Wys tans plasings met die etiket afval. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket afval. Wys alle plasings

Vrydag 11 Augustus 2017

Die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom

In die brief aan die gemeente van Filadelfía (Openb. 3:7-13) het Christus 'n interessante verklaring gemaak waarin Hy verwys na 'n tyd wat oor die hele wêreld sal kom, genoem:
"die uur van beproewing".
Om te verstaan wat met hierdie "uur van beproewing" bedoel word, moet ons gaan kyk na
wat die doel is daarvan,
en wie presies nou eintlik deur dit sal gaan.  
_________________________________________________________________________________

-  Wat is die doel van hierdie "uur van beproewing"?
Vir die antwoord hierop kan ons kyk na Openb. 3:10:  -"Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel".
- Maar natuurlik soos ons ook sien in hiedie gedeelte, sal nie almal sal op OP DIE PROEF GESTEL word nie!  Daar is 'n groep mense wat dit sal vryspring...(Openb. 3:10);  alhoewel die woorde "bewaar" in die uur van beproewing gebruik word, wat nie noodwendig beteken dat hulle dit sal vryspring nie, maar eerder kan beteken dat Hy hulle sal bewaar in hierdie tyd soos hulle bv. Sy woord "bewaar" (vashou/oppas).

Die woorde "uur van beproewing" verwys na 'n tyd van VERSOEKING.  Om die tema van "op die proef stel" beter te verstaan, moet ons gaan kyk na die tema van "versoeking" - bestudeer gerus die blogpos getiteld "Versoeking/Beproewing" - (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/bewaar-in-die-uur-van-beproewing.html). Versoeking gaan oor "om op die proef te stel".  Wanneer iemand nie die versoeking of beproewing deurstaan nie, "val hy af"!  Deur versoeking kan presies gesien word wat in iemand se hart aangaan. Dit is m.a.w. die toestand van elkeen se hart wat bepaal OF HULLE VERSOEKING KAN DEURSTAAN. Niemand van ons wil versoek word nie, want ons weet maar te goed dat daar baie dinge in ons harte is waaraan ons werk op die pad van godsaligheid (en terloops het Christus vir ons geleer dat ons moet bid dat ons nie versoek word nie). Die skrif leer bv. vir ons dat iemand deur sy eie begeerlikhede weggesleep en verlok word...  Christus het ook baie gepraat oor dit wat in die hart aangaan en o.a. verklaar dat dit dinge is wat uit die hart uit kom, wat iemand onrein maak (Matt. 15:18). Die tema vd "besnydenis van die hart", was nog altyd baie belangrik in beide die ou, en veral die nuwe testament!  Die gelowige wat AFVALlig word van God, is die met 'n bose en ongelowige hart (Hebr. 3:12) - vgl. dit gerus met die tyd van "AFVAL" waarvan gepraat word in 2 Thess. 2:3, wat net voor en/of rondom dieselfde tyd sal afspeel wanneer die mens van sonde of seun van verderf geopenbaar word! (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/08/want-eers-moet-die-afval-kom.html). Ons kan dus aflei, en dit wil dus voorkom, of hierdie "UUR VAN BEPROEWING" miskien te doen het met die AFVAL waarna verwys word in 2 Thess. 2:3.  Die wat in daardie tyd VERSOEK/BEPROEF word, sal getoets word, en hulle harte sal bepaal of hulle AFVALLIG word of nie... Natuurlik hou dit verband met verdrukking en vervolging vir die wat VASSTAAN, maar baie gelowiges sal val vir valse christusse en profete (en valse leerstellings), en "AFVAL" in hierdie uur van beproewing (versoeking) (2 Pet. 2:1; Matt. 24:24).

