen gereed moet wees:
-  wag geduldig op die wederkoms;
-  ons moenie teen mekaar sug nie, sodat ons op die dag van die Here, nie veroordeel word nie. 

----------------------------------------------------------------------------
(1Co 1:4)  Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is,
(1Co 1:5)  dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis;
(1Co 1:6)  soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle,
(1Co 1:7)  sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,
(1Co 1:8)  wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.
(1Co 1:9)  God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.

Hoe die Christen gereed moet wees:
-  moet ryk word in die Here (nie in besittings e.a. nie)
-  moet ryk word in kennis van Hom;
-  wag op Sy openbaarmaking;
-  beywer om onberispelik te wees op die dag van onse Here Jesus Christus;
-  ons is geroep tot gemeenskap met Jesus Christus.

----------------------------------------------------------------------------

(1Co 15:12)  As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?
(1Co 15:13)  As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.
(1Co 15:14)  En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;
(1Co 15:15)  en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.
(1Co 15:16)  Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;
(1Co 15:17)  en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;
(1Co 15:18)  dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.
(1Co 15:19)  As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.
(1Co 15:20)  Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.
(1Co 15:21)  Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens.
(1Co 15:22)  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
(1Co 15:23)  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
(1Co 15:24)  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
(1Co 15:25)  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.
(1Co 15:26)  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
(1Co 15:27)  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.
(1Co 15:28)  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
(1Co 15:29)  Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?
(1Co 15:30)  Waarom is ons ook elke uur in gevaar?
(1Co 15:31)  Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
(1Co 15:32)  As ek in Éfese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!
(1Co 15:33)  Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.
(1Co 15:34)  Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
(1Co 15:35)  Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?
(1Co 15:36)  Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
(1Co 15:37)  En wat jy saai—jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.
(1Co 15:38)  Maar God gee dit ‘n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.
(1Co 15:39)  Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.
(1Co 15:40)  En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.
(1Co 15:41)  Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.
(1Co 15:42)  So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;
(1Co 15:43)  daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.
(1Co 15:44)  ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.
(1Co 15:45)  So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
(1Co 15:46)  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
(1Co 15:47)  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
(1Co 15:48)  Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.
(1Co 15:49)  En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
(1Co 15:50)  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
(1Co 15:51)  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
(1Co 15:52)  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
(1Co 15:53)  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
(1Co 15:54)  En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
(1Co 15:55)  Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
(1Co 15:56)  Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
(1Co 15:57)  Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
(1Co 15:58)  Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

Wederkoms:
-  met die Wederkoms, vind ons die Eerste Opstanding: (1)  opstanding van die (gelowige) dode word opgewek in onverganklikheid;  (2)  dan, die (gelowiges)  wat nie ontslaap het nie, sal verander word, in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin - en sal ook met onverganklikheid beklee word - dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
(-  daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het, want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het en  die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.)

Hoe die Christen gereed moet wees:
 wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie;
-  pas op vir valse leerstellings en soek na die waarheid.

----------------------------------------------------------------------------

(Php 3:17)  Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het.
(Php 3:18)  Want baie—van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê—wandel as vyande van die kruis van Christus.
(Php 3:19)  Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.
(Php 3:20)  Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,
(Php 3:21)  wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.

Wederkoms:
-  ons vernederde liggame sal van gedaante verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam ("volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp")
-  met die wederkoms is die goddelose se einde die verderf;  -die wie se god hulle buik is, wie se eer in skande is en wie aardse dinge bedink.  

Hoe die Christen gereed moet wees:
-  wees navolgers van die Christelike voorbeeld wat vir ons gestel is in die skrifte deur die eerste Christene;
-  waak om nie afvallig te word soos sommige, wat wandel "as vyande van die kruis van Christus" nie.

----------------------------------------------------------------------------

(1Pe 4:7)  En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.
(1Pe 4:8)  Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek.
(1Pe 4:9)  Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer.
(1Pe 4:10)  Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.
(1Pe 4:11)  As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.
(1Pe 4:12)  Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;
(1Pe 4:13)  maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.
(1Pe 4:14)  As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.
(1Pe 4:15)  Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie.
(1Pe 4:16)  Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.
(1Pe 4:17)  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
(1Pe 4:18)  En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?
(1Pe 4:19)  So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.

Hoe die Christen gereed moet wees:
-  ons moet tyd maak vir gebed, mekaar liefhe, gasvry wees sonder om te kla, mekaar dien met die genadegawes wat ons ontvang,  As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen;
-  moenie verbaas wees oor vervolging nie, maar eerder bly wees as ons gemeenskap het aan die lyde van Christus, en eerder gelukkig wees wanneer ons beledig word oor die Naam van Christus;  moenie ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie, maar  wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig - laat die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.