- Sommige wat bely dat hulle gelowig is het bose of ongelowige harte, wat veroorsaak dat hulle afval in tye van beproewing - 'n goeie vb. word gegee in die gelykenis van die saaier, waarin Christus verklaar wat gebeur met die Christen met 'n ongelowige hart, en Hy verklaar dat dit die is wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor, maar net vir 'n tyd glo! (Luk. 8:13) - EN LET WEL DIE WOORDE WAT HY DAAR GEBRUIK: ".....en in die tyd van versoeking val hulle af (v.13c)".
- 'n Vb. van 'n bose hart, is bv. die van Simon in Hand. 8:13-23 (en gaan hier oor waar iemand dit - in hierdie vb. "krag" - wat die Here gee, wil gebruik vir eie gewin!). Vgl. dit ook met wat die Skrif vir ons leer oor die laaste dae in 2 Tim. 3:1-9 en Jak. 5:3.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEBED kan help dat ons NIE in versoeking kom nie - (Luk 11:4b - ".....en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose"). Christus het vir ons hierdie waarheid geleer.  Gebed kan ons beskerm teen versoeking - kyk na die vb. in Luk. 22:46 en Mark. 14:38 (voor Christus gevange geneem is), hoe Hy die dissipels aangemoedig het om "TE BID"! Hoekom?  -dat hulle nie in VERSOEKING kom nie  (Mar 14:38 - "Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak"). Dit beteken egter nie dat die wat wel tyd in gebed spandeer nooit versoek sal word nie, maar wat dit beteken is dat die wat wel tyd in gebed spandeer, die krag sal he om versoeking te deurstaan (soos Christus versoek is in die woestyn), en gebed kan ook help dat iemand glad nie in versoeking kom nie! Die wat tyd in gebed spandeer, verkry krag en wysheid om ten spyte van versoeking VAS TE STAAN.  Ons weet goed dat die Here ons harte en denke verander wanneer ons in Hom bly, en ons krag gee vir wat ons moet doen (Joh 15:5 - "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie"). Christus het elke versoeking deurstaan, ook wanneer sommige uit die Fariseers en Sadduseers Hom probeer versoek het deur woorde (met die doel dat hulle Hom wou "laat val"), en telkens het Hy die krag gehad om vas te staan en die wysheid om hulle terug te antwoord (Matt. 16:1; 19:3; 22:19,35).  Die probleem met "versoeking" (of beproewing) is dat dit iemand kan "laat val" ("AFVAL"). Gelowiges word nooit bo hulle kragte versoek nie (m.a.w., die Here laat nooit toe dat hulle bo hulle kragte versoek word nie!)(1 Kor. 10:13 - "Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra"), maar ons moet verstaan dat dit die begeerlikhede van die hart is wat kan veroorsaak dat iemand verlok en versoek word... en des te meer hoe belangrik gebed is en om ons denke te vernuwe en ons gedagtes te plaas op die dinge daarbo.  Let ook op die konteks van 1 Kor. 10:13 - kyk veral na verse 6 en 14: (1Kor. 10:6 - "En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie).  Die manier hoe die gelowige hom/haarself beskerm teen versoeking, is deur gebed, en deur om ag te gee op die pad van godsaligheid.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kyk ons weer na die gemeente van Filadelfía, dan is daar sekere gelowiges daar aan wie Christus belowe dat hulle NIE soos die res van die wereld beproef sal word in die "uur van beproewing" nie (Openb. 3:8,10,11) - nie dat Hy die beproewing bring nie (Jak. 1:13), maar Hy sal hulle beslis daarteen beskerm, of hulle in hierdie tyd BEWAAR (oppas). In daardie sin het Hy vir hulle 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie!  Hy sal m.a.w. nie toelaat dat hulle in daardie spesieke "uur" versoek word soos die ander nie, sodat hulle geen rede kry om AF te VAL nie;  of andersins beteken dit dat Hy hulle die krag sal gee om die versoeking te verdra (en hulle op daardie manier bewaar).  Dit beteken egter nie dat hulle geen verdrukking ly nie!, want dit is tog duidelik dat hierdie gemeente weet wat dit is om te ly en ten spyte van verdrukking Sy woord bewaar het en Sy Naam nie verloën het nie!  "Beproewing" beteken nie "verdrukking" nie (alhoewel beproewing kan lei daartoe dat iemand verdruk word - d.w.s., die een wat nie AFVAL weens beproewing nie...).

Maar hierdie belofte om die uur van beproewing, hetsy vry te spring of bewaar te word midde dit, word slegs aan sekere Christene gemaak;  en nee, hierdie verwys NIE na wegraping voor die groot verdrukking soos sommige leer nie!  As ons verstaan wat presies met "verdrukking" bedoel word, dan sal ons verstaan dat geen Christen gevrywaar is van verdrukking en vervolging nie.  (Joh 15:20 - "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar").  Dit is ook interessant om te sien dat waar daar van "die afval" gepraat word in 2 Thess. 2:1-3, die KONTEKS van daardie skrif gaan oor hoe die Here vir hulle verligting sal gee wanneer Hy terugkom....- verligting van wat?  -van VERDRUKKING!  Die feit dat die Here sal toelaat dat sommige die "uur van beproewing" vryspring, beteken nie dat hulle nie verdruk sal word nie, maar wat dit beteken is dat hulle nie op daardie manier VERSOEK / BEPROEF sal word wat kan veroorsaak dat hulle afval en die deur vir hulle gesluit word nie.  En as Hy toelaat dat hulle op ander maniere versoek word, dan sal Hy vir hulle die uitkoms gee... (1 Kor. 10:13)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk wie dit is aan wie die Here Jesus hierdie belofte gemaak het (dat hulle nie deur die uur van beproewing sal gaan nie):

-  die met min krag (m.a.w., hulle sal nie bo hulle kragte versoek word nie!);

-  die wie Sy woord bewaar (bv., die wat hulle nie wend tot afgodsdiens nie-Deut. 33:9/Eks. 32:25-29; en die wat hulle voete terughou vd verkeerde pad, m.a.w. "ag gee op die godsaligheid"-Ps. 119:101; en die wat die waarheid bewaar en dit nie verdraai of verander om te wees "die oorlewering van mense" nie-Mark. 7:13; en die wat die woord ter harte neem-Luk. 11:27-30; en die wat glo in Christus Jesus, dat Hy die Seun van God is en glo in die waarheid wat Hy gebring het-Joh. 8:46-51 en 17:6-8; en die wat Christus Jesus KEN en Sy gebooie bewaar-Joh. 14:21-23 en 1 Joh. 2:3-5; en die wat die waarheid wat die dienskneg van die Here bring, ontvang-Joh. 15:20);

-  die wat nie Sy Naam verloën nie (m.a.w., die wat die Here vrees eerder as wat hulle vrees dat hulle doodgemaak word-Matt. 10:28-33;  en die wat bereid is om hulle lewens te verloor ter wille van die koninkryk-Matt. 16:24,25; en die wie se werke wys dat hulle die Here KEN-Tit. 1:16; en die wat nie Sy waarheid verloen nie-2 Pet. 2:1 en Jud. 1:4);

-  die wat die woord van Sy lydsaamheid bewaar (m.a.w., die hoop wat deur lydsaamheid kom-Rom. 5:4 en 15:4 - wat l.w., "deur verdrukking kom"!-Rom. 5:3; en om die goeie stryd van die geloof te stry deur ag te gee op die pad van godsaligheid en vergenoeg te wees, m.a.w. om eerder die wil van die Here te doen wat beteken dat ons lyding moet verdra...-2 Thess. 3:5 en 1 Tim. 6:11 en 2 Tim. 3:10 en Tit. 2:2 en Hebr. 10:36 en Jak. 1:1-5;  en dus "hulle wat VERDRA-Jak. 5:11; 2 Pet. 1:6; Openb. 2:3; Openb. 2:19; en die wat lyding verdra ter wille van die woord, selfs tot die dood-Openb. 13:10; 14:12);