----------------------------------------------------------------------------

(2Ti 4:7)  Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.
(2Ti 4:8)  Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.

Die Wederkoms:
-  Wanneer die Here terugkom, sal die wat oorwin,  deur Hom beloon word .

Hoe moet die Christen gereed wees:
-  stry die goeie stryd, voleindig die wedloop en behou die geloof.

----------------------------------------------------------------------------
(2Pe 2:1)  Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;
(2Pe 2:2)  en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;
(2Pe 2:3)  en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
(2Pe 2:4)  Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
(2Pe 2:5)  en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;
(2Pe 2:6)  en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;
(2Pe 2:7)  en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense;
(2Pe 2:8)  want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke—
(2Pe 2:9)  die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;

Kenmerkend van die Eindtye:
-  alse profete en valse leraars wat verderflike leestellings invoer en die Here verloen;
-  baie mense sal die valse profete en valse leraars se verderflikhede navolg en a.g.v. daarvan sal die weg van die waarheid gelaster word;
-  uit hebsug, sal die valse profete en leraars baie voordeel uit gelowiges trek met gebruik van verdigte woorde;

Wederkoms:
-  die onregverdiges sal op die dag van oordeel gestraf word, maar die Here sal die godsaliges uit versoeking verlos.

Hoe die Christen gereed moet wees:
-  pas op vir valse profete en valse leraars wat verderflike leerstellings (in die kerk) sal invoer deur verdigte woorde - pas op vir die hebsug

----------------------------------------------------------------------------
(Rom 2:5)  Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God
(Rom 2:6)  wat elkeen sal vergeld na sy werke:
(Rom 2:7)  aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;
(Rom 2:8)  maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;
(Rom 2:9)  verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;
(Rom 2:10)  maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.
(Rom 2:11)  Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.

(Rom 2:16)  in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

Wederkoms:
-  in die dag van oordeel ("dag van die toorn", of "die dag wanneer God die verborge dinge van die mense sal oordeel" of "die dag van die openbaring van die regverdige oordeel van God"), sal elkeen vergeld word na sy werke en almal sal geoordeel word, gelowiges, sowel ongelowiges (Jood eerste, en ook die Griek)  - verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, die met onbekeerlike en verharde hart, die eiesinniges en die wat aan die waarheid ongehoorsaam is, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is - hulle vergader grimmigheid en toorn vir daardie dag, maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen.

Hoe die Christen gereed moet wees:
-  volhard in goeie werke
-  soek die ewige lewe

----------------------------------------------------------------------------

OPSOMMING:  (al bogenoemde)

Kenmerkend van die Eindtye:

-  daar sal mense wees wat spot oor die wederkoms van die Here en moedswillig nie ag gee op die waarheid nie - diesulkes stap "VOLGENS EIE BEGEERLIKHEDE";
-  daar sal sedelose mense wees wat dwaalleringe verkondig

-  gelowiges sal begeer om die wederkoms te sien, maar dit nie sien nie;
-  daar sal valse christusse wees wat mense probeer verlei om agter 'n valse messias aan te gaan;
-  dit sal wees soos in die dae van Noag:  mense sal meer besig wees met die lewe as met die Here 
-  dit sal wees soos in die dae van Lot:  mense sal meer besig wees met die lewe as met die Here

- daar moet eers "afval" kom; (dan word die mens van die sonde geopenbaar) (daarna wederkoms;  daarna "wegraping") 
-  daar sal die wees wat die gelowiges probeer mislei deur voor te gee asof die dag van Christus al daar is (maar die afval moet eers kom, daarna sal die mens van sonde geopenbaar word, daarna wederkoms...)
-  dit is daardie tyd wanneer hulle se:  "vrede en veiligheid" (mense sal hulle hoop plaas in 'n wereldse vrede en veiligheid)

-  in die laaste dae swaar tye: die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,  verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;  mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het.
-  mense sal  deur allerhande begeerlikhede gedryf word, mense  wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.  Hulle sal  die waarheid teëstaan;  hulle is verdorwe in die verstand en onbetroubaar ten opsigte van die geloof.  
 goddelose mense en bedrieërs - hulle sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

-  mense sal grootpraterig wees;  sal weet om goed te doen, maar doen dit nie; 
-  sal skatte vergader;   rykdom en besittings sal belangrik wees
-  mense sal nie na die wil van die Here soek nie;
-  base sal oneerlik wees en hulle werkers minder betaal as wat hulle toekom;
-  mense sal die regverdiges veroordeel en vermoor;
-  mense sal weelderig en losbandig lewe.