-  die wat VASHOU! (m.a.w. die wat vashou aan die Here se wysheid, nie wereldse wysheid nie-Spr. 3:18 en Openb. 2:14,15; en die wie Sy woorde vashou, m.a.w. Sy gebooie onderhou-Spr. 4:4; en die wat aan die Here vashou deur Hom te vrees-Ecc. 7:18; en die wat vashou aan reg en geregtigheid en aan Sy verbond -Jes. 56:1,2,4 en Dan. 11:32; en die wat vashou aan die waarheid en Christus se leringe, nie die wat vashou aan menslike leringe nie-Mark. 7:3 en 1 Kor. 11:2; en die wat vashou aan die evangelie en die geloof in Christus Jesus, die belydenis van hoop, en 'n goeie gewete-1 Kor. 15:2 en Fil. 2:16 en Kol. 2:19 en 1 Tim. 1:19 en Tit. 1:9 en Hebr. 3:6,14 en 4:14 en 10:23).
_________________________________________________________________________________

(Jak. 1:2)  Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
(Jak. 1:3)  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
(Jak. 1:4)  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.
(Jak. 1:5)  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Woensdag 09 Augustus 2017

Want eers moet die AFVAL kom...

Let wel dat bg. pos oor "Want eers moet die AFVAL kom...",
oorgeskuif het na die Eindtyd Onderwerpe blog:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 10 Augustus 2013

Versoeking (2)

========================================================================


IN HIERDIE GEDEELTE GAAN ONS SPESIFIEK KYK NA WAAR IEMAND VERSOEK WORD "as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word":


(Jak. 1:12)  Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
(Jak. 1:13)  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
(Jak. 1:14)  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
(Jak. 1:15)  Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
(Jak. 1:16)  Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Neem kennis dat hierdie geskryf is aan gelowiges!  VOLGENS DIE SKRIFGEDEELTE IS DIT DUIDELIK DAT BEGEERLIKHEDE OOK KAN VEROORSAAK DAT DIE GELOWIGE VERSOEK WORD, en let wel dat as die GELOWIGE TOEGEE AAN DIE VERSOEKING, DAN SONDIG HY; EN L.W. DAT "AS DIE SONDE TOT VOLLE ONTWIKKELING GEKOM HET", bring dit die DOOD VOORT(Jak. 1:16)  "Moenie dwaal nie, my geliefde broeders".  Dus, volgens Jak. 1:12-16 is dit duidelik dat sonde (in 'n gelowige se lewe), wat tot volle ontwikkeling gekom het, "die dood" kan voortbring.   (Vgl. dit gerus met die tema van "aanhoudend, opsetlike sonde").    http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/sonde-kan-nooit-vervulde-wette-raak-nie.html

1 Tim. 6:9 praat van dieselfde ding: -
 "Maar die wat ryk wil word, val in versoeking  en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang" - ook hierdie verwys dit na die begeerlikhede van die mens wat veroorsaak dat hy in versoeking val.  Hierdie skrif in konteks gelees, sal ons sien dat dit veral gaan oor dat die GODSALIGHEID saam met VERGENOEGDHEID 'n groot wins is - gaan lees gerus 1 Tim. 6:1-21 (- hy verwys na die wat nie instem met die woorde van Jesus Christus nie en die leer volgens die godsaligheid nie - die wat dink dat die godsaligheid winsgewend is - die wat RYK WIL WORD, die geldgieriges).  Hy maak ook die volgende opmerking: (1Ti 6:10)  "Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.

Ons moet nie ons hoop in wereldse dinge plaas nie (soos Jesus vir ons geleer het);  die lewe moet ook nie vir ons gaan oor wat ons bymekaarmaak nie (soos Hy vir ons geleer het).  Iemand voel moontlik belas omdat hy materialisties ingestel is (l.w. begeertes,  gedagtes) op besittings, voorkoms ens...  'n Ander voel dalk belas omdat hy homself meet aan ander se standaarde, soos om "belangrik te wees in die samelewing" - (weer-eens, let op die begeertes en gedagtes). As iemand net besig is met die dinge wat 'n GEJAAG NA WIND is, dan sal hy,  wanneer hy deur sy begeerlikhede in versoeking kom,  

afval, onvrugbaar raak, of geen ryp 

vrug dra nie  (2de en 3de groepe, gelykenis van die saaier).
(en 'n loot wat nie vrug dra nie, word uitgekap...)

Jesus het ook die volgende hieroor te se gehad:
(Luk 12:15)  En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.
(Luk 12:16)  Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ‘n Ryk man se grond het goed gedra.
(Luk 12:17)  En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?
(Luk 12:18)  Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.
(Luk 12:19)  En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.
(Luk 12:20)  Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?
(Luk 12:21)  So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.
=====================================================================
OOK HIER IN LUK. 12:16-21, VERWYS DIT WEER-EENS NA WAT IN DIE HART VAN DIE PERSOON AANGAAN - of SY VRUG GETUIG VAN WAT IN SY HART AANGAAN.

Dink maar hoeveel gelowiges begeer om ryk te word?  Hoeveel kerke leer vir hulle lidmate dat hulle geseend is as dit finansieel goed gaan met hulle en hulle besittings vermeerder!?  Daar is baie verdraaide leerstellings vandag, Christene wat glo dat die "godsaligheid winsgewend" is!  Hierdie verkeerde begeertes kan tot gevolg he dat, sou so iemand versoek word, hy afvallig kan word van die geloof.   Waar valse leerstellings veroorsaak dat iemand in sonde verval, kan dit saligheid beinvloed!  Sommige kerke glo dat "meer geloof" beteken dat iemand "geseen word" deur die Here, maar hulle verstaan nie eens wat dit beteken om 'n geseende te wees nie!?  
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html


"Meer geloof" beteken inteendeel daaroor dat ons soos "onverdienstelike diensknegte" moet wees - dit gaan nie oor wat ons uit die "deal" kan kry nie!
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/gee-ons-meer-geloof.html


Die begeertes van die hart kan dus  veroorsaak dat iemand afval in tyd van versoeking, of onvrugbaar raak, of geen ryp vrug dra nie - so iemand glo net vir 'n tyd, of word verstik deur sekere dinge: (vgl. dit met die 2de en 3 de groepe, gelykenis van die saaier) - kyk veral wat dit is van die 3de groep, wat veroorsaak dat hulle onvrugbaar raak: 
"genietinge v/d lewe",
"verleiding van die rykdom"
en "sorge v/d lewe". 




(2de groep - gelykenis van die saaier)
(Luk 8:13)  En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.


(3de groep - gelykenis van die saaier)
(Luk 8:14)  En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.


(Mat 13:22)  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.


========================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/oefen-jou-in-die-godsaligheid.html
========================================================================
(Mat 15:8) -" Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af".
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/god-weet-wat-jy-dink.html


Sondag 04 Augustus 2013

Hoe groei die Christen geestelik?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-voer-ons-die-stryd.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Net soos in die lewe, groei die Christen ook geestelik, van 'n baba na 'n grootmens.  
Die vraag is nou wat presies met "geestelike groei" bedoel word?  Hoe definieer ons 'n "baba in die geloof", of "kind in die geloof", "jongman" of "pa" in die geloof?  Sommige glo dat kerkbywoning deel is van geestelike groei;  ander glo dat jy daagliks Bybel moet lees en sommige sien dit as "werke" wat jy moet doen, soos take in die kerk........  Alhoewel al hierdie dinge 'n invloed het op geestelike groei, is dit insigself NIE "geestelike groei" nie! Die verskillende trappe van geestelike ondervinding/groei, word vir ons mooi verduidelik in 1 Joh. 2:12-14.   