-  alse profete en valse leraars wat verderflike leestellings invoer en die Here verloen;
-  baie mense sal die valse profete en valse leraars se verderflikhede navolg en a.g.v. daarvan sal die weg van die waarheid gelaster word;
-  uit hebsug, sal die valse profete en leraars baie voordeel uit gelowiges trek met gebruik van verdigte woorde;

Die wederkoms:
-   die Wederkoms (ook genoem "dag van die Here"; ook genoem die "dag van God"), sal wees soos 'n "dief in die nag" (vir die wat nie gereed is nie), soos met die barensnood 'n swanger vrou.   Dit sal onverwags wees vir die wat die lewe meer liefhet as die Here. "Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees"; wanneer Hy kom, sal Hy verheerlik word in sy heiliges en bewonder word in almal wat glo; die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; God sal die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring; die wat in Christus geserf het, sal eerste opstaan;  dan sal die gelowiges wat in die lewe oorbly by die wederkoms,  saam met hulle in die wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug, en so altyd by Hom wees - die skrif praat van ons "vereniging met Hom"; aan die wat verdruk word, sal verligting gegee word saam met die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele;-  in daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word;  twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word;  twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

- met die dag van oordeel, sal die teenswoordige hemele en aarde met vuur verbrand word en "die elemente sal brand en versmelt"; (die "dag van oordeel" word in dieselfde konteks gebruik as die "wederkoms");  - ons verwag dan 'n nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon

-  met die wederkoms, sien ons die verderf van die goddelose mense -  'n "skielike verderf" sal hulle oorval; hulle sal dit nie ontvlug nie; God sal  aan die wat die Christene verdruk, verdrukking  vergelde en Hy sal  in vuur en vlam,  wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam was nie en hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf;

-   die Here sal die seun van die verderf met die asem van sy mond verdelg en tot niet maak.

-  dit sal 'n slagdag wees vir die wat deur weelderige lewe en losbandigheid hulle harte vet gevoer het vir hierdie dag;
-  dit sal 'n oesdag wees (Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug)
-  met die Wederkoms, vind ons die Eerste Opstanding: (1)  opstanding van die (gelowige) dode word opgewek in onverganklikheid;  (2)  dan, die (gelowiges)  wat nie ontslaap het nie, sal verander word, in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin - en sal ook met onverganklikheid beklee word - dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
(-  daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het, want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het en  die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.)

-  ons vernederde liggame sal van gedaante verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam ("volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp")
-  met die wederkoms is die goddelose se einde die verderf;  -die wie se god hulle buik is, wie se eer in skande is en wie aardse dinge bedink.  

-  Wanneer die Here terugkom, sal die wat oorwin,  deur Hom beloon word .
-  die onregverdiges sal op die dag van oordeel gestraf word, maar die Here sal die godsaliges uit versoeking verlos.
-  in die dag van oordeel ("dag van die toorn", of "die dag wanneer God die verborge dinge van die mense sal oordeel" of "die dag van die openbaring van die regverdige oordeel van God"), sal elkeen vergeld word na sy werke en almal sal geoordeel word, gelowiges, sowel ongelowiges (Jood eerste, en ook die Griek)  - verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, die met onbekeerlike en verharde hart, die eiesinniges en die wat aan die waarheid ongehoorsaam is, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is - hulle vergader grimmigheid en toorn vir daardie dag, maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen.

Hoe moet die Christen gereed wees:
-  ons  moenie die koms van die "dag van God" verhaas nie, want die Here is juis" lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom"; ("ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid")
-   beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede
-   hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie—(aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand);
-  ons moet op ons hoede wees om nie meegesleep te word deur dwaalleringe nie en wegval uit ons vastigheid nie;
-  ons moet toeneem in die genade en kennis van ons Here, Jesus Christus. 

-  elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou:
 ("In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.  Dink aan die vrou van Lot! Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou" - Lot se vrou het haar lewe meer liefgehad, daarom het sy teruggekyk met verlange, omdat sy nie haar "lewe wou agterlaat nie" - so sal baie nie hulle lewe wil opgee nie - so weet elkeen dat die oordeel oppad is, maar sal hulle bereid wees om die dinge van hierdie wereld op te gee voor dit gebeur?). 
-  moenie agter valse Christusse aangaan nie, maar wag op die Here, want daardie dag sal ons maklik erken, omdat dit sal wees soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn.

-  die Christen moet bereid wees om verdrukkinge en vervolginge te ly ter wille van Sy Naam, sodat hy waardig geag mag word; ons moet sekere maak dat ons gereed is om waardig geag te word;
 ons moenie gou ons verstand verloor of verskrik  word nie—asof die dag van Christus al daar is nie;