Lees  1 Joh. 2:12-14:
1.  Babas:  - "...omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus" (Bekering en Wedergeboorte)
2.  Kinders:  - "...omdat julle die Vader ken"(Persoonlike verhouding met die Here)
3.  Jongmense: - "...omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het" (Lering en Oorwinning oor die sonde)
4.  Vaders: - "...omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar is" (Verhouding met die Here en Lewe soos 'n Ware Christen)


Of iemand 'n "baba, kind, jongman of vader" is op sy pad van geestelike groei, WORD NIE GEKENMERK DEUR hoeveel hy kerk bywoon, Bybel lees, goeie werke doen, geleerdheid ens. nie, MAAR WORD GEKENMERK DEUR sy "stand voor die Here":  - m.a.w:

-  Het hy tot bekering/wedergeboorte gekom? (baba in die geloof)
-  KEN hy die Here? (kind in die geloof)
-  Soek hy na die waarheid, en le hy aanhoudende sondes af? (jongman in die geloof)
-  Volhard hy in die geloof? (pa in die geloof)

GOD KYK NA DIE HART.
========================================================================


1.  Babas:  - "...omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus" (Bekering en Wedergeboorte)
Let wel dat om "in die gawes van die Gees" te stap, nie beteken dat iemand ver gegroei het op die geestelike pad nie!  Hierdie is 'n groot miskonsepsie by baie Christene.  Die gemeente van Korinthiers het nie in een gawe agtergestaan nie, tog noem Paulus hulle "babas" in die geloof!

http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/06/babas-in-die-geloof.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/gawes-en-bedieninge-aangeleer-of-ontvang.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/julle-is-meer-werd-as-baie-mossies.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/noem-ander-jou-ook-n-christen.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/09/het-jy-hom-regtig-lief.html




2.  Kinders:  - "...omdat julle die Vader ken"(Persoonlike verhouding met die Here)

Om iemand te KEN, beteken nie dat ek net van hom "weet" nie! Wanneer kan iemand verklaar dat hy iemand anders "ken"?  Mens kan ook net iemand anders regtig leer ken as jy TYD MET HOM SPANDEER.   Baie dink dat hulle die Here ken, maar doen hulle werklik?  Spandeer hulle tyd met Hom om Hom te leer KEN? Om net by iemand anders te hoor van die Here, maak nie dat jy Hom persoonlik KEN nie.  Iemand moet self van die Here hoor!  Daar is predikers wat leer dat 'n persoonlike verhouding met die Here glad nie van die Christen verwag kan word nie omdat dit sogenaamd as "werke" gesien word, maar dit is definitief nie wat Jesus vir ons geleer het nie!  Ook nie die vb. wat Hy gestel het nie, want Hy het baie tyd in gebed spandeer tot die Vader - (Mat 14:23;  Matt. 26:36 ens.). (Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-kaf.html

Jesus het ook heelwat geleer oor "hoe om te bid", o.a. het Hy gese:
(Mat 6:6) " Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde".  
En ja, natuurlik word dit verwag van die Christen, want Jesus het die volgende opdrag aan die dissipels gegee:
(Mat 28:19)  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.   
Jesus het ons beveel om "in Hom te bly", en Hy het ons geleer om te bid...  Dit is die prediker se plig om die Christen "te leer om alles te onderhou wat Jesus beveel het"!  

Om die Here te ken, het te doen met "om Sy wil te soek" - niemand kan ingaan in die koninkryk van die hemele as hy nie "die wil van die Vader doen" nie (Matt. 7:21). (Mat 12:50 - "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder"). Jesus het ook verklaar dat Hy self die wil van die Vader doen en dat Hy die Vader ken. (Joh 5:30 - "Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het"). (Joh 10:15 - "Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape").  Iemand wat ook nie die Vader ken nie, sal nie ontvanklik wees vir die WAARHEID nie! (Joh 8:19 - "Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het").

As die Christen nie in Hom bly nie, gaan hy nie vrug dra nie (Joh 15:4) .  Dit belemmer geestelike groei!  As dit gebeur, is dit soos wat Jesus beskryf het in die gelykenis van die saaier, die 2 de groep, "wat die woord met blydskap aanneem, maar omdat hul nie wortel het nie, afval in die tyd van verdrukking of vervolging".  

Vgl. met Openb. 2:8-11 (brief aan die gemeente van Smirna), en Openb. 2:18-29 (brief aan die gemeente van Thiatire), en Openb. 3:1-6 (brief aan Sardis).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/is-jy-regtig-vry-van-afgodsdiens.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/soos-n-dief-in-die-nag.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-skape-en-die-bokke.html




3.  Jongmanne: - "...omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het" (Staande bly, Lering - of wat ons eerder "waarheid" moet noem, want kerke se leringe verskil -;  en Oorwinning oor die sonde)


Dit verwys definitief na die wat "vrug dra" en laat mens dink aan die derde groep in die gelykenis van die saaier - alhoewel in die gelykenis van die saaier die betrokke groep nie "oorwinning oor die sonde" behaal nie - die gevolg?  Hulle raak onvrugbaar, of dra geen ryp vrug nie!  "OORWINNING OOR DIE SONDE", of "die afle van sonde", of "staande bly in tye van versoeking", is belangrik vir geestelike groei! In die geval van die 3 de groep, gelykenis van die saaier, is die probleem dat die groep gelowiges die Here as hulle eerste Liefde verlaat en toegee aan versoekinge.  Op hierdie stadium van die Christelike lewe, moet die gelowige die bose oorwin deur nie toe te gee aan versoekinge nie en sondes af te le - die Here moet sy eerste Liefde wees en hy moet meer besig wees met die Here, as met die lewe.  Vgl. dit met Openb. 2:1-7 (brief aan die gemeente van Efese) - ("......... "Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie. Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.......").


Alle "lering" is nie noodwendig die waarheid nie.  Hier moet ons onderskei tussen "lering" en "waarheid".  (Joh 1:17 - "Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom").  Kerke se leringe verskil omdat nie almal die waarheid verkondig nie!  Die eerste kerke het baie tyd ingesit om die "waarheid" te leer ken.  Ons moet soek na die waarheid.  Iemand wat geestelik groei, glo nie alles wat vir hom vertel word nie, bloot omdat hy hoop het in 'n spesifieke kerk of persoon nie, maar soek na die waarheid!  So iemand het ook die waarheid lief.  Terwyl baie kerke glo dat hulle geen wette op hulle lidmate moet le nie (en ongelukkig hier nalaat om die waarheid aan hulle lidmate te verkondig), het hulle tog allerhande mensgemaakte wette waaraan lidmate vashou - in hierdie verband skryf Paulus die volgende aan die gemeente van Galasiers: Gal 4:16 - " Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?"  Elke een moet seker maak dat dit wat sy kerk hom leer, regtig die waarheid is!(1 Kor. 3:10 - "Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou").

Vgl. ook met Openb. 2:12-17 (brief aan die gemeente van Pergamus), en Openb. 3:14-22 (brief aan die gemeente van Laodicense).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/hoekom-skei-die-here-nie-nou-al-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/die-ultimate-bewys-is-in-om-hom-te-ken.html




4.  Vaders: - "...omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar is" (die wat vashou aan die geloof)

Iemand is nie ver op die geestelike pad omdat hy baie jare gelede tot bekering gekom het, of baie jare in die kerk sit, of baie lering ontvang het, of baie goeie dade doen of baie pligte het in die kerk ens. nie, maar omdat hy vasstaan in die geloof.  En let wel dat "vasstaan in die GELOOF", gaan oor  "gehoorsaamheid aan die Here", Sy wil soek", Hom ken, Hom eerste stel in jou lewe......, NIE "gereeld kerk toe gaan", "gehoorsaamheid aan mense of mensgemaakte wette" en kennis in kerkleringe nie!

Vgl. dit gerus met die 4de groep in die gelykenis van die saaier.  

Vgl. ook met Openb. 3:7-13 (brief aan die gemeente van Filadelfia).

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wat-dit-beteken-om-gereed-te-wees.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/wat-meeste-preachers-jou-nie-vertel-oor.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/om-in-die-gawes-van-die-heilige-gees-te.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jesus-kom-sal-hy-wel-die-geloof-op.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jy-dink-jy-doen-goed.html